Die Indiese hoëkommissaris in Australië Sujatha Singh het na afloop van 'n ontmoeting met die Australiese polisie gesê daar sal meer patrollies in konflikareas in Melboerne wees om aanvalle teen Indiërs die hoof te bied. Die reeks aanvalle het 'n uitbarsting in Indië veroorsaak.
Die skuif kom na ongekende druk van Nieu-Delhi. Minister van buitelandse sake S.M. Krishna het geëis dat Indiese studente deur Australiese owerhede opgepas word in dié land se stweede grootste stad.
Die aanvalle kom reeds vir meer as 'n jaar lank voor, maar die onlangse aanval op 'n student, Sravan Kumar Theerthala, wie se lewe aan 'n draadjie hang nadat hy met 'n skroewedraaier by 'n partytjie gesteek is, was die lasste strooi.
Die Australiese polisie het deurentyd ontken dat ras 'n rol in die aanvalle speel, en gesê dit is toeval dat Indiese studente eenvoudig dikwels hulleself op die verkeerde tyd en plek bevind. Hulle reis dikwels laat in nag en dra items soos selfone en iPods met hulle saam.
Singh het die verklarings verwerp na haar ontmoeting met senioroffisiere, en gesê Indiese studente word geteiken vanweë rassisme.
"Daar is 'n rassitiese element berokke by sommige aanvalle, alhoewel baie aanvalle opportunisties is," het sy gesê. Sy het gesê sy sal polisieoptrede fyn dophou en het studente aangemoedig om haar te kontak indien die ondersoeke nie bevredigend verloop nie sodat sy hulle stryd kan ondersteun.
Nog 'n student Jayasanka Bagpelli, wat ook by die partytjie was waar Theerthala getseek is, het die polisieverklaring dat ras geen rol speel nie, verwerp.
Hy sê Indiërs is aangesê om die partytjie te verlaat, voordat die skroewedraaier gaan haal is. Theerthala is in die kop gesteek en is tans in die intensiewe eenheid van die Melbourne Royal-hospitaal.
Eerste minister Kevin Rudd het gesê hy het geloof dat die polisie hulle werk na die beste van hulle vermoë sal doen.
