Gedagtes oor ‘n volksraad en veiligheidstrategie

Die onlangse wreedaardige moord op Eugene Terre’Blanche het opnuut die besef maak posvat onder Afrikaners dat “iets” gedoen moet word aan beide die veiligheidsituasie in die land, asook Afrikaners se gebrek aan organisasie. Ons sit met ‘n swetterjoel organisasies, elke haantjie op sy eie mishoop, want elke ou wil die leier wees en elkeen hou nie van sy opponent se organisasie nie. Ons het derduisende generaals en kommandante maar geen skutters nie.

Lees die volledige dokument met my gedates oor ‘n volksraad en beveiliging asseblief hier – dit bevat formattering wat nie lekker werk op die webwerf nie.

игра для дивчатокtopcargo кидалы

‘n Eie staat vir Afrikaners…

Die afgelope week was dit presies 20 jaar sedert hierdie artikel van my op 26 April 1990 in Beeld verskyn het.

Omdat daar seker baie min PRAAG-lesers is wat hierdie artikel gelees het, plaas ek dit hier op die PRAAG-werf. Ek glo dat my argumente vandag nog presies dieselfde krag het. Die gevare wat ‘n swart regering inhou en soos destyds voorsien was, is bewaarheid. In 1990 het ons nog die staatsmag besit om ons besluite self af te dwing. Die Volkstaatopsie sou in 1990 en kort daarna oorweldigend deur die internasionale gemeensskap ondersteun gewees het, omdat dit die resep vir vrede bevat het. Intussen is die kanse verspeel deur ‘n volkstaat te probeer stig nadat alle staatsmag oorhandig was, en nadat daar streng beperkings op die stigting van so ‘n staat in art 235 van die grondwet geplaas is. Destyds sou die staat so groot soos Frankryk gewees het, maar ná die magsoorgawe het die territoriale aspirasies gekrimp tot Orania, ‘n feit wat ek baie moeilik kon ondersteun.

Hier volg die artikel wat ek verbatim hieronder plaas.

Oor die kwessie van ‘n volkstaat word deesdae al hoe sterker gedebatteer in die media. Aan die een kant word ‘n baie sterk rassistiese betekenis daaraan verleen en dan weer kom ‘n kultuuroriëntasie na vore. Feit is dat daar angs in die hart van veral ‘n sekere groep Afrikaners is wat ‘n onsekere toekoms onder ‘n potensiële swart meerderheidsregering, vrees. Vir hierdie mense is hul toekomstige oorlewing as blanke Afrikaners in ‘n eie soewereine staat, belangriker as hul aardse besittings.

Wanneer hierdie saak dus te berde gebring word, word sterk emosies wakker gemaak. ‘n Toekomstige bedéling wat nie hiermee rekening hou nie, sal, ondanks versekeringe van gesofistikeerde ingeboude magsbalanse uitloop op ‘n tragiese nuwe Suid-Afrika, waarin swartgeweld verruil word vir witgeweld en ‘n tweede Noord-Ierland of ‘n Libanon. In sy geskiedenis moes Afrikaners een of meer maal elke eeu ‘n ernstige grondliggende strategiese besluit neem: In 1652 toe hulle nog ‘n soort Hollands gepraat het, is die eerste groot besluit geneem. Toe weer in 1688 het Franssprekendes na Suid-Afrika gekom. In 1836 het Afrikaners getrek en later die Boererepublieke gevorm. In 1899 is ‘n wêreldmoondheid in ‘n wapenstryd gedaag met die wêreld se simpatie vir die Boere, en in 1948 het die Afrikaners die politieke mag van die land oorgeneem. Die volgende groot besluit wat die Afrikaner sal moet neem sal waarskynlik in 1991/2 wees. Hy gaan drie keuses hê. Hy sal, en dis keuse een, nie die situasie aanvaar nie. Hy sal veg soos in 1899, en die plaaslike en oorsese ondersteuning vernietig in ‘n wapenstryd wat hy nie kan wen nie. So nie, keuse nommer twee, sal hy hom onderwerp aan die reels van die spel en sy Afrikanerskap uitleef in ‘n multikulturele bestel. Die derde keuse: is om te trek. Die punt is dat hy ‘n keuse moet hê.

Om te verwag dat daardie spesiale Afrikaner hom willens en wetens moet onderwerp sonder ‘n keuse, is groteske politieke onsensitiwiteit. Die probleem word vererger deur hierdie spesiale Afrikaner se leierskorps wat gefragmenteerd is en in verskillende rigtings trek, elkeen met ‘n eie visie wat die hele spektrum dek, van die AWB se gewapende opsie af, tot by die NP se magsdelingsopsie. Hierdie gefragmenteerdheid kan verskoon word in die lig van die leiers se insig in die rol wat hulle moet speel.

Die staatspresident en sy kabinet het ‘n globale verantwoordelikheid teenoor die fisieke en politieke belange van al die volkere van Suid-Afrika, asook die land se rol in ‘n internasionale netwerk van politiek, wetenskap en ekonomie. Hy bly egter ‘n Afrikaner en ‘n mens kan dus verwag dat hy simpatiek sal wees teenoor die saak van ander Afrikaners.

Die regse faksieleiers het ‘n veel kleiner verantwoordelikheid, wat slegs die emosionele aspekte van hul ondersteuners beskerm sonder die verantwoordelikheid of bevoegdheid van die fisieke sy. Dis presies hier waar die knoop lê en waar die wekroep tot die wapen ontstaan om eie belange te beskerm. Die Afrikaner-Volkstaat soos gedefinieer deur prof. Carel Boshoff word beskou as ‘n eerlike poging om ‘n praktiese opsie te vind, mits mens die gedeelte in Namibië weglaat. Die yl bevolktheid sou min verskuiwings verg en geeneen het aanspraak op hierdie grond behalwe burgers wat eiendom sal kan koop nie.

Hierdie groot stuk aarde wat baie herinner aan Arizona en Kalifornië, sou ‘n streekmoondheid kon word as daar ‘n miljoen Japannese, Taiwannese, Duitsers of Afrikaners sou woon. Dit is die mensemateriaal wat van ‘n land ‘n sukses maak. Voeg daarby nog natuurlike hulpbronne soos mangaan, ystererts, lood en ander metale, gas aan die weskus, water in die H.F. Verwoerddam en die P.K. le Rouxdam wat sinlik gelei kan word tot aan die kus, ‘n matige klimaat en die grondslag vir ‘n lewensvatbare ekonomie is reeds gelê.

Die landboupotensiaal is laag maar kan wetenskaplik geoptimaliseer word, ingestel op vrugte- en vleisproduksie. ‘n Mens kan jou voorstel dat die silikonvallei van die suidelike halfrond hier gevestig sou kon word met ‘n nuwe universiteit aan die oewers van die Oranjerivier of by Saldanabaai, met tegnikons by Upington, Kuruman en Springbok. Hier kon ‘n eerste wêreld milieu gehandhaaf word sonder die verantwoordelikheid om ‘n tragiese derde wêreld op te hef soos elders in Afrika. Hier kon moderne chemiese aanlegte wat aardgas as voerbron gebruik, asook staalfabrieke en legeringsaanlegte gebou word.

Die verantwoordelikheid van werkskepping vir ‘n agtergeblewe gemeenskap is nie ‘n oorweging nie. Sy markte sal die nuwe Suid-Afrika sowel as ander wêreldekonomië wees. Hy sal ‘n sterk rol speel in die ekonomiese, wetenskaplike en politieke ontwikkelling van die streek deurdat dit allerweë erken sal word as ‘die vreedsame opsie’ met internasionale ondesteuning. Burgerskap sal gekoop moet word soos in Switserland en elders, tensy regstreekse familiebande volgens internasionale reëls sulke burgerskap toelaat. Die koste van burgerskap kan R50 000 per familie oorskry en ‘n volksbank so aan goedgekeurde behoeftiges die geld voor-skiet om hul vaste bate en dus burgerskap te bekom.

Werkspermitte aan vreemdelinge sou moeilik bekombaar wees soos in Japan, Wes-Europa, Amerika en elders, en ras of kleur behoort nie ‘n oorweging te wees nie aangesien burgers na hierdie deel van die wêreld aangetrokke sou voel om ‘n Afrikanervolkstaat te skep met die doel om sy taal, kultuur en tradisies onbevange uit te bou in ‘n eerste wêreld milieu, en nie net op soek na werk nie.

Daar is slegs’n klein venster van geleentheid oop wat binne die volgende 24 maande benut sal moet word of anders permanent gesluit sal wees. Die geleentheid moet nou aangegryp word om ook langs die onderhandelingstafel te gaan sit, en die verantwoordelikheid van die wat hulleself as leiers beskou, is nou op die spel.

‘n Kristalhelder visie, wat gegrond is op harde logika en wat tred hou met die werklikhede van die tyd, is nou nodig om die negatiewe emosionele argumente teen die regering se skikkingsinisiatiewe te vervang. Sterk pragmatiese leierskap wat hierdie Afrikanerfaksie sal besiel en hoop gee, is nou meer nodig as ooit tevore. ‘n Duidelike keuse moet gestel word. Of jy werk saam om die nuwe Suid-Afrika te laat slaag in al die werklikhede wat dit inhou of jy trek na ‘n nuwe tuiste.

Geweld as ‘n opsie is onprakties en onaanvaarbaar.

Noorwes-Kaap kan miskien net verseker dat die streek die kosbare siel van die Afrikaner vir altyd sal vertroetel sonder nog ‘n bloedvergietingsfase.

Johann Wingard is voorsitter van ‘n groot Ingenieursmaatskappy wat die Mossgas projek onlangs gebou het.

BEELD 26 April 1990

spins noлобановский александр интервью

Wat lê na die sokkerwêreldbeker?

In die grootste nasiebouprojek op aarde probeer die ANC om die Nuwe Suid-Afrikaanse nasie in ‘n eenheid saam te snoer.  Miljarde rande is reeds gespandeer om die diep klowe tussen Suid-Afrika se volkegemeenskap te oorbrug deur sport as saambindende faktor in te span.

Net soos ekonomiese aktiwiteite, is sport ook ‘n middelpuntsoekende krag, wat burgers na binne saambind.  Daarenteen word kultuur en godsdiens as middelpuntvlieënde (sentrifugale) kragte beskou, wat mense uitmekaar laat neig.

Maar nasiebouprojekte word egter ook deur Westerse lande beskou as pogings om gebreke van mislukkende state te verbloem. Daardeur word ‘n kunsmatige territoriale lojaliteit geskep sodat burgers hul regering se tekortkominge sal vergewe.

Pres. Jacob Zuma beskou die SWB in so ‘n ernstige lig dat niks, maar NIKS toegelaat mag word om die sukses daarvan te verseker nie.  Kontensieuse kwessies word uitgestel tot na die SWB afgeloop het.  Malema het skielik van die televisiesieskerms verdwyn en op uitgebreide oorsese reise gestuur sodat gemoedere kan bedaar endat daar op die SWB gefokus kan word.

Wat gaan dan van daardie kwessies word?

Ons moet onthou dat die derdevlakverkiesings aanstaande jaar gaan plaasvind.  Daarvoor sal kiesersmobilisasie benodig word om te verseker dat die ANC in bewind sal bly tenspyte van swak dienslewering.

Daardie feit sal die enjinkamer vir politieke gebeure na die SWB wees. Sagte kwessies soos anti-Boer sentimente sal voorrang geniet. Ons kan dus vferwag dat die volgende sal gebeur:

  • Pretoria se naam gaan verander word.  Dit sal waarskynlik voor die einde van die jaar ‘n voldonge feit wees.
  • Die skroewe vir die grondhervormingsprogram gaan aangedraai word.
  • Daar gaan opgetree word teen regse organisasies en webwerwe wat kwansuis die nuutgevonde nasionale eenheid bedreig.
  • Malema gaan ná ’n ligte waarskuwing weer losgelaat word op die media om anti-Boer stommiteite te verkondig, sodat hy die swart jeug kan mobiliseer.  Ons moet in gedagte hou dat 70% van die swartmense jonger is as 35 jaar.  Meeste is werkloos, en meeste soek waarskynlik vir ‘n sondebok vir hul swaarkry.  Net soos in Zimbabwe, is die witmense ‘n handige verskoning vir die land se ineenstorting.
  • Aangevuur deur Malema se nuwe kennis van hoe dinge in ander rewolusionêre lande gedoen was, sal die debat oor die nasionalisering van grond en die myne weer in die kollig kom.  Hiermee sal groot verwagtings geskep word om die stemvee agter die ANC te verenig. In tipiese Afrikastyl wys hierdie gebrekkige strategie weereens dat die oorlewing van die regerende party swaarder weeg as die belange van die land as geheel.
  • Honderde duisende werkers wat aan infrastruktuurprojekte voor en vir die SWB gewerk het, sal werkloos wees.  Die insigte om hierdie werkers weer ekonomies in te span ontbreek geheelenal, want beplannimng was nog nooit een van Afrikaregerings se sterkpunte nie.

So, ons moet maar die gordels vasmaak en gereed maak vir die maande wat voorlê.

компрессор продажаАлександр Фильчаков Васильевич

Die skisofreniese bruin steun vir Afrikaans

Een van die groot mites wat veral deur Naspers versprei word, is dat blote getalle deurslaggewend sou wees vir die oorlewing van Afrikaans. Dit is dus volgens Naspers se ideologie lewensbelangrik dat bruines en Afrikaners “hande sou vat” (om nou ‘n polities-korrekte Azanië-isme te besig.)

Die probleem is egter dat daar niks noodwendig hieraan is nie. Blote getalle is geen versekering vir ‘n taal se oorlewing nie. Daar is baie meer Xhosas en Zoeloes in Suid-Afrika as wat daar Afrikaners is (digby die 16 miljoen in totaal vir die twee groepe saam), maar dit is ‘n feit dat beide Xhosa en Zoeloe op ‘n afwaartste trajek is, die oorweldigende getalle ten spyt. Bykans alle swart ouers dring aan op skoolonderrig in Engels. Bitter weinige akademiese geskrifte of letterkunde word in hetsy Zoeloe, hetsy Xhosa uitgebring.
Daar is andersyds amper presies soveel sprekers van die Baskiese taal as wat daar Afrikaners is, sowat 2,5 miljoen, maar die Baske se taal en kultuur floreer.

Die verskil tussen Xhosas en die Baskiese taal is natuurlik dat die Baske beide ‘n sterk sin vir nasionalisme het, en hul taal ‘n trotse deel van hul identiteit vorm, teenoor die Xhosas wat hulself byna skaam vir hul eie taal asook kultuur, en nie wil toelaat dat hul kinders in Xhosa opgevoed word nie. Die intelligentsia onder die Xhosas mors geen tyd om spoedig te verengels sodra hulle die geleentheid kry nie. Die Xhosas, wat waarskynlik voorheen die belangrikste deel van die ANC uitgemaak het, het agv Engelse sendingwerk in die Ooskaap ‘n soort Pan-Britse, multi-kulti, rigtinglose en grootliks betekenislose reënboognasie-identiteit begin aankleef.

Juis om hierdie rede is Naspers se nimmereindigende propagandaveldtog en misplaaste blydskap oor die enkele bruines wat hulle op louwarm en skynheilige wyse vir Afrikaans beywer (Lionel Adendorf en Christo van der Rheede, byvoorbeeld), uiters naïef. Dis louwarm want mens kan nie eens sê dat daar juis bruin deelname aan die stryd om Afrikaans is nie. Watter bruin stemme het opgegaan teen die gedwonge verengelsing van Hoërskool Ermelo? Watter bruin akademici se voorkeurtaal is Afrikaans? Jonathan Jansen steek weliswaar sy uiters irriterende preke teenoor Afrikaners af in Afrikaans, maar maak dan aanspraak daarop dat hy Engels as huistaal het. Ditto vir Cheryl de La Rey, die rektor van UP, wat om die dood nie Afrikaans wil praat nie. Dis skynheilig omdat daai einste sogenaamde bruin kampvegters vir die taal, nie skroom om hul eie kinders na Engelse skole te stuur nie. Dis alweer die ou storie: Moenie maak soos ons maak nie, maak soos ons sê.

Die stryd om die oorlewing van Afrikaans gaan oor meer as die blote praat van die taal. Dit gaan ook oor die behoud van ‘n kultuur en ‘n erfenis, waarvan Afrikaans ‘n integrale deel is. Wanneer die ANC dus Pretoria se naam wil verander, is dit ‘n aanslag op beide die taal Afrikaans maar ook op Afrikaners se kulturele erfenis. Ek sien geen bruin leiers opstaan en te velde trek teen die naamverandering van Pretoria nie. Waarop dui dit? ‘n Gebrek aan ‘n gedeelde kulturele erfenis, moontlik? Wat ek van die bruin kultuur sien, wissel van ‘n Arabies-beïnvloede Moslemkultuur tot by ‘n soort Amerikaanse ghetto-kultuur, kompleet met halfmasbroeke en straatrenne. Van ‘n gedeelde kultuur tussen die bruines en Afrikaners sien ek al hoe minder tekens. As iemand wil aanvoer dat ‘n blote gedeelde taal dít is wat mense saamsnoer, waarom beywer die Skotse Nasionale Party hom dan vir Skotse selfbeskikking?

Wanneer daar wel die louwarm bruin steun vir Afrikaans kom, wat Naspers so opgewonde maak, skep sulke steun dikwels groot agterdog by Afrikaners. Terwyl ek nou op die onderwerp is: Afrikaners is blanke Afrikaanssprekendes. Met laasgenoemde kategorisering sou min bruines verskil. Dis ondenkbaar dat Allan Boesak, Robert McBride, Trevor Manuel, Cheryl de la Rey of Jonathan Jansen hulself as Afrikaners aan iemand sou voorstel. Dit is slegs die skisofreniese, linkse blanke Afrikaner, wat een ding sê maar gans en al ‘n ander ding doen (hulle sal nooit in ‘n bruin buurt gaan woon of met ‘n bruin vrou trou nie) wat verward is daaroor.

Om terug te keer na die punt hierbo, wanneer daar wel bruin steun vir Afrikaans is, gaan dit dikwels gepaard met ‘n verskeidenheid eise en gedwonge skuldgevoelens. Afrikaners moet byvoorbeeld eers bieg dat hulle rassiste is (Jonathan Jansen se gunstelingstokperdjie) en hulle moet nimmereindigende verskonings vir slawerny en apartheid aanbied, voordat die bruines hul louwarm steun vir Afrikaans sal bied. Sodoende word daar grootskeepse agterdog gewek dat daar eintlik politieke agendas agter die sogenaamde bruin steun vir Afrikaans sou wees. Daar is heelwat kodespraak vanuit die sogenaamde bruin kampvegters vir Afrikaans hieroor. Afrikaans moet glo “die baggasie van die verlede agterweë laat” (lees: Afrikaners moet ons plek ken en ons neerbuig voor die nuwe bruin en swart heersers van die land.)

Voorts is die bruin steun vir Afrikaans ook ietwat skisofrenies van aard, omdat die ANC se oorheersende ideologie van rassistiese transformasie tot die bruines se onregverdige voordeel is. Transformasie behels o.a. die etniese reiniging van blankes uit poste . Bykans al die rektore van Afrikaanse universiteite is gevolglik bruin. Is al daardie aanstellings suiwer op meriete, of het die ANC bruines gekoöpteer in sy veldtog van etniese reiniging van blanke mans, met die bruin rektore as gewillige meemakers in hierdie veldtog?

Transformasie behels egter ook, benewens die etniese teikening van blanke mans die moord op Afrikaners se kultuur en taal – die naamverandering van Pretoria en die veldtog teen Hoërskool Ermelo se taalbeleid, byvoorbeeld. Die bruines sit dus met ‘n dilemma. Rassistiese transformasie is tot hul voordeel wanneer dit by hul beroepslewe kom. Hoe kan hulle dan wil deel word van ‘n groter taalkulturele stryd teen transformasie, wanneer Afrikaans ook deel is van dít wat geteiken word, benewens blanke mans?

