Russiese landbou lyk rooskleurig

Image'n Landbourewolusie is besig om in Rusland plaas te vind. 'n Dekade nadat die vrye mark Russiese nywerhede getref het, is kollektiewe plase besig om te verdwyn.

Die verandering word deur stygende voedselpryse wêreldwyd asook eienaarskap van buitelandse beleggers gedryf. Wette betreffende grondbesit vir buitelanders is onlangs aangepas.

Met die prys van koring alleen wat met 77% verlede jaar opgegaan het, is daar 'n stormloop na landbougrond.

Omdat Rusland so 'n uitgestrekte land is, is verskansingfondsbestuurders, oliemagnate, Sweedse portefeuljebeleggers en selfs die eerstydse Russiese adel besig om baie winsgewende grondtansaksies te beklink.

Die groot kollektiewe plase word nie in kleiner eenhede verdeel nie en eerder as korporatiewe verwerkingsaanlegte tesame met die boerdery bedryf.

Die Russiese minister van landbou, Aleksei Gordejew,  het onlangs gesê dat Rusland allerweë as 'n belangrike militêre mag beskou word, maar eintlik 'n gedugte landboumag ook is. Hy verwys ook dikwels na die belang van voedselsekuriteit.

Voor Stalin se kollektiwisering van grond was Rusland die belangrikste graanprodusent ter wêreld. Vandag behoort ten minste 7% van die aarde se bewerkbare grond aan Rusland, maar ongeveer 35 miljoen hektaar of 'n sesde daarvan, lê tans onbewerk.

Selfs sonder die gebiede soos Tsjernobil wat danksy radioaktiewe kontaminasie nie bewerkbaar is nie, is daar nog miljoene hektaar wat uiters geskik is vir landbou.

Opbrengste in Rusland is egter klein. Die gemiddeld is 1,85 ton per hektaar teenoor die die VSA se 6,36 ton en 3,04 in Kanada.

Grondpryse het van $570 per hektaar in 2006 tot $1000 vanjaar gestyg. Boere en beleggers het met John Deere-trekkers en Westerse boerderymetodes daarin geslaag om die opbrengste binne 'n jaar te verdubbel.

Om die skade wat kollektiwisme aangerig het reg te stel, stel korporatiewe plaaseienaars sielkundiges aan om landbouers en werkers te motiveer. Omdat geld nie 'n aansporing vir 'n landelike Rus is nie, word die klem op spanwerk en saamwerk geplaas.

Volgens Vedemosti, 'n saketydskrif, het 14% van Rusland se kolletiewe landbougrond reeds hierdie proses van konsolidasie ondergaan. Hulle meen dat Rusland binne 10 tot 15 jaar die wêreld se voorste landbouland kan word.

casino winФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae