Hulle is ontevrede oor die vertragings in die implementering van die OSD, die okkupasiespesifieke dispensasie, wat 'n hersiende salarisstruktuur is. Hulle kla ook oor swak staatssalarisse en die aanbevelings wat aandui hoeveel privaat dokters behoort te vra.
Die Suid-Afrikaanse mediese vereniging, wat die betoging gereël het, hoop salarisse sal met ten minste 50% verhoog word met die implementering van die OSD en dat dit ook werksomstandighede sal verbeter.
Maar die departement van gesondheid het dié persentasie verwerp as arbitrêr.
Die Business Day het Vrydag berig dat busbestuurders nou meer verdien as junior dokters, nadat 'n ooreenkoms tussen Metrobus en SAMWU bereik is.
Volgens die ooreenkoms kry busbestuurders met meer as drie jaar ondervinding nou R8 800 per maand terwyl junior dokters R8 000 per maand verdien na ses jaar se studie.
