Busbestuurders verdien tans meer as dokters

Privaat- sowel as staatsdokters gaan landswyd betoog teen lae besoldiging en prysregulasies. Dokters sal na die departement van gesondheid se kantore in Pretoria en Bisho in die Oos-Kaap stap, asook die stadsaal in Durban.

Hulle is ontevrede oor die vertragings in die implementering van die OSD, die okkupasiespesifieke dispensasie, wat 'n hersiende salarisstruktuur is. Hulle kla ook oor swak staatssalarisse en die aanbevelings wat aandui hoeveel privaat dokters behoort te vra.
 
Die Suid-Afrikaanse mediese vereniging, wat die betoging gereël het, hoop salarisse sal met ten minste 50% verhoog word met die implementering van die OSD en dat dit ook werksomstandighede sal verbeter.

Maar die departement van gesondheid het dié persentasie verwerp as arbitrêr.

Die Business Day het Vrydag berig dat busbestuurders nou meer verdien as junior dokters, nadat 'n ooreenkoms tussen Metrobus en SAMWU bereik is.

Volgens die ooreenkoms kry busbestuurders met meer as drie jaar ondervinding nou R8 800 per maand terwyl junior dokters R8 000 per maand verdien na ses jaar se studie.

справка в спортивнуюФильчаков прокуратура харьков

Nigeri?r jaag in sokkeropponente in

Image’n Ondersteuner van Manchester United in Nigerië het die dood van vier mense veroorsaak toe hy in sy minibus in ’n groep Barcelona-ondersteuners ingejaag het nadat sy sokkerspan die Kampioeneliga-eindstryd verloor het, het die polisie gister gesê.

Die groep in die dorp Ogbo het Barcelona se oorwinning gevier ná Woensdagaand se wedstryd toe die minibus in hulle ingejaag het.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê tien mense is beseer en die bestuurder is in hegtenis geneem.

“Die bestuurder het verby die groep gery en toe ’n U-draai gemaak en in hulle ingejaag,” het sy gesê.

Barcelona het Manchester United met 2-0 geklop in wat as ’n “droom-eindstryd” bestempel is tussen twee van Europa se beste spanne.

все о банелобановский депутат

Meer as 20 000 Tamil burgerlikes gedood in ‘n maand

Meer as 20 000 Tamil burgerlikes is deur die Sri Lankese regering om die lewe gebring om Asië se langste burgeroorlog te beëindig, het die Britse Times Vrydag berig.

Die getal is drie keer meer as die amptelike syfer. Vyandighede is beëindig toe die regering die Tamil Tiere oorweldigend verslaan het nadat hulle hulle daarvan beskuldig het dat hulle burgerlikes as menslike skilde gebruik.

Die Britse koerant maak op berekeninge staat wat hulle self gedoen het. Joernaliste is verbied om die konflik gebied te betree, en voorts dui vertroulike dokumente van die VN daarop dat 7 000 burgerlikes omgekom het in die geweldvrye gebied wat op 27 April afgebaken is.

Die Sri Lankese regering het opgehou om swaar wapentuig op 27 April te gebruik en het die geweldvrye gebied waar 100 000 burgerlikes geskuil het, eerbiedig.

Maar volgens lugfoto's, amptelike dokumente, kenners se ontledings en ooggetuies het die dodetal vanaf die einde van April gestyg na sowat 1 000 mense per dag tot 19 Mei, die dag nadat die leier van die Tamil Tiere Velupillai Prabhakaran gedood is.

Sri Lanka het die beweringe verwerp. Hulle het gesê geen burgerlikes is in bomaanvalle gedood nie. Hy het die sterftes aan die rebelle se handelinge toegeskryf.

Die VN se menseregtekommissaris Navi Pillay het aangedui dat 'n ondersoek na die beweerde misdrywe geloods sal word. Die Tiere het sedert 1972 'n veldtog vir 'n onafhanklike Tamiltuisland gevoer op die eiland waar die Sinhalese die meerderheid verteenwoordig. Die befondsing vir die Tiere se stryd het van buite gekom.