Laat Naspers dus maar gerus begaan met hul naïewe opgewondenheid oor die sogenaamde bruin steun vir Afrikaans, steun wat al te dikwels met die albatros van verskuilde agendas om sy nek kom, en van Afrikaners verwag om gedweë ons plek as tweedeklasburgers te aanvaar, en nimmereindigende verskonings, ook van Afrikanerskinders wat na 1994 gebore is, vereis. Waarop ek sê: basta! Ek kruip voor niemand nie, veral nie Jonathan Jansen, Allan Boesak of Robert McBride nie. Afrikaans se oorlewing hang van jou en my, die Afrikaners, af. Dit sal in Pretoria se voorstede beklink word, nie op die Kaapse Vlakte nie.

Lees ook die res van Anton Barnard se bydraes op sy woernaal, SAmizdat.

архитектурного освещенияФильчаков Александр Васильевич

Kreasionisme en evolusionisme

Moontlik, omdat verlede jaar Darwinjaar was, is “debatte” in koerante en op die internet oor evolusie volop. Hierdie “debatte” is dikwels erg nydig, en is dikwels sprekend van groot onkunde. Die indruk word gewoonlik gelaat dat dit handel oor Christen-kreasioniste aan die een kant, en ateïstiese evolusioniste aan die ander kant.

Tog is dit nie so eenvoudig nie, soos blyk uit ‘n RSG-debat waar ‘n teoloog die standpunt van evolusie gestel het, en ‘n argitek die standpunt van kreasionisme.

Hierdie is ‘n eerlike poging om die speelveld te skets sonder om eie voorkeure te vermeld.

In hooftrekke kan ses benaderings tot die debat geïdentifiseer word, waarvan sommige meer verbaal, en ander minder is.

–          Die persoon wat glo die Bybelse skeppingsverhaal is presies soos die Bybel dit skets, en vir wie die fokus op glo en geloof, en nie bewyse val nie. Die Bybel is immers ‘n geloofsboek, nie ‘n wetenskap- of geskiedenisboek nie. Gewoonlik speel die sondeval ‘n belangrike rol om as motivering vir Jesus se kruisdood te dien.

–          ‘n Tweede benadering word die jong aarde kreasionisme genoem. Hierdie groep verskil van eersgenoemde deurdat hulle hul standpunt dat die aarde sowat 6 000 jaar oud is (daar is enkele variasies) probeer bewys, en ‘n eie wetenskap hiervoor ontwikkel het, wat bykans elke aspek van die konvensionele wetenskap bevraagteken en verdag probeer maak. Die sondvloed speel ‘n uiters belangrike rol, en sou ook die hele aarde oordek het. Wat die nie-biologiese wetenskappe betref, het dit sekere ooreenkomste met die konvensionele wetenskap, behalwe dat alles oneindig vinniger sou geskied het. Kontinentale drywing sou bykans oornag plaasgevind, en die sondvloed se water “ingesluk” het. Olie- en steenkoolvelde het baie gou ontwikkel. Wat die biologiese wetenskappe betref, was daar ‘n tyd toe alle spesies nog gelyk sou bestaan. Die mens en die dinosourus sou saam geleef en saam in die ark gewees het. Dit laat Bybelse argeoloë wat met die opgrawing van stede soos Jerigo werk wat ouers as 6 000 jaar is in ‘n moeilike posisie.

–          Die geloofsonderbou vir hierdie groepering is sterk gevestig in fundamentalistiese kerkgroepe wat in die 70’ger jare van die vorige eeu in die VSA ‘n oplewing getoon het, en in ‘n groot mate via kerkverbande in die Baptisties-charismatiese  konteks na Suid-Afrika gekom het.

–          Die derde groep, die ou aarde kreasioniste, het nie ‘n probleem met die wetenskaplike beraming van die aarde se ouderdom van meer as vier miljard jaar nie. Die rasionaal hiervoor word in die Bybel self gevind, naamlik Psalm 90: 4, en 2 Petrus 3:8, wat die konsep tuis bring dat God se tyd nie ons tyd is nie (Hy is immers die Skepper van tyd ook). Dit word simbolies uitgedruk as een dag is soos ‘n duisend jaar (simboliek vir selfs die ewigheid), en ‘n duisend jaar wat vir God soos een dag is. Hierdie groep ontken “species hopping” en voer aan dat “die afwesigheid van tussenvorme” as bewys hiervoor dien. Namate meer en meer tussenvorme ontdek word, kwyn hierdie groep ten koste van die jong aarde kreasioniste.

–          Die vierde groep word dikwels verkeerdelik gelyk gestel aan die “intelligent design.” Hul korrekte naam is Deïstiese evolusioniste, ook soms Teïstiese evolusionisme genoem. Hulle glo God skep en gebruik evolusie as meganisme. Christen-paleontoloë maak die grondslag hiervan uit, en vandag is dit die amptelike standpunt van die NG Kerk en die Hervormde Kerk. Hulle gebruik ook die teksverse hierbo vermeld om die aarde se ouderdom Bybels te verklaar. Daar is uiteraard baie predikante en lidmate wat nie die standpunte deel nie. Die Gereformeerde Kerke (Doppers) se formele sinodebesluit is ook hiermee versoenbaar, maar baie verwarring bestaan onder lidmate en predikante oor die werklike standpunte wat deels veroorsaak is deur die mediaverklaring wat na die sinodebesluit uitgereik is, en ‘n ander standpunt gestel het. Hierdie benadering verklaar die voorbeeld hierbo vermeld waar die NG teoloog “die evolusie” se standpunt, en ‘n argitek die jong aarde kreasionisme se standpunt gestel het.

–          Toevallige evolusie behels ‘n ateïstiese standpunt waar God afwesig is in Sy skepping. Mutasies vind deurlopend ongerig plaas, en natuurlike seleksie sorg dat net die lewensvatbare gemuteerde vorme kan bly voortbestaan. Onkundiges verwys dikwels hierna as Darwanisme. Dit is verkeerd aangesien Darwin, toe hy geleef het, niks van genetiese mutasies sou kon weet nie, en Darwin eintlik slegs in die Engelse wêreld as toonaangewend beskou word. In Die Franssprekende wêreld was daar verskeie kenners wat voor hom soortgelyke teorieë geformuleer het.

–          “Intelligente ontwerp” is aanvanklik ontwerp om die Amerikaanse vertolking van godsdiensvryheid in skole, wat in effek op ‘n beleid van “geen godsdiens” neergekom het, te omseil. Daar is gehoop dat die howe simpatiek sou wees dat die aanbied van die evolusieleer in skole na ‘n Skepper kon verwys, as die Skepper uiters vaag geformuleer sou wees. Die poging was egter nie geslaagd nie, en is deur die howe beskou as ‘n slenter van Christene om Deïstiese evolusie in die skole te laat leer. Hoewel hierdie benadering slegs as juridiese noodmaatreël ontwerp is, het dit sedertdien op eie bene begin staan, en is volgens sommige berigte so radikaal en onverdraagsaam dat dit hoegenaamd nie as ‘n grondslag vir gemeenskaplike denke kan dien nie.

Soos gemeld, uit die debatte sou afgelei kon word dat daar net twee opsies op die tafel is – jong aarde kreasionisme wat “die Christelike standpunt” verteenwoordig, en die toevallige evolusie wat “ateïste se standpunt” verteenwoordig. Die probleem word vererger deurdat die jong aarde kreasioniste na hul eie benadering as “kreasionisme” verwys asof die ou aarde kreasionisme nie (meer) bestaan nie. Die toevallige evolusioniste eis ook dikwels evolusie as hul uitsluitlike domein op.

‘n Christen wat sonder die nodige agtergrond op so ‘n debat afkom, sal maklik ‘n idee kan vorm dat daar net twee opsies is: As hy ‘n Christen wil wees moet hy glo die aarde is 6 000 jaar oud. As hy glo die aarde is ouer, kan hy nie ‘n Christen wees nie.

Predikante en lidmate van kerkverbande wat in ou aarde kreasionisme of Deïstiese evolusie glo, is gewoonlik in hierdie debatte afwesig. ‘n Belangrike rede is waarskynlik dat die opkoms van jong aarde kreasionisme onderskat word. Die opvatting bestaan dikwels verkeerdelik dat die jong aarde kreasioniste se voortbestaan vergelyk kan word met die pous se volharding dat die aarde plat is, selfs lank na Magellaan se ekspedisie om die aarde gevaar het. Asof dit gaan oorwaai. Die verbetenheid waarmee aanhangers van die jong aarde wetenskap hul opvattings verdedig (en selfs jong aarde Evangelisasieaksies op die been bring) wys dit sal nie gebeur nie. Boonop is daar ‘n stroming van lidmate van die susterkerke na charismatiese kerke. Hoewel ‘n standpunt oor kreasionisme of evolusie waarskynlik selde ‘n rol by hierdie skuif speel, bevind meer en meer mense hulle in kerkverbande wat die jong aarde kreasionisme aanhang.

In Europa is wel deeglik kennis geneem, deurdat die Europese Unie – met die steun van die regerende Christen-demokratiese Partye – ‘n beleidsdokument aanvaar het met die titel: “Die gevaar van kreasionisme.”

In Nederland vind dorpsmuseums wat ongehinderd jare lank hul omgewing se geskiedenis uitgebeeld, skielik dat hulle onder druk kom wanneer na duine van miljoene jaar oud verwys word. Dit is immers onmoontlik as die aarde net 6 000 jaar oud is.

Die debatte op die webblaaie van koerante neem werklik dikwels die karakter aan van iets wat nie tot eer van God sterk nie. Aan die een kant word heel kerkverbande tot die ateïsme gereken, en omgekeerd is daar reaksies soos: “jou god.”

Wedersydse beskuldigings van bedrog is volop. Jong aarde kreasioniste verwys graag na die ouderdomme van fossiele as bedrog, en selfs dat dit “vervaardig” word. Omgekeerd wys wetenskaplikes (daar is al verskeie boeke geskryf om die jong aarde wetenskap as kwasi-wetenskap uit te wys) byvoorbeeld na die bekende voorbeelde van die lawa van Mount St. Helens waar die jong aarde wetenskaplikes aangedring het op ‘n koolstoftoets en voor betaal het, terwyl die instansie wat die toets gedoen het, reeds vooraf verduidelik het so ‘n toets is nie toepaslik nie, en ‘n foutiewe lesing gaan oplewer.  Die ander voorbeeld waarna gereeld verwys word, is dat ‘n jong aarde wetenskaplike self vasgestel het die “mensspore” waarop dinosourusse sou getrap het, ook deur dinosourusse gemaak is.

