Die dagga wat in die Kwaggasnekgebied gekry is, is in 40-kg-sakke gestop wat elkeen 100 kg geweeg het.
Volgens 'n woordvoerder het polisiebeamptes 'n wenk oor die dagga ontvang en het ondersoek gaan instel.
Die verdagtes het gevlug toe hulle die polisie gesien het.
Die gekonfiskeerde dagga is waarskynlik van Lesotho afkomstig.
Geen inhegtenisname het nog gevolg nie.
