Zim s? Mbeki sal die weg aandui

Image

Mbeki en sy beste vriend

Die Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki sal die weg aandui sover dit die onderhandelings oor Zimbabwe betref.

Die minister van justisie Patrick Chinamisa het dié aankondiging gister in 'n Zimbabwiese koerantartikel gedoen.

Die hoofonderhandelaar vir Mugabe het Suid-Afrika gister besoek vir aparte bilaterale samesprekings.

Die MDC-woordvoerder Nelson Chamisa het ook bevestig dat die onderhandelaars Vrydag vir Mbeki ontmoet het en Sondag na Zimbabwe sal terugkeer.

Zimbabwe se staatsmedia het berig dat Mugabe se Zanu-PF 'n nuwe voorstel dat sowel Mugabe as Tsvangirai as voorsitter by kabinetsvergaderings optree as absurd verwerp.

Mbeki moet nog op die jongste verwikkelinge kommentaar lewer.

игры дляы девочекОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae