Meer as 20 000 Tamil burgerlikes gedood in ‘n maand

Meer as 20 000 Tamil burgerlikes is deur die Sri Lankese regering om die lewe gebring om Asië se langste burgeroorlog te beëindig, het die Britse Times Vrydag berig.

Die getal is drie keer meer as die amptelike syfer. Vyandighede is beëindig toe die regering die Tamil Tiere oorweldigend verslaan het nadat hulle hulle daarvan beskuldig het dat hulle burgerlikes as menslike skilde gebruik.

Die Britse koerant maak op berekeninge staat wat hulle self gedoen het. Joernaliste is verbied om die konflik gebied te betree, en voorts dui vertroulike dokumente van die VN daarop dat 7 000 burgerlikes omgekom het in die geweldvrye gebied wat op 27 April afgebaken is.

Die Sri Lankese regering het opgehou om swaar wapentuig op 27 April te gebruik en het die geweldvrye gebied waar 100 000 burgerlikes geskuil het, eerbiedig.

Maar volgens lugfoto's, amptelike dokumente, kenners se ontledings en ooggetuies het die dodetal vanaf die einde van April gestyg na sowat 1 000 mense per dag tot 19 Mei, die dag nadat die leier van die Tamil Tiere Velupillai Prabhakaran gedood is.

Sri Lanka het die beweringe verwerp. Hulle het gesê geen burgerlikes is in bomaanvalle gedood nie. Hy het die sterftes aan die rebelle se handelinge toegeskryf.

Die VN se menseregtekommissaris Navi Pillay het aangedui dat 'n ondersoek na die beweerde misdrywe geloods sal word. Die Tiere het sedert 1972 'n veldtog vir 'n onafhanklike Tamiltuisland gevoer op die eiland waar die Sinhalese die meerderheid verteenwoordig. Die befondsing vir die Tiere se stryd het van buite gekom.

самые красивые каминыФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae