SAL-hoof kry miljoene

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Khaya Ngqula, die lugdiens se voormalige uitvoerende hoof, altesame R13,651 miljoen in die afgelope finansiële jaar betaal.

Die syfer het Dinsdag aan die lig gekom toe die lugdiens se jaarverslag aan die parlement voorgelê is.

Ngqula het ’n salaris van R3,831 miljoen gekry en afleggingsbetalings van R9,35 miljoen.

Die res was pensioen-bydraes en ’n retensiebetaling.

Die voorsitter van die SAL se direksie, Jakes Gerwel, het Maandag gesê vordering word gemaak met die ondersoek na beweerde wanbestuur deur Ngqula.

Die ouditeursfirma KPMG het reeds ’n voorlopige verslag voltooi wat aan die SAL se direksie oorhandig is.

’n Forensiese verslag is egter nog nie voltooi nie.

 

игрушки днепропетровскданильченко юрій Харків

Maselepidemie dreig in Johannesburg

Sowat 48 gevalle van masels is die afgelope maand in Johannesburg aangemeld, het owerhede Dinsdag bevestig.

“Sedert die begin van September is 48 gevalle reeds in Johannesburg alleen aangemeld. Alle dele van die stad is deur die uitbraak geaffekteer,” het Nkosinathi Nkabinde, woordvoerder van die stad Johannesburg, gesê.

Vanaf Januarie tot Augustus was daar slegs 11 gevalle aangeteken.

“Sommige van die persone wat deur masels geaffekteer is, is wel voorheen ingeënt. Almal loop dus die gevaar om die siekte te kry,” het Nkabinde gesê.

Simptome sluit in ‘n hoë koors, uitslag, loopneus en rooi, krapperige oë.

“Hierdie is ‘n baie ernstige siekte en kan in sommige gevalle tot blindheid, doofheid, breinskade en selfs die dood lei. Dit kan enigiemand, insluitend volwassenes, affekteer.”

Persone wat enige simptome ervaar moet dadelik ‘n dokter besoek sodat die verspreiding van die virus beperk kan word.

 

ігра для дівчатАлександр Фильчаков прокурор

Moet Obama vermoor word, vra Facebook-peiling

Die Amerikaanse geheimediens het ‘n ondersoek ingestel na ‘n peiling wat op die gewilde netwerk Facebook gedoen is wat vra of president Barack Obama vermoor moet word.

Dié peiling is deur ‘n gebruiker gedoen.

Die stemlys, genaamd “Moet Obama vermoor word?”, is Maandag van die blad verwyder en volgens ‘n woordvoerder vir die geheimediens het hulle saam met Facebook gewerk om die peiling te verwyder.

Die geheimediens het ‘n ondersoek begin instel omdat enige vorm van dreigemente teen die president ‘n misdaad is.

Die opsies in die peiling was “ja”, “miskien”, “as hy my gesondheidsorg belemmer” en “nee”.

‘n Woordvoerder vir Facebook sê dié maatskappy weet nie wie die peiling begin het nie en ook nie wie gestem het nie.

Tot die peiling verwyder is het dit sowat 730 stemme gewerf maar die uitslae is nie bekend gemaak nie.

Kenners het gewaarsku teen die toenemende gewelddadige deklamasie teen Obama wat deur die president se nuut beplande gesondheidsplan aangespoor word.

 

реглан для девочки 4 летлобановский александр дочь

Wie se land is dit hierdie?

Dis maklik om die semi-retoriese vraag in die opskrif hiervan te beantwoord. Dis beslis nie meer die blankes se land nie. Ons is soos geskeide pa’s wat onderhoud betaal aan die ma’s wat alleentoesig oor die kinders verkry het. Jy het geen of min regte nie, maar jy moet wel betaal.

Alhoewel ons steeds die meerderheid persoonlike belasting betaal, het ons hoegenaamd geen insae in hoe dit bestee word nie, omdat verkiesings ‘n sinnelose rassesensus is. Die voorgestelde naamsverandering van Pretoria na Aapstad sou byvoorbeeld ‘n paar jaar gelede glo sowat ‘n miljard rand gekos het. Ons, die blanke betalers van die groot meerderheid erfbelasting in Pretoria, is agv demografiese verswelging nie in staat om hierdie kulturele vandalisme, wat téén ons gemik is, te stuit nie.