 

 

 

магазин автоинструментаАлександр Фильчаков

Nasiebouer of vryheidsoeker?

Die ondenkbare is besig om te gebeur. Die gedrukte media noem dit die verregsing van Afrikaners, oftewel ‘n migrasie na die regterkant van die politieke spektrum. Dit is die einde van Afrikaners se deelname aan die ANC se nasiebouproses. Die sokkerwêreldbeker sal geen verskil aan hierdie fenomeen maak nie.

Polarisasie tussen die rassegroepe is ‘n werklikheid. Daar het egter ook ‘n sterk polarisasie binne Afrikanergeledere ontstaan. Dit is dié tussen die nasiebouers, oftewel diegene wat binne die ANC-oorheerste politieke stelsel wil bly, en wat glo dat ‘n Westerse liberaal-demokratiese bestel wel deur die huidige kleptokrasie bestuur sal kan word. Dan is daar die vryheidsoekers wat nie onder dieselfde vlag as die ANC-ideoloë en hul populistiese ondersteuners wil bly nie  Vryheidsoekers weier om veel langer dieselfde vlag, grondwet of volkslied met ANC-simpatiseerders te deel of om langer die grusame moorde op onskuldige mans, vrouens en kinders te duld.

‘n Nuwe politieke stryd tussen die nasiebouers en vryheidsoekers het dus ontstaan.

Sommige waarnemers sal wil beweer dat dit die historiese kloof tussen die verkramptes en verligtes is wat weer manifesteer.

Ander sal weer volhou dat hierdie polarisasie nog altyd latent was sedert die Anglo-Boereoorlog en nou weer na vore kom.

‘n Derde groep sal beweer dat Julius Malema se gedrag en uitsprake asook ET se dood vir hierdie polarisasie verantwoordelik is.

‘n Laaste groep sal beweer dat die beskawingsbotsing tussen wit en swart nou besig is om uit te woed en dat die grondoorsake veel dieper lê as bogenoemde redes; wat hulle as snellermeganismes vir polarisasie beskou.

In die hedendaagse konteks was die oorgrote meerderheid blankes voor 1994 nog regs, ja selfs die NP-ondersteuners. (Lees weer my artikel Om regs of verregs te wees om die generiese omskrywing van die term binne die regte konteks te verstaan.)

Maar tydens die Mandela-tydvak was daar ‘n sigbare migrasie na links, weg van die beskerming van eiebelang, na die belange van die NSA-nasie en die land as geheel. Dit was verantwoordelik vir die opkoms van die DA, self ‘n liberale party, met ‘n lang linkse geskiedenis.

Ná 1994 het baie blankes hulself as entoesiastiese nasiebouers beskou. Diegene wat die hasepad na oorsese lande gekies het, het nie kans gesien vir die nasiebouproses nie, maar het terselfdertyd ook nie geglo aan die haalbaarheid van vryheid vir Afrikaners binne die nuwe ANC-oorheerste “kleptokrasie” nie.

Begin mens om te delf na oorsake waarom die nasiebouers al hoe minder raak en die vryheidsoekers al hoe meer, kom jy by die punt waar jy moet erken dat die Afrikaners inderdaad uit twee hoofgroepe bestaan, nl. die etniesgesinde Afrikaners en die nasiebou-Afrikaners.  Na gelang van die politieke gebeure in die land ossileer die groepe tussen die twee pole.

Die migrasie na regs kan nie net toegeskryf word aan die geskiedkundige gom van godsdiens, taal en kultuur nie, maar waarskynlik eerder aan oorlewingsopsies wat al minder raak. ‘n Natuurlike aansluiting vind dus plaas by die tradisionaliste, oftewel die historiese Boere-Afrikanergemeenskap wat dieselfde onderliggende weersin in die beskawingsbotsing beleef.

Nou waarom is alle Afrikaners dan nie vryheidsgesind nie? Waarom is hulle dan nie etniesgesind nie en verkies hulle om Suid-Afrikaners te wees?

Daar moet in gedagte gehou word dat duisende Afrikaners ten brode van die staat of sy instellings afhanklik is. ‘n Sigbare afwysing van hul nuwe base sal dus hul loopbane benadeel. Heimlik is baie van hulle waarskynlik reeds besig om te verregs.

Dan is daar nog die stoere De Klerk-aanhangers wat uit historiese lojaliteit  glo dat die nuwe bestel sal werk of gemaak kan word dat dit kan werk. Hierdie groep krimp waarskynlik by die dag.

Vir die vryheidsoekers sal dit betaamlik wees om hierdie beweging na regs te verstaan en akkommoderend te bestuur. Dit sal betaamlik wees om die verlore Afrikanerseuns en – dogters weer binne die laer te verwelkom.

In die verlede het die media smalend na die sogenaamde laertrekmentaliteit as isolasionisme verwys, byna asof dit ‘n refleksbeweging van ‘n sterwende groepie is. Vandag bespeur mens egter weer ‘n sterk opwelling van daardie mentaliteit, maar hierdie keer as ‘n noodsaaklike oorlewingsmeganisme.

Die stryd het dus veel groter geword as ‘n stryd om net bepaalde ideologieë te ondersteun. Die stryd begin nou fisiese dimensies aanneem, waarvoor vryheidsgesinde Afrikaners hulle moet voorberei.

Die eerste stap is om bymekaar te maak wat bymekaar hoort. Dit is die totstandkoming van ‘n gesagsowerheid vir etniesgesinde Afrikaners.  Daarsonder kan en sal daar geen vordering na vryheid wees nie.  Ons kan nie net staatmaak op die beskerming wat Solidariteit of Afriforum ons in die howe bied nie.  Buiendien is hul hande gebind deur hul eie ledekorps se belange en hul eie grondwet en beleid.

Die terrein waarop beweeg moet word, strek veel verder as net dit. Die gesagsowerheid moet ‘n volk verteenwoordig by bilaterale gesprekke met die staat en die buiteland.

Daarmee moet daar nie langer gesloer word nie.

абажур с гималайской солью для баниФільчаков Олександр Васильович

Teokrasie

Tradisioneel word gesê die staat, as dit ‘n sekere soort staatkundige bedeling het) is ‘n demokrasie, terwyl die kerk ‘n teokrasie is. Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (Doppers) is ‘n voorbeeld wat op ‘n teokrasie aanspraak maak.  Tog, na ‘n sinode voorheen ‘n beswaarskrif gehandhaaf het en ‘n vorige besluit herroep wat vrouediakens toegelaat het, het ‘n gemeente in die Karoo  op sy webblad geskryf die inwoners van die hemel het hieroor geween.

‘n Gemeente meen dus dat die hemelinge oor ‘n teokratiese besluit geween het.

Die begrip van dolerende gemeentes (gemeentes wat in protes of beswaard is) word dikwels deur gemeentes self soos ‘n titel gebruik.

Wanneer die mens die teokrasie toepas is dit dus gebrekkig.

Dit sou moontlik beter wees om twee begrippe te gebruik, naamlik ‘n Godsregering as proses, en teokrasie as stelsel, en hulle te onderskei.

Teokrasie as staatsbestel manifesteer hom op talle maniere. Sekerlik die bekendste hedendaagse teokrasie is dié van die Tibettaanse, waar die Dahlia Lama boonop nou ‘n regering in ballingskap voer na die gebied deur China ingelyf is.

Sedert die val van die sjah van Iran, voer die ajatollas ‘n de facto teokrasie. Tot die Tweede Wêreldoorlog het die Sjinto-Japannese geglo die keiser is ‘n regstreekse afstammeling van ‘n god, min of meer soos die Egiptenare oor die faro’s geglo het.

Die Asteke het “simboliese” oorloë teen ander stamme gevoer om menslike offerandes vir hul godsdiens te bekom. By geleentheid het die geharde Cortez en van sy manne in afgryse vanuit ‘n paleisvenster gesien hoe ‘n piramiede rooi kleur van die menslike offers se bloed. Ook die Inkas het geglo hul aardse heerser is ‘n goddelike afstammeling.

Israel is in die tydperk tussen Josua en koning Saul deur rigters regeer, in wat waarskynlik as ‘n teokrasie bekend sou staan. Trouens, Moses en Josua se leierskap sou ook deel hiervan kon wees. Van die rigters, soos Simson, het nie altyd al te voorbeeldig opgetree nie.

In die tyd toe die pous nog gesag as aardse heerser gehad en “bulle” uitgevaardig het, het die Christendom ook na-aan ‘n teokrasie geword. Talle oorblyfsels van hierdie opvatting is steeds te bemerk.

As invalshoek is die kerk met ‘n boom se stam vergelyk, en ander lewensvorme as takke wat uit die stam groei. Hieronder sou ‘n mens die staat, die gesin, die huwelik en ander tipies tel. In teorie het die pous dus seggenskap oor elke lewensaspek van mense binne die kerk se invloedsfeer gehad. Aardse heersers wat hul gesag teen die pous getoets het, moes boete doen soos met kaal knieë ‘n lang tel trappe uitklim.

In die Middeleeue is die gedagte van teokrasie gevoer na die vlak van die erflike koning – die Here sou dan deur die skep van lewe, bepaal dat Sy keuse as troonopvolger gebore word. Dit het ook ‘n sekere vorm van onaantasbaarheid vir die koning geskep, wat selfs aan onbevraagbaarheid gegrens het.

‘n Wisselvorm word aangetref in die vorm van primitiewe dolosgooierey en die spreek van die Orakel van Delphi. Die Christendom, veral in die Judese aanloop, ken die praktyk van profete wat selfs die konings van God se instruksies voorsien het.

Hoe sou ‘n teokrasie vandag daaruit sien?

In ‘n Protestants-demokratiese omgewing sou die vertrekpunt wees dat die Christen sy Christenskap in alle lewensfere, die kerk en die staat ook, uitleef. Hy is dus nie minder Christen wanneer hy in die kerk sit, in sy huisgesin funksioneer, in sy werkplek, op die skoolbeheerliggaam, en die uitoefen van sy stemreg nie. Voeg hierby ‘n inskrywing in die grondwet dat die grondwet, en selfs die handves van menseregte, God as hoogste gesag erken, en dat sittings van die parlement en kabinet met gebed geopen word, en siedaar, ‘n “teokrasie.” Die Christen se lig, hoe hy Christus uitstraal, moet immers oral skyn, en nie onder die bed weggesteek word nie. (Die Suid-Afrikaanse grondwet voldoen nie aan al hierdie vereistes nie.)

Die Christen sluit God immers nie Sondag na die aanddiens in die kerk toe, en sluit God weer die volgende Sondag oop nie.

Hoekom die vraagteken?

Die demokrasie is ‘n mens-ontwerpte stelsel. Vanuit ‘n Christelike perspektief is dit dus gebrekkig. Dit manifesteer in soveel modelle dat dit onmoontlik is om een te kies as “Christus-vriendelik” of “ideaal vir die teokrasie” te beskryf.

Ten eerste moet ‘n gemeenskap in effek Christelik-homogeen wees. Ideaal moet dit ook kultureel homogeen wees, want die oomblik as ‘n staat heterogene (geloofs-) kenmerke het, sal so ‘n demokratiese teokrasie deur sommiges as onderdrukkend ervaar word wat nie dieselfde morele kodes of geloofsoortuigings aanhang nie.

Dit moet in gedagte gehou word dat die demokrasie soos ons dit ken, primêr uit die liberalisme gebore is, en liberalisme primêr in die humanisme (die mens regeer) staan. Christen-demokrate is byvoorbeeld gewoond daaraan om te hoor “godsdiens moet uit die politiek gehou word.” Moet dit dan uit skole geweer word (soos sommiges dit wil hê, uit die werkplek, uit die gesin, uit die huwelik? Hoekom nie dan sommer uit die kerk (as menslike manifestasie) nie?

Parlementêr kan ‘n mate van buigsaamheid verdiskonteer word, deur te onderskei tussen “godsdiens” en God self. Die parlement bied immers nie die Nagmaal aan nie, maar die Christen-parlementslid is immers nie veronderstel om God buite te laat as hy die parlement se deure ingaan nie. (En sjoe, kyk ‘n mans na baie se optrede op rugbystadions, lyk dit nie of dieselfde toeskouer die volgende dag as lidmaat in die kerk sit nie). 

Die werklike toets kom wanneer hy oor wetgewing moet stem wat die teenoorgestelde behels as wat sy kerk leer. Wetgewing soos dié oor aborsies, oor dobbel, pornografie, die wettiging van protitusie en vele meer. Boonop vereis die koukusgebondenheid wat deel van die Suid-Afrikaanse politiek is dat iemand dikwels tussen sy kerk en sy amp as parlementslid ‘n skisofreniese houding moet inneem.

Beteken dit dat die demokrasie nie as basisvorm vir teokrasie kan deug nie?

Bied enige ander hedendaagse regeervorm ‘n beter basis vir teokrasie?

Of moet ‘n nuwe model vir teokrasie gevorm word?

Of, moet die demokrasie hervorm word om as geskikte platform vir teokrasie te dien?

Met ongeveer 80 persent Suid-Afrikaners wat verklaar dat hulle Christene is, is dit in beginsel ‘n onnodige vraag. As daardie 80% kiesers parlementslede instem wat soos goeie Christene die land sal regeer, is dit immers so na-aan ‘n teokrasie as wat kan kom.

Dit is agter as ‘n mens na die lewenshandel en selfs ideologiese uitgangpunte van hierdie 80 % kyk, dat ‘n mens vrae kan begin vra.

Juis in reaksie op die vorige artikel waarna hierbo verwys is, was daar ‘n reeks reaksies wat op geen manier versoenbaar was met die reaksie van ander lesers nie. Die eertydse Admissiestudie van die Afrikaanse susterkerke is selfs as die werk van die groot verleier beskryf. Die ironie, die artikel was hoofsaaklik histories / argeologies, en nie teologies nie.

In alle billikheid, van die lesers se reaksie het ‘n pragtige Christelike gesindheid van liefde (wat sentraal in die Bybel staan) en nie-veroordeling uitgestraal.

Maar as Afrikaanssprekende Christene mekaar so aan die keel gryp, hoe gaan dit lyk as agnostici, ateïste, heidene en ander bykom?

Oor dieselfde tyd kon ‘n mens ‘n prentjie hiervan vorm, met debatte wat onder meer deur die bekendmaking van die 1,9 miljoen jaar oue aapmens-skelet by die Wieg van die Mensdom ontketen is.

Kreasioniste, veral jong aarde kreasioniste, en evolusioniste het mekaar iets allerverskrikliks met die teerkwas bygedam. En hoewel mense wat die amptelike standpunte van die grootste susterkerke aanhang grootliks nie aan die “debatte” deelgeneem het nie, is hulle net so lekker met die teerkwas bygedam en tot nie-Christene “verklaar.” ‘n Oningeligte wat na die “debat” sou kyk sou maklik die afleiding kon maak dat om ‘n Christen te wees, geglo moet word die skepping is 6 000 jaar oud, dat Bybelse argeoloë wat met veel ouer tydperke werk, deel van ‘n yslike bedriegspul is.

En vorm nou ‘n teokrasie via demokrasie met dié spulletjie wat van Christelike liefde en ‘n verbod op veroordeling gestroop is.

Is enige ander model as die demokrasie meer geskik vir teokrasie?

Die antwoord is waarskynlik nee.

Is ‘n teokrasie ‘n saak van onmoontlikheid?

Die staatkundige antwoord is waarskynlik ja. Die teologiese antwoord is dat niks vir God onmoontlik is nie.

Maar dan word van ‘n Godsregering gepraat, en nie ‘n teokrasie nie, en God is immers nie aan menslike regeermodelle gebonde nie.

Beteken dit dat die mens, die Christen, handegevou en fatalisties agteroor moet sit dat God Sy eie ding moet kom doen?

Nee, stellig nie. God ken talente aan mense toe wat soos Godgegewe gawes aangewend moet word. En oor talente miskien net ‘n paar opmerkings. Uit die 1983-vertaling van die Bybel word die indruk in hoofsaak gelaat dat daar meestal na enkele muntstukke verwys word waar die ouers vertaling, en ook vertalings in ander tale na talente verwys. Dit is nie noodwendig verkeerd nie, maar waar na die toewysing van talente verwys word, is dit iets wat in ‘n enorme bedrag geld uitgedruk sou kon word. Deur die loop van Bybelse tye het die gewig van ‘n talent aansienlik verskil, maar dit het gewoonlik na sowat 50 Kg silwer verwys, of te wel een talent gelykstaande aan ongeveer 6 000 werksdae se loon.

So is daar mense wat die talente ontvang het om met staatkundige modelle te kan werk, en iets te ontwerp wat so Christenvriendelik as moontlik sal wees. ‘n Model wat so ver as moontlik sal verhinder dat ons God Sondae in die kerk oop- en toesluit. Uit ‘n teokratiese oogpunt – die Christen moet as Christen vinger trek. Vanuit die Christen-demokratiese en Christen-volkseie-oogpungt: Die kerk kan nie maar ‘n apatiese toeskouer wees oor wat in ander lewensfere aangaan nie. Die kerk as instelling het ‘n profetiese roeping. En die kerk kan as instelling in beginsel nie vrede daarmee hê as sy lidmate Sondae die Here in die kerk toesluit, en die week sekulêr / agnosties leef deur byvoorbeeld partye te steun wat oor beginselsake presies die teenoorgestelde as hul kerke glo nie.

Die Gereformeerde Kerke het byvoorbeeld ‘n sinode-opdrag dat leraars voor ‘n verkiesing moet preek om riglyne vir die uitbring van die stem te verskaf, sonder om ‘n politieke keuse voor te skryf. (Met Admissie-opleiding, en kwalifikasies in die staatsreg en Politieke Wetenskap, kon ek geen kop of stert van hierdie preek – die een wat ek wel gehoor het – uitmaak nie. Boonop was ek self ‘n kandidaat. Ek glo bitter min lidmate het ‘n “lamp vir die voet” gekry. Die beginsel bly egter gesond).

‘n Model, waar menseregte uitgelê sal word, die instink sal wees om die beginsel van natuurlike geregtigheid uit te lê soos die Heilige Gees en die Woord dit in ‘n mens se hart lê. Waar, wanneer oor wetgewing besin word, werklik besin word hoe die Here verwag Sy kinders na daardie wetgewing moet kyk.

‘n Model waar wetgewing so opgestel word waar dit bevorderlik is vir ‘n klimaat van moraliteit. Waar korrupsie nie ‘n norm is nie, maar ‘n onding wat uitgeroei moet word.

Die belangrikste is – waar die regeerders ‘n navolgingswaardige voorbeeld stel, sodat die publiek, veral die jong mense, geïnspireer word om mense se voorbeeld met entoesiasme na te volg omdat hulle die Here deur daardie mense sien.

Die konteks waarbinne die vraag oor teokrasie gevra is, was die volkstaat.

In ‘n sekere opsig sal ‘n volkstaat weens groter homogeniteit ‘n teokrasie makliker uitvoerbaar maak.

Ongelukkig het die godsdiensopvattings van die Afrikaner ontsettend ver uitmekaar gedryf. Enigeen wat objektief hierna kyk, sal weet dat dit wat mense vanuit die Israel Visie-spektrum van ‘n teokrasie sal verwag, baie ver sal verskil van die verwagtinge van mense binne byvoorbeeld die susterkerke, die AGS en die Afrikaanse Baptistekerk.

Terwyl daar raakvlakke is tussen die CVO- en Christian Schools waarbinne baie Afrikaanssprekendes hul kinders plaas, is die verskille ook baie groot.

Op die eenvoudige vlak sou ons sê ‘n staatkundige model sal een wees waar die regeerstyl so sal wees dat dit die Bybelse boodskap ten beste projekteer.

Op die diep filosofiese vlak sou ons sê die hiërargie van wetskringe / lewensfere wat ons via Kuiper en Dooyeweerd van leer, moenie regop staan nie, maar op sy kant lê. Dit beteken wel dat die hoogste orde, die geloofswetskring, op dieselfde vlak as die laer orde wetskringe soos getal en ruimte lê, maar die belangrike is dat nou onderskei word tussen God, wat uit die wetskringe losgemaak word, en die menslike manifestasie daarvan, soos die kerk.

So spreek God enersyds regstreeks tot alke aspek van Sy Skepping, van die mens se geloof, sy kerk, sy kultuur, sy gesondheid, sy regstelsel, sy staat, tot die ruimte en getalle.

