Rusland se inval in Georgië is die hoofrede waarom Finland die kwessie heroorweeg.
Die Oostenrykse koerant, Die Presse, het met Stubb 'n onderhoud gevoer.
Hy het gesê diegene wat dink dat wat vandeesmaand in Georgië gebeur het geen invloed op Finland se veiligheid het nie, op 'n ander planeet leef.
Die twee lande deel 'n 1 340-kilometergrens.
Finland het dwarsdeur die Koue Oorlog neutraal gebly maar skuifel tans nader aan NAVO.
In Maart het die land aangekondig dat hy aan toekomstige operasies van die alliansie se snelreaksiemag sal deelneem.