Voorts word dit daagliks duidelik gemaak presies hóé onwelkom blankes en veral blanke mans hier is. Tweedeklasburgers begin nie eens om dit te beskryf nie. Slaan bloot die koerante se vakatureblaaie oop om te sien hoeveel advertensies vir poste dit duidelik stel: “EE only.” (Lees: blanke mans hoef nie aansoek te doen nie.) Meer as ‘n miljoen van ons onwelkomes, sowat 20% van die totaal, het reeds geëmigreer.

Nou goed, siende dat dit nie meer my en my mede-onwelkomes se land hierdie is nie, wie se land is dit dan? Sou dit nie logies wees om te sê dis deesdae diegene met politieke en demografiese mag s’n nie? (Laasgenoemde is veral in Afrika meestal dieselfde ding – stamdemografie is mag.) Van die meer radikale stemme in swart geledere meen tog so. As jy deel is van die groep wat die land besit, gaan jy dienooreenkomstig optree, nie waar nie? Jy gaan byvoorbeeld warm gevoelens van patriotisme ervaar, en soos Winnie, Julius en Leonard diegene wat nie jubel oor Caster Semenya se goue medalje nie, as onpatriotiese rassiste afmaak.

Vir buitestaanders kan dit miskien vreemd wees dat die huidige besitters van die land, hul eie land dikwels so erg bemors en verniel. Waarom sou jy letterlik jou eie nes bevuil deur onnadenkend rommel te wil strooi? Gaan stap byvoorbeeld in Paul Kruger- of Bosmanstraat in Pretoria naby die stasie, en gaan kyk hoe absoluut smerig dit daar is. Daardie rommel word deur iemand gestrooi, en daardie iemand is beslis nie slegs die vervreemde komponent van die bevolking nie. Daar is plakkers in dieselfde omgewing wat op die stoepe van kantoorgeboue slaap tussen die vieslikste rommel, urine en menslike ontlasting, wat die plakkers self daar strooi.

Voorts sou sommiges die vandalistiese optrede van die land se besitters in plekke soos Standerton onverklaarbaar vind. Oproeriges het hul eie stadsaal asook ‘n biblioteek aan die brand gesteek. Dit was nie die vervreemde komponent van die bevolking se biblioteek of stadsaal nie. Die vervreemdes sal nie geraak word daardeur nie, buiten dat hulle as belastingmelkkoeie sal moet opdok om die skade te herstel. Die huidige besitters van die land is diegene wat regstreeks deur hierdie soort optrede geraak sal word. Dit is hulle veelvuldige kinders wat sonder toegang tot ‘n biblioteek vir skooltake sal moet klaarkom. Voorts is dit ‘n gegewe dat hierdie einste brandstigters vir hul eie “bevryders”, die ANC, gestem het, diegene wat regstreeks verantwoordelik is vir die gebrekkige dienslewering waaroor die vandale protesteer.

Ek vind bostaande optrede persoonlik nie heeltemal so vreemd nie. Bederf ‘n kind, koop vir hom als wat sy hartjie begeer, en jy sit met ‘n bedorwe brokkie wat niks waardeer nie. Dit is insgelyks dikwels die geval dat diegene wat so vernielsugtig is, juis die einstes is wat nog nooit enige persoonlike of erfbelasting betaal het nie. Hulle het daardie biblioteek en stadsaal waarskynlik op ‘n skinkbord voor 1994 gekry, met komplimente van die huidige onwelkome belastingbetaler. Mens het hoeka nie respek of waardering vir goed waarvoor jy nie self gewerk het nie. Die enigste gevolgtrekking wat mens hieruit kan maak, is dat die vorige bedeling se pogings tot medemenslikheid en ontferming teenoor die armes ‘n onding was, wat regstreeks tot die huidige vernielsugtigheid het. Dit was ongetwyfeld ‘n wrede, rassistiese komplot deur die neo-imperiale blanke onderdrukkers om grootskeepse ondankbaarheid onder die huidige besitters van die land te kweek, deur vir hulle infrastruktuur te verskaf waarvoor hulle nie self nodig gehad het om te betaal nie.

Dit is, kortom, apartheid en witmense se skuld dat Pretoria se middestad smerig is en die biblioteek in Standerton afgebrand is.