En tweedens, suurdeeg die Christen se uitlewing van sy Chistenskap ook horisontaal deur na alle anders aspekte waar hy betrokke is – word die wetskringe en lewensfere in werklikheid die prosesse en filters van ‘n stelselteorie, afgestem op die behaviouralistiese ….onderhewig aan die Wil van God.

медицинскую справкуФильчаков прокурор отзывы

Burgeroorlog in Suid-Afrika?

Ek is geen regsgeleerde nie, maar tydens my diens by die volkstaatraad het befaamde regsgeleerdes soos prof Hercules Booysen en adv Chris de Jager ons slim gemaak om die volkereg mbt selfbeskikking te verstaan. Sommige mense verwys daarna as die internasionale reg. Met daardie onderliggende bietjie kennis, en aan die hand van my eie navorsing, wil ek graag ‘n baie belangrike saak vandag aanroer.

Gewapende konflikte tussen strydende partye van dieselfde land word deur verskeie woordeboeke as burgeroorloë gedefinieer.  Volgens die Webster-woordeboek is ‘n burgeroorlog ‘n oorlog tussen geografiese streke of politieke faksies van dieselfde nasie.

Om tussen burgeroorloë en kleiner opstootjies te onderskei, kwantifiseer ander bronne die getal sterftes gedurende die tyd wat die stryd gewoed het.  Daar word algemeen aanvaar dat daar minstens 1000 sterftes tydens so ‘n gewapende stryd moet wees.

Die motiewe vir burgeroorloë word soos volg omlyn: Enige groep wat ‘n ander groep met gewapende geweld aanval met die doel om grondgebied of natuurlike hulpbronne te bekom, is besig om oorlog te maak teen die ander groep.

Of die regering die heersende burgeroorlog erken of nie, of dat dit sy bedoeling is om ‘n burgeroorlog in Suid Afrika aan te vuur of nie, is nie ter sake nie.  Wat wel ter sake is, is die feit dat die regering die feitelike situasie nie wil erken nie, en dit as gewone misdaad tipeer. Gister nog het Minister Mthetwa gepleit dat mense moet ophou om ‘n politieke motief aan die plaasmoorde te koppel.  Op dieselfde dag is daar egter nog twee bloedige insidente, waar niks geroof is nie.  Watse “misdaad” is dit?

Die klaarblyklike motief vir die barbaarse plaasmoorde is om boere van hul plase te verjaag deur ‘n vreespsigose te skep.  Grondgebied en natuurlike hulpbronne is ‘n tipiese motief vir burgeroorloë tussen verskillende etniese groepe in Afrika.

Deur die skuld vir die moorde dan op die boere te pak, word die geweld gekondoneer en word die regering aandadig aan die gruweldade.

In 1996 het die regering die Eerste Protokol van die Geneefse Konvensie onderteken.  Die NP-regering het vroeër geweier om dit te doen, omdat dit volgens hul mening die staat se vermoë om burgeroorloë te bekamp of te verhoed in die wiele sou ry.

Die RSA-regering is egter nou aan die reëls van daardie Protokol verbind, wat ‘n jus cogens-verpligting op die staat plaas.

Jus cogens word beskryf as ‘n oorheersende en gebiedend noodsaaklike verpligting wat op ‘n staat gelê word.  Enige oortreding daarvan is strydig met die fundamentele reëls van die volkereg.

Sommige bronne beweer dat ‘n jus cogens-norm die volgende kriteria moet hê:

  • Die doel van die jus cogens-norm is die beskerming van ‘n gemeenskap se belange;
  • die norm moet aan moraliteitsbeginsels voldoen;
  • die norm moet van ‘n absolute aard wees, dws daar is geen ruimte vir enige ander vertolking nie;
  • die oorgrote meerderheid nasies moet die gebiedendheid daarvan erken.

Dus, alle state wat hierdie norm oortree, staar wettige vergeldingsmaatreëls deur die lydende staat of gemeenskap in die gesig.

Hierdie jus cogens norm is ook van toepassing op burgeroorloë, en op krygsgevangenes van so ‘n oorlog. Deur hulle as gewone misdadigers te beskou, en onmenslik te behandel, of in voetboeie in die openbaar te paradeer is dus strydig met die bepalings van die Eerste Protokol wat die meeste state onderteken het.

Aan die hand van bogenoemde is Suid-Afrika reeds sedert 1994 in ‘n volskaalse burgeroorlog gewikkel, deurdat duisende slagoffers jaarliks omkom. Dit is ‘n feit wat deur die media verswyg word, en wat nooit deur die ANC-regering erken sal word nie, aangesien dit ‘n bewys is dat die onderhandelde skikking van 1993/1994 ‘n mislukking was.

Dit sal ook die regering se siniese ingesteldheid aan die kaak stel om voortdurend die verkeerde beleidsopsies ten opsigte van grondverdeling te neem en te ondersteun, sodat die gewapende geweld inherent aangemoedig word.  Malema se uitsprake ná sy besoek aan Zimbabwe versterk die motiewe vir ‘n burgeroorlog.

Iemand het onlangs op die Praagwerf geskryf dat ‘n  streep in die sand getrek moet word, en het voorgestel dat daardie lyn oorgesteek sal word met die eerste gewelddadige plaasbesetting.

Afrikaners sal dus waarskynlik heeltemal binne hul regte wees om eersdaags die regering daarvan te verwittig dat hulle hulle in ‘n staat van burgeroorlog verkeer teen ‘n onsigbare guerillamag wat ten doel het om Afrikaners uit te moor en van hul plase te verdryf.

Die regering moet ook ingelig word dat, soos in enige ander burgeroorlog, die lydende party sy volkeregtelike regte sal uitoefen om sy goed en bloed teen insurgente te beskerm.

Die jus cogens-bepalings van die Geneefse Konvensie se Eerste Protokol sal dus van toepassing wees op sy lede wat hulle nie noodwendig aan die insurgente se grondwetlike regte sal laat lei nie, maar deur die aanvaarde volkereg betreffende burgeroorloë.   Voordat dit kan gebeur, sal indringende gesprekke deur die Afrikaners se te stigte gesagsowerheid met die regering gevoer moet word.  Die gesagsowerheid sal sy saak ook aan buitelandse howe stel om uitspraak te verkry.

Die RSA-grondwet bind die staat tot die bepalings en bevindings van die volkereg.

Afrikaners sal dus gou moet speel om hul volkshuis in orde te kry, want die intensiteit van die heersende burgeroorlog is besig om in felheid toe te neem.

no deposit slotsФільчаков прокурор

Naspers, ons IG Farben?

Nasionale pers (Naspers), wat ongeveer ‘n eeu gelede ‘n beskeie begin beleef het met die stigting van die Kaapse koerant, Die Burger, is vandag die grootste mediagroep in die land en moontlik onder die toptien ter wêreld. Hulle beskik oor belange dwarsoor die aardbol, in China, Pole en Brasilië en maak iets soos ses miljard rand wins ná belasting per jaar.

Naspers het gegroei van ‘n Afrikaneronderneming na ‘n globale maatskappy. Soos die ryk man wat sy kinderdae aan die verkeerde kant van die treinspoor probeer wegsteek, het die Afrikaneroorsprong van die maatskappy vir hom ‘n verleentheid geword. Die tradisionele koerante en tydskrifte wat Naspers aanhou publiseer en wat grotendeels deur Afrikaners gelees word, word nie meer as ‘n belangrike deel van die maatskappy se portefeulje beskou nie.

As multinasionale maatskappy koester Naspers ‘n kwalik bedekte minagting vir die Afrikanerverbruiker en -leser. Soos die Sunday Times in die sestiger- en sewentigerjare, wat elke Sondag Afrikaners beledig het in die wete dat hulle wel die koerant sal koop om ontstoke te raak, publiseer Nasperskoerante reeds jare lank erge aanvalle op Afrikanerhelde van weleer en word die publiek se geregverdigde woede oor misdaad, korrupsie en verval gereeld as manifestasies van “rassisme” afgemaak.

Die voorsitter van Naspers, mnr. Ton Vosloo, het op ‘n keer in Rapport verklaar: “Die begrip ‘Afrikaner’ gee aanstoot.”

Linkse en selfs ekstreemlinkse rubriekskrywers soos Max du Preez, Christi van der Westhuizen, Leopold Scholtz, Deon Maas, George Claassen, Jakes Gerwel, Hein Willemse, Jonathan Jansen, Henry Jeffreys, Ferdi Greyling en ander is konstant besig om hul eie Afrikanerlesers af te kraak, te beskuldig, te verkleineer en te verguis.

Terwyl die land verval het in iets tussen ‘n Zimbabwe en ‘n Rwanda, met daaglikse gruweldade – net eergister is ‘n een jaar oue babadogtertjie in haar ouerhuis aangeval en vir dood agtergelaat – hou die slimjankommentators van Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport vol om Suid-Afrika as ‘n demokratiese utopie te beskryf. Die oorsprong van alle kwaad in Suid-Afrika is nie swart geweld, gierigheid, korrupsie en wetteloosheid nie, maar wit rassisme of dan spesifiek Afrikanerrassisme.

Vandeesweek het Leendert van Oostrum in die leserskommentaarruimte op Nuus24 geskryf:

“Ons sit… in die midde van ‘n intense terreuroorlog waarin die hordes inderdaad (benewens kos) bloed soek. Maar Naspes hou vol om sy lesers te trakteer op vermaaklike, werklikheidsontekennende klopdansies deur ‘n Polyanna soos hierdie rubriekskrywer (Johan Swarts)… (D)ie soort dwase ‘denialism’ wat mens hierbo sien is m.i. disfunksioneel.”

Die rubriek van Johan Swarts waarna Van Oostrum hier verwys verteenwoordig ‘n reaksie op my stuk oor Eugène Terre’Blache: ‘n Moord te veel. Volgens Swarts wat iewers vanuit sy knusse wegkruipplekkie in die Kaap pontifikeer, verteenwoordig die gevoel van bedreigdheid en selfs vrees by Afrikaners oor hul toekoms in dié geteisterde land Hersenskimme in Dan Roodt se kop. Hy skryf:

“As sodanig het (Roodt) ‘n ou nasionalistiese narratief geherapproprieer sonder om werklik te erken dat dit ‘n uitgediende verhaal is. Toegegee: om Afrikaners te probeer saamsnoer met ‘n narratief is in sommige opsigte edel. Om dit egter ten koste van ander groeperinge te wil doen, is laakbaar.”

