Amerikaanse toeris geskiet en gewond

'n Amerikaanse toeris is Saterdagoggend in Durban geskiet en beroof.

Die polisie het gesê dat die man naby die gewilde Victoriastraatmark aangeval is.

Die 22-jarige Kaliforniese man is buite die Russelstraatingang tot die mark aangeval.

Die provinsiale EMRS-ambulansdiens het die gewonde man na die hospitaal vervoer.

Hy is in die St Augustine-hospitaal opgeneem in 'n bestendige toestand met 'n koeëlwond in sy been.

free games noпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae