EU besorg oor plaasbesettings in Zim

Die Europese Unie is nog nie gereed om normale verhoudinge met Zimbabwe te hervat of hulp te gee nie, ten spyte van  "positiewe verwikkelinge" in die politiek van die land.

In 'n brief wat aan John Kaputin, sekretaris-generaal van die Afrika-, Karribië- en Oseanië-blok lande het die EU aangedui dat hulle die situasie met "gespanne aandag volg in die hoop dat 'n nuwe fase van stabiliteit, respek vir menseregte en die reg asook ekonomiese ontwikkeling sal aanbreek".

Hulle het egter benadruk dat die pas waarmee die nuwe regering kan lewer aan die mense van Zimbabwe 'n groot rede tot kommer bly, binnelands sowel as vir die internasionale gemeenskap.

In die brief word die hoop uitgespreek dat die "dialoog" wat president Mugabe in Maart voorgestel het, "dit moontlik maak om 'n padkaart van wedersydse ondernemings daar te kan stel," wat "hopelik uiteindelik daartoe sal lei dat volle samewerking weer vorentoe hervat sal kan word".

Só 'n stap sal lei tot die herbeskikbaarstelling van ontwikkelingshulp wat 'n aantal jare reeds bevries is. Op die oomblik kan die EU slegs humanitêre hulp stuur aan die mense. In 2007 is 90 miljoen euro bewillig.

Die Europese Unie en die VSA handhaaf steeds 'n reisverbod op Mugabe en sy binnekring, en het ook hulle bates bevries uit protes teen die kontroversiële verkiesings en menseregteskendings deur sy regering.

"n EU-afvaardiging wat Zimbabwe Donderdag besoek het, het gesê daar is "besliste vooruitgang" deur die eenheidsregering, maar het 'n beroep gedoen op die owerhede om plaasbesettings te stuit.

Xavier Marchal, hoof van die afvaardiging, het gesê die Europese Kommissie en die EU voel dat "die regering 'n moratorium op plaasbesettings behoort aan te kondig".

"Indien daar nie eiendomsreg geld nie, is die investeringsklimaat nie reg nie. Beleggers sal nie wil kom om te belê in hierdie land nie," het Marchal aan verslaggewers gesê nadat hy adjunk-minister Arthur Mutambara ontmoet het.

Sekere Westerse lande handhaaf sanksies teen Zimbabwe en sal slegs van standpunt verander indien Mugabe sy koers verander. Landbou, mynbou en vervaardiging het totaal in duie gestort in die land.

лампы внутреннего освещенияалександр лобановский харьков