Al wat Swarts hier in kwasi-geleerde terme doen, is om Naspers se leuse te herhaal: die Afrikanervolk is dood en sal nooit weer opstaan nie. Enige beroep op ons roemryke geskiedenis van oorlewing in die aangesig van verskeie pogings, hetsy deur Dingaan se Zoeloes, hetsy deur die Britte, om ons finaal uit te wis, is futiel en selfs – soos hy dit stel – “laakbaar”. Al word ons vermoor, ons vroue en dogters verkrag, selfs ons babas aangeval deur lede van ander groepe, is ons veronderstel om die ander wang te draai en dit maar gelate te aanvaar.

Is so ‘n houding van apatie nie ewe patologies as die verskrikkinge wat ons elke dag in dié land ervaar nie? Insgelyks vandeesweek skryf Leopold Scholtz in Die Burger: Groepsdenke is verkeerd. Volgens hom is dit veral Afrikaners wat hulle daaraan skuldig maak. “Groepsdenke” word gedefinieer as: “jy skryf sekere – meestal negatiewe – eienskappe toe aan ander groepe buite jou eie, en skeer dan al die lede van daardie groep(e) oor een kam”.

Naspers se rubriekskrywers is nie eintlik goed onderlê in die wysbegeerte of logika nie. As eerstejaartjie het ek op universiteit geleer dat jy nie iemand anders se argument kan afskiet as joune dieselfde struktuur vertoon nie. Scholtz kla dat Afrikaners “ander groepe oor een kam skeer”, maar deur dit te sê, skeer hy ons mos insgelyks oor een kam!

Freud het ‘n boek geskryf met ‘n titel wat vir die hedendaagse Suid-Afrika uiters gepas sou wees: Zur Psychopathologie des Alltagslebens, oftewel, “Oor die psigopatologie van die daaglikse lewe”. Elke dag bevat die nuus in ons land voorbeelde van uiterste afwykings soos sadisme, leuenagtigheid, kleptomanie, xenofobie, ens. Maar ook: masochisme, die neiging om pyn en vernedering te geniet.

Behalwe om die Afrikaner se sin vir identiteit en samehorigheid te vernietig, is een van Naspers se oogmerke om van ons almal masochiste te maak. Hoe meer kranksinnig en patologies ons werklikheid raak, hoe meer is ons veronderstel om dit te geniet en soos idiote na die sokker uit te sien met ‘n onderbroekvlaggie wat op jou motor se dak wapper.

Vandaar dus die pleidooi wat ene Jan ver Maak (waarskynlik die skuilnaam van ‘n Naspersredaksielid) in verlede week se By, die nasionale bylaag by hul dagblaaie, lewer: Raak lief vir Malema.

Jan ver Maak beweer:

“Net soos Terre’Blanche lief was om uit die Bybel aan te haal, asook die dominee op sy begrafnis én daarna Stofsuier Hofmeyr, kan ek dit ook doen: ‘Jy moet jou vyand liefhê soos jouself.’

Dít is natuurlik effe te veel gevra. Malema liefhê?

My vraag is: Waarom nie? Hy is bloot ’n produk van omstandighede, iemand wat ly as gevolg van die wond in sy psige wat deur wit bevoorregting veroorsaak is.

Omhels hom, nooi hom om by jou te kom kuier, stort aalmoese uit na hom. Wat kan jy verloor?”

Met ander woorde, hoe meer bepaalde swart leiers “Dubula ibhunu” of “Skiet die Afrikaners” sing, hoe meer moet ons hulle lief kry. Die godsdiensrubriekskrywer van Beeld, Neels Jackson, sing by wyse van spreke presies dieselfde deuntjie  as hy vandeesweek skryf dat Malema se haatspraak teen Afrikaners net sal verander as ons “‘n positiewe gesindheid teenoor alle Suid-Afrikaners” handhaaf. Met ander woorde, die Jood in die spreekwoordelike konsentrasiekamp by Auschwitz kon sy lot vrygespring het deur net ‘n meer “positiewe gesindheid” teenoor die Duitsers te hê. Of volgende keer as jy in jou huis of op jou plaas aangeval word, draai net die ander wang, bedank jou aanvallers dat hulle die moeite gedoen het om vir jou te kom “kuier” en dan sal alles regkom.

As dit nie so tragies was nie, sou ‘n mens jou elke dag kon doodlag vir die snert wat jy in Nasperskoerante kan lees.

Aanvalle op babas, die moord op Eugène Terre’Blanche en 3 300 ander boere, die teregstelling van dogtertjies soos die vyfjarige Danielle Esterhuysen wat deur twee Zimbabwiërs op haar ma se skoot doodgeskiet is, dit alles is normale manifestasies van liberale demokrasie soos ons dit in Suid-Afrika beleef en daarvoor moet ons die ander wang draai en ‘n “meer positiewe gesindheid” kweek. Aldus Naspers.

Geweld is aanvaarbaar solank Afrikaners maar die gedweë, masochistiese slagoffers daarvan bly. Maar as daar nou een ding is wat Naspers nie kan verdra nie, is dit die taalstryd. Vandat ons tien of meer jaar gelede begin betoog en agtiteer het oor die ongelyke behandeling wat Afrikaans van die staat ontvang, asook die berekende uitfasering van Afrikaanse skole en universiteite, het Naspers nog altyd net giftige, sarkastiese kommentaar op die “taalbulle” gehad. Ons is as “ou gryskoppe met grys skoene” verguis. In Beeld of Die Burger – ek kan nie meer onthou watter een van die twee nie – is ek ‘n “taaltollie” genoem, want selfs die stereotipe benaming “taalbul” was nie beledigend genoeg vir iemand wat jou werklikwaar vir sy moedertaal Afrikaans omgee nie.

Toe die taalkwessie ‘n faktor raak wat die openbare mening betref, het Naspers weer ‘n ander rigting ingeslaan en die sogenaamde “rassekaart” gespeel. ‘n Mens kon jou wel oor die taalkwessie uitspreek, solank jy net nie wit is nie. Of solank jy net nie op Afrikaans fokus nie, maar op die “elf amptelike tale”, asof enigiemand al ooit vir ‘n universiteit in Xhosa of Tswana gevra het.

Juis gister skryf Tim du Plessis, redakteur van Beeld, in sy weeklikse rubriek: “Lees gerus môre Marida Fitzpatrick se ‘Onder vier oë’ met Lionel (Adendorf):

“Dis wonderlik dat Adendorf se klaarblyklike passie vir Afrikaans uiteindelik nou losgelaat word en oorgaan in aksie.

Weliswaar is dit sy afkeer van wat hy noem wit Afrikaners se taalstryd wat hom tot aksie aangespoor het.”

Adendorf, ‘n ANC-lid en staatsamptenaar wat as skakelbeampte vir minister Noluthando Mayende-Sibiya werk, word deur Beeld beskryf as ‘n Jong bul in die taalstryd en Du Plessis beskou hom as ‘n moontlike redder van Afrikaans.

Net jammer Lionel Adendorf se kind praat of verstaan nie Afrikaans nie. Sy vrou is ‘n Xhosa, dus is hul huistaal Engels. Eendag gaan die driejarige Lumile Adendorf nog Afrikaans leer en dan sommer ‘n Afrikaanse skool en universiteit bywoon, as so iets teen daardie tyd nog bestaan.

Die feit dat hierdie “nuwe taalstryder” se huistaal nie eens Afrikaans is nie, is ‘n nietigheid. Tim du Plessis popel oor Lionel Adendorf se “Forum vir Swart Afrikaanssprekendes”: “Nou is daar uit ’n splinternuwe oord nog kampvegters vir Afrikaans. Dit kan mettertyd die hele tekstuur van die veldtog vir die behoud van Afrikaans verander.”

Adendorf se vereniging is glo gestig nadat hy my op ‘n oggendprogram op SABC2 gesien het. Soos hy dit in sy onderhoud met Beeld stel: “Dit het alles een Maandagoggend begin terwyl hy hier gesit en TV kyk het.

Dr. Dan Roodt van Praag was ’n ateljeegas op ’n oggendprogram ‘en toe praat hy namens alle Afrikaanse mense en Afrikaners en hy vermeng die tweetjies en ek sit hier en ek raak boos, want ek is Afrikaans, maar ek is nie ’n Afrikaner nie’.”

Trouens, volgens Adendorf het Afrikaners, nadat hulle anderhalf eeu lank ‘n taalstryd gestry het, 300 woordeboeke, Bybelvertalings, asook ‘n hele letterkunde, regspraak en geskiedenis in die taal geproduseer het, dit “vergiftig”. Hy stel dit so:

“Die taal het aansien verloor omdat die debat oor die taal vergiftig was deur die invloed van Afrikaner-nasionalisme.

Die forum het ten doel om dit te ontgif. Dit is die taal van nie-rassigheid, dit is die taal van versoening.”

Dit alles klink seker soos musiek in die ore van die Naspers-propagandiste. Stel jou voor: Afrikaans moet “ontgif” word want daar was te veel “wit mans” wat hulle met die taal bemoei het. Twee van die wit mans wat deur Adendorf in ‘n Burger-artikel uitgesonder word, is: “prof. Hermann Gilliomee van die US, en Dan Roodt, omstrede regse figuur”.

Naspers hou daarvan om etikette op mense te plak en die term “regse” is al die afgelope vyftig jaar ‘n gunsteling. As jy iemand met dáárdie teerkwas kan bykom, dan het jy so te sê die persoon se hele toekoms vernietig.

Die absurditeit van ‘n Afrikaanse “taalstryder” wat hom rig, nie teen Engelse taalimperialisme of owerheidsvyandigheid teen die taal nie, maar teen Afrikanertaalaktiviste en wie se eie kind nie eens Afrikaans verstaan nie, is so lagwekkend dat dit in ‘n satire of klug tuishoort.