Lees ook Anton Barnard se woernaal, SAmizdat.

светильник настенно потолочный светодиодный supernovaФильчаков прокурор харьков

Sappige aarbeie

{jathumbnail off}

Hier is nou ‘n maklike slaai vir twee mense. Boonop is daar ‘n spesiale aanbod op lekker sappige aarbeie by die groentewinkel wat dit ook ‘n sakpasete maak.

AARBEI, FETA EN SPINASIESLAAI

‘n Klein houertjie aarbeie, stingels verwyder en gehalveer.
Rangskik op ‘n handvol babaspinasieblare.
Krummel ‘n skyfie fetakaas oor die aarbeie en spinasie en ‘n paar okkerneute. Pekanneute sal net so goed deug.
Sprinkel ‘n bietjie framboosgegeurde asyn oor die slaai en druiwepitolie na smaak.

Geniet!

‘n Vars brroodrolletjie met botter en dun snytjie salami daarby sal die hongeriges tevrede stel.

купить велосипед украинаФільчаков Олександр Васильович

Loods het voorheen in ‘n huis ingeploeg

Die loods wat met sy vliegtuig in ‘n skoolheining ingeploeg het in Merebank, KwaZoeloe-Natal, het voorheen ‘n ander vliegtuig in die dak van ‘n woonhuis vasgevlieg.

Volgens die Suid-Afrikaanse Burgerlike lugvaartowerhede se verslag het kaptein Alistair Freeman en sy vyf passasiers op 21 Augustus 2005 vanaf Manzengwenya-lughawe opgestyg met ‘n huurvlug na Virginia-lughawe.

Ten spyte van die motreën, het die loods herhaaldelik aan die lugbeheertoring laat weet dat sy sig goed is, maar het daarna in ‘n woonhuis vasgevlieg.

Freeman, wat tans in die hospitaal aansterk, kan nog nie praat nie vanweë gesigsbeserings.

Hy het veelvuldige beserings opgedoen nadat hy met die 29-sitplek turbo-prop Jetstream 41 van SA Airlink ‘n noodlanding op ‘n skoolgrond moes doen. Die vliegtuig het geen passasiers aan boord gehad nie en het van Durban Internasionale lughawe opgestyg oppad na Pietermaritzburg.

Lugvaartbeheer het rook gesien wat uit een van die enjins geborrel het en die kajuit het daarna ‘n verlies aan krag gerapporteer. Die vliegtuig het in drie stukke gebreek nadat dit die grond getref het, 400m van die lughawe.

Die skool was gesluit aangesien dit Erfenisdag was en geen kinders was op die speelgrond nie.

 

jewellery fortopcargo отзывы сотрудников

Rooi is die kleur van die toekoms

Nuus wat so stuk-stuk na vore kom vanuit die vakverbond, Cosatu, se kongres dui onteenseglik daarop dat die spanning in Alliansiegeledere nie met die regeringsverandering verdwyn het nie. Die arbeidsbeen van die regering het sy gunstelinge in die ANC en nog ‘n hele paar swartskape wat nie saam met Thabo Mbeki verdwyn het nie.

Die grootste sondebok vanuit Cosatu se perspektief is klaarblyklik Trevor Manuel. Dit was nie goed genoeg dat mnr Manuel as minister van Finansies uitgeskuif is nie, hy moet uit!

Daar is ernstig vrae gevra oor die rol van die Nasionale Beplanningskommissie teenoor die minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel, wat duidelik deur Cosatu verkies word. Die resolusie wat uiteindelik aanvaar is, nadat een van die klousules wat mnr Manuel direk aanval, geskrap is, bevestig wat Radio Pretoria vroeër die week in Nuuskommentaar gesê het, naamlik dat rooi steeds die kleur van die toekoms in Suid-Afrika is.

Die resolusie lui dat: “Die tesourie se jarelange blinde geloof in markkragte en die minimalistiese rol van die staat in die ekonomie het die regering van ‘n geleentheid beroof om ordentlike beplanningsvermoë op te bou.” In die resolusie word dan gevra dat mnr Patel bemagtig moet word om mikro- en makro-ekonomiese beplanning te doen.

