Maselepidemie dreig in Johannesburg

Sowat 48 gevalle van masels is die afgelope maand in Johannesburg aangemeld, het owerhede Dinsdag bevestig.

“Sedert die begin van September is 48 gevalle reeds in Johannesburg alleen aangemeld. Alle dele van die stad is deur die uitbraak geaffekteer,” het Nkosinathi Nkabinde, woordvoerder van die stad Johannesburg, gesê.

Vanaf Januarie tot Augustus was daar slegs 11 gevalle aangeteken.

“Sommige van die persone wat deur masels geaffekteer is, is wel voorheen ingeënt. Almal loop dus die gevaar om die siekte te kry,” het Nkabinde gesê.

Simptome sluit in ‘n hoë koors, uitslag, loopneus en rooi, krapperige oë.

“Hierdie is ‘n baie ernstige siekte en kan in sommige gevalle tot blindheid, doofheid, breinskade en selfs die dood lei. Dit kan enigiemand, insluitend volwassenes, affekteer.”

Persone wat enige simptome ervaar moet dadelik ‘n dokter besoek sodat die verspreiding van die virus beperk kan word.

 

ігра для дівчатАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae