
Die loods wat met sy vliegtuig in ‘n skoolheining ingeploeg het in Merebank, KwaZoeloe-Natal, het voorheen ‘n ander vliegtuig in die dak van ‘n woonhuis vasgevlieg.
Volgens die Suid-Afrikaanse Burgerlike lugvaartowerhede se verslag het kaptein Alistair Freeman en sy vyf passasiers op 21 Augustus 2005 vanaf Manzengwenya-lughawe opgestyg met ‘n huurvlug na Virginia-lughawe.
Ten spyte van die motreën, het die loods herhaaldelik aan die lugbeheertoring laat weet dat sy sig goed is, maar het daarna in ‘n woonhuis vasgevlieg.
Freeman, wat tans in die hospitaal aansterk, kan nog nie praat nie vanweë gesigsbeserings.
Hy het veelvuldige beserings opgedoen nadat hy met die 29-sitplek turbo-prop Jetstream 41 van SA Airlink ‘n noodlanding op ‘n skoolgrond moes doen. Die vliegtuig het geen passasiers aan boord gehad nie en het van Durban Internasionale lughawe opgestyg oppad na Pietermaritzburg.
Lugvaartbeheer het rook gesien wat uit een van die enjins geborrel het en die kajuit het daarna ‘n verlies aan krag gerapporteer. Die vliegtuig het in drie stukke gebreek nadat dit die grond getref het, 400m van die lughawe.
Die skool was gesluit aangesien dit Erfenisdag was en geen kinders was op die speelgrond nie.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.