Markkragte is in die eerste plek nie iets waarin ‘n mens hoef te glo nie. Dit is ‘n ekonomiese bewysbare konsep. Dit gaan oor aanbod, aanvraag en prys en vorm die grondslag van enige groeiende ekonomie. Om verder te beweer dat die beperking van die staat se vermoë om in die ekonomie in te meng, tot nadeel van die land was, grens aan die belaglike.

Enige een hoef maar net om hom rond te kyk om te sien dat waar die staat meer betrokke is en meer inmeng, daar ook meer chaos is. Waarom is daar deesdae op bykans elke dorp ‘n belastingbetalersvereniging wat na sekere dienste omsien, waarom is daar soveel privaatskole,

Waarom is daar meer sekuriteitsbeamptes as polisiemanne en waarom koop mense gebottelde water?

Die geopolitieke ontleder, dr Jan du Plessis, het onlangs in ‘n toespraak op TLU SA se jaarkongres verduidelik hoe die staat besig is om te verval. Ons sit reeds met ‘n regering sonder inhoud, maar as dit van Cosatu afhang sal die besluitnemingsrol van die regering al groter word op elke terrein van die lewe.

Hierdie groter mate van beïnvloeding moet ook saamgelees word met sekere Cosatu-leiers se aandrang dat Cosatu op sy eie ook kandidate vir ‘n volgende verkiesing moet stel. Dié resolusie is vir eers van die baan, maar dit sal beslis weer opduik.

Ondertussen is dit ‘n duidelike rigtingwyser, selfs ‘n dreigement, aan die ANC-president Jacob Zuma dat hy nie te ver van sy magsbasis af mag beweeg nie. In Afrika praat getalle.

 

casino sign up bonusАлександр Фильчаков Васильевич

Alonso loop na Ferrari oor

Die voormalige wêreldkampioen Fernando Alonso, wat die afgelope twee seisoene vir Renault gejaag het, het so pas ‘n kontrak met Ferrari geteken. Dit sal amptelik aanstaande Donderdag bekendgemaak word.

Die 28-jarige Spanjaard sal van 2010 af vir die rooi span jaag. Alonso sal Felipe Massa se spanmaat wees; dit beteken egter dat die ysman Kimi Raikkonen sy plek in die Italiaanse span kwyt is. Raikkonen sal bes moontlik na Mclaren terugkeer want Lewis Hamilton is van volgende jaar af sonder ‘n spanmaat. Heikki Kovalainen wat tans by Mclaren diens doen, gaan skuif!

Jenson Button moontlik wêreldkampioen

Die Britse renjaer Jenson Button kan moontlik die bestuurderstitel in die sakkie sit tydens die Japannese formule-eenwedren eerskomende naweek. As Button die wederen wen en Barichello eindig vierde of laer is die titel syne. As die Brasiliaan Sondag ‘n plek laer as sesde behaal, hoef Button net tweede te kom om die kampioen te wees! Glo dit of nie, as Barrichello agtste eindig, het die Brit eintlik net ‘n derde plek nodig om die titel te wen.

no deposit win real moneyДанильченко Юрий Харьков

Fratsvloede tref Pretoria

Talle paaie in Pretoria is gesluit nadat reënbuie fratsvloede in die stad veroorsaak het.

Volgens Console Tleane, woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, is Centurion, Pretoria-Wes en Pretoria-Noord die ergste getref.

Hippo- en Endstraat in Centurion is gesluit terwyl Von Hagen- en Trans Oranje-straat in Pretoria-Wes gesluit is.

Die DF Malan en De Waal kruising in Capitol Park moes ook sluit, sowel as Burger- en Gerrit Maritz-straat in die weste van Pretoria.

Kerkstraat in Pretoria-Wes was ook gesluit.

“Laagliggende gebiede, laagliggende brûe en duikweë word die meeste geraak deur fratsvloede,” het Tleane gesê.

Poele water versamel in dié areas, wat ‘n gevaar vir motoriste inhou.

Op die hoek van Von Hagen en Trans Oranje het drie motors amper weggespoel terwyl twee motors by die Gerrit Maritz en Burger vasgesit het.

Tot dusver is niemand beseer nie, maar motoriste in die area is aangesê om versigtig te ry.

Kwesbare kruisings in die area word tans deur metropolisielede beman en die brandweer staan gereed vir enige moontlike noodgevalle.

 

преимущества и недостаткиЛобановский Харьков