самые красивые каминыФільчаков прокурор

Indiese ho?kommissaris roskam Australi? oor rassisme

Indië se top diplomaat in Australië het Vrydag verklarings van die polisie verwerp dat rassisme nie 'n faktor in 'n golf van geweld teen studente van die subkontinent is nie.

Die Indiese hoëkommissaris in Australië Sujatha Singh het na afloop van 'n ontmoeting met die Australiese polisie gesê daar sal meer patrollies in konflikareas in Melboerne wees om aanvalle teen Indiërs die hoof te bied. Die reeks aanvalle het 'n uitbarsting in Indië veroorsaak.

Die skuif kom na ongekende druk van Nieu-Delhi. Minister van buitelandse sake S.M. Krishna het geëis dat Indiese studente deur Australiese owerhede opgepas word in dié land se stweede grootste stad.

Die aanvalle kom reeds vir meer as 'n jaar lank voor, maar die onlangse aanval op 'n student, Sravan Kumar Theerthala, wie se lewe aan 'n draadjie hang nadat hy met 'n skroewedraaier by 'n partytjie gesteek is, was die lasste strooi.

Die Australiese polisie het deurentyd ontken dat ras 'n rol in die aanvalle speel, en gesê dit is toeval dat Indiese studente eenvoudig dikwels hulleself op die verkeerde tyd en plek bevind. Hulle reis dikwels laat in nag en dra items soos selfone en iPods met hulle saam.

Singh het die verklarings verwerp na haar ontmoeting met senioroffisiere, en gesê Indiese studente word geteiken vanweë rassisme.

"Daar is 'n rassitiese element berokke by sommige aanvalle, alhoewel baie aanvalle opportunisties is," het sy gesê. Sy het gesê sy sal polisieoptrede fyn dophou en het studente aangemoedig om haar te kontak indien die ondersoeke nie bevredigend verloop nie sodat sy hulle stryd kan ondersteun.

Nog 'n student Jayasanka Bagpelli, wat ook by die partytjie was waar Theerthala getseek is, het die polisieverklaring dat ras geen rol speel nie, verwerp.

Hy sê Indiërs is aangesê om die partytjie te verlaat, voordat die skroewedraaier gaan haal is. Theerthala is in die kop gesteek en is tans in die intensiewe eenheid van die Melbourne Royal-hospitaal.

Eerste minister Kevin Rudd het gesê hy het geloof dat die polisie hulle werk na die beste van hulle vermoë sal doen.

casiono onlineлобановский александр игоревич харьков

EU besorg oor plaasbesettings in Zim

Die Europese Unie is nog nie gereed om normale verhoudinge met Zimbabwe te hervat of hulp te gee nie, ten spyte van  "positiewe verwikkelinge" in die politiek van die land.

In 'n brief wat aan John Kaputin, sekretaris-generaal van die Afrika-, Karribië- en Oseanië-blok lande het die EU aangedui dat hulle die situasie met "gespanne aandag volg in die hoop dat 'n nuwe fase van stabiliteit, respek vir menseregte en die reg asook ekonomiese ontwikkeling sal aanbreek".

Hulle het egter benadruk dat die pas waarmee die nuwe regering kan lewer aan die mense van Zimbabwe 'n groot rede tot kommer bly, binnelands sowel as vir die internasionale gemeenskap.

In die brief word die hoop uitgespreek dat die "dialoog" wat president Mugabe in Maart voorgestel het, "dit moontlik maak om 'n padkaart van wedersydse ondernemings daar te kan stel," wat "hopelik uiteindelik daartoe sal lei dat volle samewerking weer vorentoe hervat sal kan word".

Só 'n stap sal lei tot die herbeskikbaarstelling van ontwikkelingshulp wat 'n aantal jare reeds bevries is. Op die oomblik kan die EU slegs humanitêre hulp stuur aan die mense. In 2007 is 90 miljoen euro bewillig.

Die Europese Unie en die VSA handhaaf steeds 'n reisverbod op Mugabe en sy binnekring, en het ook hulle bates bevries uit protes teen die kontroversiële verkiesings en menseregteskendings deur sy regering.

"n EU-afvaardiging wat Zimbabwe Donderdag besoek het, het gesê daar is "besliste vooruitgang" deur die eenheidsregering, maar het 'n beroep gedoen op die owerhede om plaasbesettings te stuit.

Xavier Marchal, hoof van die afvaardiging, het gesê die Europese Kommissie en die EU voel dat "die regering 'n moratorium op plaasbesettings behoort aan te kondig".

"Indien daar nie eiendomsreg geld nie, is die investeringsklimaat nie reg nie. Beleggers sal nie wil kom om te belê in hierdie land nie," het Marchal aan verslaggewers gesê nadat hy adjunk-minister Arthur Mutambara ontmoet het.

Sekere Westerse lande handhaaf sanksies teen Zimbabwe en sal slegs van standpunt verander indien Mugabe sy koers verander. Landbou, mynbou en vervaardiging het totaal in duie gestort in die land.

лампы внутреннего освещенияалександр лобановский харьков

Genetiese verskille bepaal glo keuses

Wanneer dit kom by die kies van 'n lewensmaat, is dit klaarblyklik waar dat teenoorgesteldes mekaar aantrek.

Wetenskaplikes het in ’n Brasiliaanse studie bevind dat mense onbewustelik meer geneig is om ’n lewensmaat te kies wie se genetiese samestelling van hul eie verskil.

Daar is bewyse dat egpare ’n groter waarskynlikheid het om genetiese verskille te hê in die MHC-streek, ’n DNS-streek wat die immuunstelsel beheer, as paartjies wat lukraak met mekaar vergelyk is.

“Dié verskynsel is waarskynlik ’n evolusionêre strategie om gesonde voortplanting te verseker, aangesien genetiese verskeidenheid voordelig vir babas is,” het dr. Maria da Gra?Bicalho en haar kollegas van die Universiteit van Parana in Brasilië gesê.

“Hoewel ons graag wil glo mense kies mekaar oor ooreenkomste, dui ons navorsing dit is eerder die verskille wat suksesvolle voortplanting verseker.

“Dit dui verder die onbewustelike strewe na gesonde kinders is ’n belangrike faktor in die uitkies van ’n lewensmaat.”

Wetenskaplikes het gesê dit is nog onduidelik watter seine jou liggaam uitstuur om mense wat geneties van jou verskil na jou toe aan te trek, maar liggaamsreuk of selfs gesigstruktuur kan moontlik ’n rol speel.

Bicalho, wat haar bevindinge Maandag by ’n konferensie van die Europese Gemeenskap van Menslike Genetika in Wene sal voorlê, het gesê haar span het genetiese data van 90 egpare met dié van 152 lukraak-gegenereerde kontrolepaartjies vergelyk.

Hulle het bevind egpare het beduidend meer verskille in die MHC-streek getoon.

медсправка форма 086-уФільчаков Олександр Васильович прокурор

Twee Koreas wys weer tande

Image

VSA en Suid-Korea oefen saam

Suid-Koreaanse magte het hule gereedheidsgrondslag Donderdag tot die hoogste vlak opgeskuif sedert 2006 nadat Noord-Korea aangekondig het hulle alle vaartuie wat hulle skepe wil onderskep, sal aanval.

In antwoord het Suid-Korea aangekondig dat hulle by die 90 lande wat aangebied het om vaartuie te inspekteer omdat hulle moontlik verbode wapens dra, sal aansluit.

Noord-Korea het aangedui dat die Suide se deelname aan die VSA se Proliferasie Veiligheidsinisiatief, 'n prelude is tot 'n seeblokkade en dat dit die vooruitsig van 'n seegeveg in sy westelike waters sal verhoog.

Die Noorde het Woensdag aangekondig dat hulle die wapenstilstand van 1953, die einde van die Koreaanse Oorlog, sal ophef. Die amptelike media het Donderdag laat blyk dat hulle voorberei op 'n Amerikaanse aanval.

Die VSA ontken dat hulle 'n militêre aanval beplan. Die Rodong Sinmun-koerant, die hoof nuusbron in die Noorde, het in 'n hoofberig gesê dat 'n toevallige skermutseling tot 'n kernoorlog kan lei.

Die twee Koreas verkeer tegnies steeds in 'n staat van oorlog aangesien die wapenstilstand nooit deur 'n vredesverdrag opgevolg is nie.

Daar is tans 28 500 Amerikaanse troepe in Suid-Korea en 50 000 in Japan. Hulle is binne bereik van Noord-Korea se missiele. 'n Woordvoerder van die Suid-Koreaanse magte, wat anoniem gebly het soos regeringsriglyne vereis, het gesê hulle het lugafweermissiele en artillerie opgeskerp by basisse naby die westelike seegrens met Noord-Korea.

'n Torpedojaer is ook ontplooi volgens die JoongAng Ilbokoerant, die grootste nuusbron in die Suide. Die Suide het aangedui dat hulle streng teen die Noorde se provokasie sal optree en het gesê tesame met die VSA sal hulle 'n aanval kan afweer.

Noord-Korea het in 2003 en 2006 ook die wapenstilstand opgehef. Die wapenstilstand dek egter nie die westelike kus nie en Noord-Korea het in 1999 en 2002 die maritieme dispuut gebruik om twee dodelike seeaanvalle uit te lok.

Hillary Rodham Clinton het reeds gewaarsku dat daar "gevolge" sal wees maar dit is steeds onduidelik watter optrede die Veiligheidsraad beplan. Die vyf permanente Veiligheidsraadlidlande asook Japan en Suid-Korea het Dinsdag moontlike sanksies en stappe bespreek vir 'n nuwe Veiligheidsraadresolusie.

'n Diplomaat wat by die gesprekke betrokke is maar wat anoniem wou bly, het aangedui dat Rusland en China dit eens is dat stappe geneem sal moet word.

Japan se eerste minister Taro Aso het gesê Japan mag dalk hulle eie sanksies instel, maar sal wag om te sien wat die inhoud van die VN se voorstelle is.

Bells on FireФільчаков Олександр Васильович прокурор

China gaan brandstofbesparing aanmoedig

Die Chinese regering is bekommerd oor China se afhanklikheid van ingevoerde ruolie en het brandstofbesparingstandaarde aangekondig wat selfs meer streng is as dië wat president Obama verlede week bekend gemaak het.

Onder die nuwe plan sal Chinese motorvervaardigers brandstofverbruik met 18% moet verbeter teen 2015 het 'n hoofbeplanner van China se brandstofbesparingsmaatreëls aangedui. Die plan sal vroeg volgende jaar bekend gestel word.

Die gemiddelde brandstofverbruik van gesinsmotors is aansienlik laer as in die VSA, omdat belastings wat op inhoudsmaat gehef word, veroorsaak dat mense kleiner voertuie aanskaf.

Klein motortjies betaal tans slegs 1% aan verkoopsbelasting, terwyl viertrekmotors 40% moet opdok.

Talle besluitnemers in China sien 'n strategiese en geopolitieke behoefte om China se olie-invoere te beperk. Verhoogde aanvraag beteken reeds dat China drie-vyfdes van hulle olie moet invoer, waar die land tot 1995 selfvoorsienend was.

Die olie word daarbenewens langs seeroetes vervoer wat deur die VSA se vloot beheer word en is afkomstig uit lande wat polities onstabiel is. Dan is daar ook die kwessie van besoedeling en dat China moet help om aardverwarming te beheer met behulp van strenger brandstofbesparingsmaatreëls.

Die details van China se nuwe plan gaan Chinese motorvervaardigers bevoordeel bo multinasionale vervaardigers, sê kenners. In die segmente waar multinasionale vervaardigers teenwoordig is, naamlik in die middelslag en klein sektor, gaan die nuwe bepalings tot 26% se brandstofbesparing vereis. In die heel klein voertuigmark waar China uitblink, gaan net 9% vereis word aan besparing.

Kenners meen Japannese, Koreaanse en Duitse motorvervaardigers gaan waarskynlik oorweeg om die heel klein mark te betree indien hulle sukkel om aan die nuwe standaarde te voldoen.

купить инструмент для шиноремонтатопкарго отзывы