New Orleans was twee-derdes swart. Van die halfmiljoen inwoners, was slegs 80,000 oor toe Katrina die stad getref het. Die bevolking is beveel om die stad te verlaat, maar die genoemde 80,000 het geweier en gebly. Bykans almal van hierdie mense was swart. New Orleans is op die Mississippi-delta gebou, maw in 'n laagliggende gebied. Binne enkele ure is die stad verswelg deur 3m water.
Die resultaat was volslae anargie. Ons almal "weet" egter dis George Bush se "rassisme" wat gelei het tot die owerhede se "stadige reaksie" teenoor die anargie, nie waar nie?
Verkeerd. Die wangedrag en gebrek aan beskawing van die inwoners van New Orleans was die grondoorsaak. Die oorblywende 80,000 inwoners van New Orleans het hulle skuldig gemaak aan 'n orgie van ongekende geweld, wetteloosheid en anargie. Die oortreders het gesagsfigure – oa die polisie – ingesluit.
Swart polisielede uit New Orleans is byvoorbeeld op geslotekring-TV afgeneem terwyl hulle winkels plunder. 'n Toeris wat 'n swart polisieman om hulp gevra het, 'n polisieman wat besig was om 'n winkel te plunder, is meegedeel dat dit "elkeen vir homself" is. Overgezet synde: die burgerlike polisie het deel van die probleem geword.
Die kuswag en reddingshelikopters het onder geweervuur deurgeloop. Misdadigers het dus op die reddingswerkers gevuur vanaf geboue se dakke.
Britse toeriste is vasgekeer in die Superdome, wat in 'n tydelike noodlenigingsentrum omskep is. Ek haal aan: "Jamie Trout, 22, an economics major, wrote that the scene 'was like something out of Lord of the Flies,' with 'people shouting racial abuse about us being white.'"
Lees hierdie artikel, wat handel oor die politiek inkorrekte waarheid oor New Orleans. Kontrasteer dit dan met die tsoenami van 2004. Het u ENIGE berig gelees oor Westerse toeriste wat deur hawelose Asiate aangeval of aangerand is – miskien Sri-Lankane? Daar is immers 'n kwartmiljoen – 250,000 – Asiate dood op 26 Desember 2004. Ek twyfel of u sulke berigte gelees het. Miskien was daar enkele insidente, maar van die grootskeepse misdadigheid, anargie en wanorde in New Orleans was daar geen sprake nie.
Die optrede in New Orleans het seker voorgekom omdat die mense van New Orleans arm is, dat hulle nie van beter weet nie, nie waar nie?
Ook verkeerd.
Amerika se swartes se per capita-inkomste oortref blanke Suid-Afrikaners s'n. Die gemiddelde inwoner van Sri Lanka is veel, veel armer as 'n Amerikaanse swarte.
Hoe verklaar u dan dat die inwoners van New Orleans so gewelddadig gereageer het, maar die Sri Lankane, getref deur 'n ramp waarvan die omvang verskeie kere groter as Katrina was, vreedsaam opgetree het?