Ongelukkig bestaan daar in Suid-Afrika ‘n nare werklikheid wat nie langer deur gemeenplasige skeltaal verdoesel of besweer kan word nie. Die land verkeer in ‘n laegraadse etniese konflik met geweld en rassespanning wat elke dag toeneem. Al was Naspers tien keer groter en magtiger as wat die maatskappy reeds is, kan hy eenvoudig nie aan hierdie werklikheid verander nie.

Op ‘n manier is Naspers reeds geïntegreer by die ANC en ZANU PF se wêreldbeskouing, by Malema en Mugabe se ewe absurde logika. Tydens Debra Patta se fameuse onderhoud met Malema, het hy beweer dat “Tokyo Sexwale arm is, hoewel hy oor miljoene in die bank beskik”. Net so dink Mugabe dat grondhervorming in sy land ‘n reusesukses is.

Dat Naspers se horde rubriekskrywers meen dat sadistiese Suid-Afrika ‘n normale, funksionele “demokrasie” is waar slegs ‘n “meer positiewe gesindheid van Afrikaners” die tierende geweld, onreg en korrupsie gaan stop, is deelagtig in dieselfde wêreldvreemde en siek logika.

Persoonlik is ek daarvan oortuig dat verandering in ons land nie meer ver is nie. Dit kan eenvoudig nie so aangaan nie. Een of ander tyd móét die damwal breek. Indien Afrikaners egter oor media, benewens die internet, beskik het wat ‘n konsekwente, helder standpunt kon inneem, sou verandering veel gouer kon plaasvind. Duisende lewens sou gered kon word. Daar sou veel gouer ‘n einde gemaak kon word aan diefstal, omgewingskade, selfverryking uit die staatskas, asook die haatspraak wat groepe teen mekaar opsweep.

Op grond van die keuses en standpunte wat Naspers, sy direksie en kommentators reeds ingeneem het, kan ‘n mens sê dat die maatskappy net so ‘n hegte band met die huidige orde onderhou as wat IG Farben met die Nazisme gehad het. Reeds gaan daar internasionaal onder denkende mense die kreet op dat ‘n volksmoord tans teen Afrikaners en Boere in Suid-Afrika gepleeg word.

Baie Afrikaners praat van ‘n Nürnberg-verhoor wat moet plaasvind om diegene te verhoor wat die huidige onreg teen ons pleeg, asook hulle wat daaraan medepligtig is.

In welke mate Naspers self medepligtig aan menseregtevergrype teen Afrikaners sou wees, is ‘n interessante morele, politieke en regsvraag wat in die nabye toekoms aan die orde mag kom.

районная стоматологическая поликлиникаФильчаков прокурор

‘n Insident wat die HNP help skep het

Dit is min of meer die jaar 1969.  Ek was ‘n arrogante student aan die UOVS.  Op daardie stadium was ek voorsitter van Huis Hendrik Verwoerd, lid van die studenteraad, voorsitter van die Kultuur-filosofiese Studiekring en redakteur van die teologiese blad Tussen Ons.  

Insgelyks was ek leier van die Raad van Afrikaner Studente (RAS), ‘n geheime organisasie, wat as teenvoeter vir ‘n ander geheime organisasie moes optree. Ons was regs en die ander organisasie ‘n stutorganisasie van die Nasionale Party.  Ons was Calvinisties, onder die leiding van prof. Piet Kock en van Herman Strauss.  Ons het geglo dat die beleid van afsonderlike ontwikkelling net kan werk as die eenheidstaat kan opsplits in ‘n verskeidenheid etniese state en dat die kultuurstate in ‘n konfederale verband ‘n Suider-Afrikaanse regstaat vorm.

In die Transvaal het leiers soos Albert Hertzog, Jaap Marais, en Willie Marais, Louis Stofberg, ontevrede geluide oor die rigtinglose leierskap van John Vorster gemaak.  By RAS het ons besluit om dr. Albert uit te nooi om ons te kom inlig.  Die gasheer sou die Kultuur Filosofiese Studiekring wees.  Ons “geestelike” leier, dr. Piet Kock, het my gewaarsku dat dr. Albert nie veel van die Calvinisme af weet nie.  Maar, die uitnodiging was reeds gerig en deur dr. Hertzog aanvaar.  Om my verleentheid te spaar het ek Pretoria toe gery om dr. Hertzog in persoon te vra om sy aanbieding oor die Calvinistiese boeg te gooi.

In Pretoria het ek dr. Hertzog en sy Engelse vrou in Waterkloof besoek.  Ons het uitgerekte gesprekke gehad.  Dr. Hertzog het my toe genooi om die toespraak vir Bloemfontein te skryf en aan hom voor te lê, wat ek gedoen het.

Notas nou nog in my besit het die volgende bevat:

·    Dat die Calvinistiese samelewingsleer die beginsel van soewereiniteit-in-eie-kring ontwikkel het.  Hiervolgens het God nie net eiesoortige plante, diere en mense geskep nie, maar ook eiesoortige instellinge van die samelewing (kerk, staat, en ander organisasies). Hierdie instellinge besit interne selfbeskikking.

·    Dat die Westminster-sisteem van denke individuele menseregte oorbeklemtoon, ten koste van kultuurinstellinge.

·    Dat ‘n volk in kultuurgevulde instellinge (huwelik, gesin, familie, ens.) tot uitdrukking kom en dus eiesoortigheid, veral binne ‘n plurale samelewing kan opeis.

Dr. Hertzog het getrou by my toespraak gebly en net daarop uitgebrei.  Die nasionale pers-koerante het natuurlik die vure aangeblaas en begin praat van ‘n studente-opstand teen Vorster se rigtinglose geploeter in modderwater.  Ek is in Bloemfontein uitgesonder en twee-drie studente in Pretoria het ‘n sg. “smeerbrief” teen Vorster versprei.  Hierop het Vorster sy bekende toespraak gemaak “hulle (daardie studente) kon ‘n toekoms gehad het, maar nou het hulle nie meer ‘n toekoms nie”.

  In Bloemfontein is ek gevra om by die Nasionale Jeugbond van die NP ‘n toespraak te hou.  Ek het Vorster se “uitwaartse beleid” trompop aangeval.  Die Sondagkoerant, Beeld, van daardie tyd, het my toespraak op die voorblad onder die kopskrif “Vuiste vir Vorster”  geplaas.  Daaropvolgend het die veiligheidspolisie, te same met die pro-NP-stutorganisasies ‘n veldtog teen my begin om te keer dat ek die volgende president van die Afrikaanse Studentebond word. ‘n Kolonel het prof. Herman Strauss gaan sien en versoek dat ek nie weer plek in ‘n koshuis kry nie.  “Landman ondermyn die regering”, was sy woorde.  Prof. Strauss het my, in die teenwoordigheid van Henry Lederle, nou ‘n professor in die teologie, iewers in die buiteland, ingelig.

In Kaapstad het dr. Albert Hertzog my toespraak gebruik om sy beroemde (of is dit berugte?) Calvinistiese toespraak te hou.  Hy het Vorster se beleid indirek aangeval.

Hierdie toespraak het daartoe gelei dat eerste minister Vorster vir dr. Hertzog laat roep het.  Dr. Albert is na Libertas, die ampswoning in Pretoria, ontbied.  Daar aangekom was mev. Vorster in die tuin.  Sy het aan dr. Albert gesê dat die Eerste Minister in die kamer op die tweede verdieping was.  Dr. Hertzog het geklop. Die klop was beantwoord met “kom binne”.  John Vorster het in sy onderbroek met gekruisde bene op die bed gelê.

Hy het dr. Hertzog versoek om te bedank.

Dr. Albert het botweg geweier en gewoon geantwoord dat Vorster dan maar sy kabinet moes skommel en hom wat Hertzog is uitlaat. Die koerante het gezoem en die joernalis-lakeie van die NP het geskryf en geskryf en geskryf … om die regte klimaat te skep vir die politieke isolasie van Albert, Hertzog, Jaap Marais en Willie Marais.

Toe kom die Transvaalse Kongres van die NP.  Ek was daar.  John Vorster se toespraak het die deur geopen na veelrassige sport.  Dr. Hertzog het opgestaan en betoog dat Vorster derhalwe dr. Verwoerd se sportbeleid wysig.  Vorster en sy napraters het betoog dat die sportbeleid dieselfde bly, maar dat Maori’s  wel ontvang sou word.  Hertzog het opgestaan en betoog dat dit die dun wig was wat die deur na veelrassigheid sou oopmaak.  ‘n Ordemosie, ‘n ou slenter, is voorgestel dat die debat gestaak word en dat daar gestem word. Die debat is kortgeknip.  Die stemvee van die NP het met ‘n tiental uitsonderinge vir die Vorster-beleid gestem.

Minister Botha was die voorsitter.  Hierop moes elke persoon wat teen die Vorster-beleidswysiging gestem het opstaan.  Hulle name en kiesafdelings is genoteer.  Langs my het ‘n organiseerder van die NP gesit.  My woorde aan hom was: “nou het die begin van die einde van die NP begin”.  Die Maandag daarop is die name van die dissidente op die voorblad van die NP-pers gepubliseer.

Dr. Hertzog het sy kiesafdelingsbestuur vir die daaropvolgende Saterdag byeen geroep.  In Ermelo aangekom, was dr. Hertzog verbaas om te sien dat minister Van Rensburg, as ek reg onthou, deur Vorster opdrag gegee is om die kiesafdelingsbestuur in te lig.  Dit sonder vooraf mededeling aan dr. Hertzog.

In kort: die tirannie van Vorster en die leierloosheid van die NP toe, het Albert Hertzog eintlik geen keuse gegee nie as om die NP te verlaat.  So het my woorde waar geword.  Vorster wat met sy onderbroek aan vir Hertzog probeer uitskop het, se diktatuur het die HNP tot stand laat kom.  Intussen het die onderbroek van Vorster aanleiding gegee tot die kortbroek van opvolgende leiers wat die Afrikaner uiteindelik kaalgat van sy land beroof het.

So terloops, een van die uitverkopers van die Afrikaner was lid van Ras, het Ras aan ‘n ander geheime organisasie uitverkoop om sy plek daarin te verseker en uiteindelik was dit juis hy, wat die lakei van De Klerk was, wat in die onderhandelinge gekapituleer het.  Julle weet wie dit is?  ‘n Jakkals verander van haar, maar nooit van streke nie.

масло для компрессора кондиционераАлександр Фильчаков Васильевич