Joemat-Pettersson ontken berig van omkoopgeld

Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het mediaberigte dat sy omkoopgeld ontvang het, ontken.

Die bewerings in Sunday Times dat Joemat-Pettersson gebaat het by die verkoop van ‘n wildplaas is “ongegrond en betreurenswaardig,” het Palesa Mokomele, haar woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Diegene wat minister Joemat-Pettersson ken, weet dat sy ‘n leier is wat vir mense omgee en wat ander deurlopend dien en streef vir die ontwikkeling van landelike vroue en gemeenskappe,” het Mokomele gesê.

“Die plaas onder bespreking was vir die voordeel van vroue in landelike gebiede deur vaardigheidsontwikkeling en werkskepping.”

Sunday Times het berig dat Joemat-Pettersson ondersoek word vir die aanvaarding van ‘n betaling om die verkoop van ‘n wildplaas van R18 miljoen vir minderbevoorregte vroue te reël.

Die verslag het beweer dat sy in 2006 ‘n bedrag van R100 000 betaal is vir haar bydrae tot die verkoop van die Sunset-wildplaas buite Douglas. Dit was terwyl sy LUR in die Noord-Kaap was.

Kreef kos sakeman R295 miljoen

Arnold Bengis, ‘n sakeman van Houtbaai, is deur ‘n hof in die VSA beveel om bykans R295 miljoen aan Suid-Afrikaanse owerhede te betaal, het The Star Maandag berig.

Die hofbevel is Vrydag deur ‘n Amerikaanse hof uitgereik, en sluit Bengis se seun, David, en sy voormalige sakevennoot, Jeffrey Noll in.

Die hof het beveel dat Bengis, 77, David, 43, en Noll, 62, moet betaal vir die onwettige uitvoer van groot hoeveelhede kreef van Suid-Afrika se Weskus na die VSA.

Dit is die grootste hofbevel van sy soort, het die berig gelui.

Die drie het reeds R70 miljoen aan die Suid-Afrikaanse regering oorbetaal as deel van ‘n ander saak, en sal nou die oorblywende R224 miljoen moet betaal.

Desmond Stevens, waarnemende hoof van visserye in die departement van landbou, bosbou en visserye, het gesê die regering het aanvanklik vergoeding van meer as R537 miljoen geëis, maar is baie tevrede met die Amerikaanse hofbevel.

Noll en Bengis was volgens koerantberigte aan die stuur van twee Amerikaanse maatskappye wat die kreef namens Hout Bay Fishing Industries ingevoer en verwerk het.

Zille, De Lille sweep grondemosies op met gesplete tonge

Die nalatenskap van 1913 se grondonteiening is nog met Suid-Afrika en dit is die plig van die staat om grondhervorming te implementeer om dit reg te stel, het die Wes-Kaapse premier Helen Zille Maandag gesê om swartes te probeer opsweep teen wit grondeienaars.

“Dit sal nooit ten volle vergoed of regmaak vir die pyn wat gely is nie, maar dit is ‘n groot stap in die rigting van die herstel van menswaardigheid,” het Zille gesê in ‘n toespraak wat voorberei is vir lewering in Kaapstad.

Zille het gepraat by die herdenking van die Naturelle Wet oor grond van 1913.

Sy het gesê dit is van kritieke belang om die herstel- en versoeningsmandate te vervul en dat die regstelling die gemeenskap in staat stel om die goeie in die verlede te onthou en die slegte te vergeet.

Daar sal uitdagings in die implementering van grondhervorming wees en dit vereis ‘n balans van verskillende belange, het sy voortgegaan.

“Daar is geen een-grootte-pas-almal-oplossing nie en elke geval moet verwerk word in sy eie konteks,” het Zille gesê.

Sy het weer haar “struggle-verlede” probeer poets en gesê toe wette en beleide ingestel is in die verlede was daar altyd mense wat bereid was om op te staan ​​en hul stemme te laat hoor en die Wet van 1913 het ‘n generasie van anti-apartheid-aktiviste geskep.

Geskiedenis het getoon dat “bose snellers ‘n teenreaksie van die goeie skep”, het sy gesê. Dit was duidelik dat sy haarself as die “goeie” probeer voorhou en die Afrikaners as die “bose”.

“Waar onreg en onderdrukking hul lelike koppe uitgesteek het, het hulle protes geïnspireer en verset om dit uit te daag.

“Die rede vir hierdie teenreaksie van die goeie teen die bose is nie net omdat die beginsels en waardes soos vryheid en geregtigheid geskend word nie, maar omdat die mens se lewe diep geraak word.”

Die burgemeester van Kaapstad, Patricia De Lille het gesê die stad speel sy rol om te verseker dat regstelling en versoening plaasvind en grondhervorming deurgevoer word.

“In die waardeketting van restitusie, sal die Stad Kaapstad sy rol vervul om te verseker dat die Grondeisekommissie in ‘n posisie is om sy sosiale funksie tov diegene wat wag vir geregtigheid na te kom,” het sy gesê in ‘n toespraak wat voorberei is vir aflewering.

“En die belangrikste, grondhervorming word beskou as ‘n doelwit in ons strategiese bloudruk vir die stad, die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), in teenstelling met ander stede.” Sy het gesê haar loopbaan het gefokus op die stryd om die “wanbalanse van die geskiedenis” aan te spreek maar dat dit ook ‘n persoonlike stryd vir haar is omdat sy onthou hoe haar ouma moes skuif as gevolg van die Groepsgebiedewet.

Joodse krotmagnate [slumlords] het destyds arm bruin gebiede in wit woonbuurte besit. Distrik Ses was so ‘n buurt waar geen verbeteringe of onderhoud aan behuising gedoen is nie.

Die “bose” is egter in die geheel kollektief aan Afrikaners toegedig sonder dat Zille of De Lille Afrikaners by name genoem het.

Malema se ANC-kamerade kritiseer hom

Die minister van sport, Fikile Mbalula, sê Julius Malema se plan om ‘n nuwe politieke party te stig is “politieke selfmoord.”

“As ‘n kader wat deur die ANC opgelei is, is dit politieke selfmoord om ‘n politieke party buite die ANC te stig,” het die minister aan die Sunday Independent gesê.

“Dis uit woede en nie uit noodsaaklikheid nie.”

“Om ontevrede oor individue in die ANC te wees, kan nie tot die vorming van ‘n politieke party lei nie.”

Malema het vroeër die week aangekondig dat hy ‘n nuwe politieke platform – Economic Freedom Fighters – gaan stig.

Mbalula meen Malema moet eerder geduldig wees.

“Sy politieke besluit is hartseer. Julius kan weer ‘n standvastige leier wees, maar net as hy geduldig kan bly.”

Swart kunstenaar vas vir moord op kringtelevisie

Suid-Afrika se kunsgemeenskap is geskok oor die nuus dat die bekende kunstenaar Zwelethu Mthethwa van moord verdink word.

City Press berig die kunstenaar het reeds in die hof verskyn in verband met ‘n vrou wat vroeër vanjaar doodgeslaan is.

Mthethwa (52) word wêreldwyd gevier. Hy het reeds meer as 50 solo-uitstallings van sy kleurvolle foto’s en skilderye wêreldwyd gehad.

Die Burger het die naweek berig dat die kunstenaar op 5 Mei op aanklag van moord in hegtenis geneem is. Hy is die volgende dag op borgtog van R100 000 vrygelaat.

Mthethwa het na bewering op 13 April in Ravenscraigstraat in Woodstock, Kaapstad, stilgehou, waar hy ‘n vrou doodgeslaan en -geskop het. Dit is op kringtelevisie opgeneem.

Volgens berigte was die oorledene ‘n prostituut.

Mthethwa sal weer op 26 Augustus in die hof verskyn.

Britte spioeneer op Suid-Afrikaanse diplomate

Die rekenaaraktiwiteit en foonoproepe van buitelandse amptenare en politici wat in 2009 vergaderings van die G20-beraad in Londen bygewoon het, insluitend amptenare van Suid-Afrika, is deur Britse owerhede afgeluister.

Die Britse regering het opdrag gegee dat dié spioenasie moet plaasvind, volgens ‘n eksklusiewe berig in The Guardian.

Die berig, wat Sondagaand deur dié Britse koerant gepubliseer is, beweer dat sommige afgevaardigdes gevra is om internetkafees te gebruik wat deur die Britse intelligensiediens geskep is om onder andere hulle e-posboodskappe te lees.

Dié onthullings is gemaak kort voor Brittanje die G8-beraad aanbied, wat Maandag begin.

Die spioenasie is glo gedoen om Brittanje ‘n voordeel by die vergaderings te gee.

Besonderhede oor die spioenasie is vervat in geheime dokumente wat uitgereik is deur ‘n gewese werknemer van die Amerikaanse National Security Agency (NSA), Edward Snowden.

Die koerant het ook berig dat Brittanje se veiligheids-en-intelligensiekomitee (GCHQ) al in 2005 ‘n vergadering gehou het “oor ‘n projek om spioenasie op die Suid-Afrikaanse ministerie van buitelandse sake te intensifiseer”.

Die doel van die vergadering was “om toegang te verkry tot [die] Suid-Afrikaanse [ministerie van buitelandse sake] se netwerk,” om “intelligensie in te samel van geteikende masjiene” en “om meer toegangspunte te vind om betroubaarheid te verhoog”.

“Dis duidelik dat die GCHQ probeer het om alles moontlik uit te vind van die onderhandelingsposisie van die regering van [die destydse president] Thabo Mbeki…” het The Guardian berig.

Die Britte het op Suid-Afrika se normale werk gespioeneer. Die doel van die operasie is beskryf as die verkryging van “dokumente, insluitende inligtingsessies vir Suid-Afrikaanse afgevaardigdes na G20 en G8-vergaderings”.

Dit is duidelik dat kwessies soos die globale ekonomie en finansies as van belang beskou is.

Sulke intelligensie-insameling is uitgevoer onder die titel “transnasionale strategiese kwessies” wat energie, ekonomie en die omgewing insluit.

Dit was ‘n wye offensief teen die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake onder Nkosazana Dlamini-Zuma. Die telefoonlyne wat gebruik word deur die land se hoë kommissaris in Londen, is “ondersoek”.

Die span Britse rekenaarnetwerk-krakers, wat verantwoordelik is om buitelandse rekenaarnetwerke te kraak, het wagwoorde deur ou telefoonnommers en e-posadresse van die hoof van die departement van kriptologie in Pretoria bekom.

Die wagwoorde is dan gebruik om in die aanlynrekeninge van die Suid-Afrikaanse diplomate in te breek.

Smelters afgeskakel om krag te spaar

Twee van BHP Billiton se kragintensiewe aluminiumsmelters is Donderdagaand afgeskakel omdat die vraag na elektrisiteit Eskom se beskikbare hoeveelheid krag oorskry het, het Beeld berig.

Hilary Joffe, Eskom se woordvoerder, het Donderdagaand ná die spitsverbruikstyd gesê die vraag na elektrisiteit was meer as 35 000 MW tussen 17:00 en 21:00. Eskom kan 34 970 MW krag opwek.

Eskom het ‘n ooreenkoms met BHP en ander maatskappye om hul kragtoevoer tydelik af te sny wanneer die vraag in spitstye gevaarlik hoog is.

Die huidige koue en die langnaweek het Donderdagaand meegebring dat die vraag na elektrisiteit Eskom se beskikbare hoeveelheid krag oorskry het, het Joffe gesê.

Joffe het gesê Donderdagaand was ‘n goeie voorbeeld van ‘n vroeë waarskuwing dat Suid-Afrikaners dié winter ernstig krag sal moet spaar.

‘Elke kind moet by die skool wees’

Pres. Jacob Zuma het Vrydag gesê Suid-Afrikaners behoort onderwys ernstig op te neeem.

“As ek daaroor kon besluit sou opvoeding nie net gratis wees nie, maar ook verpligtend,” het Zuma aan studente by die Universiteit van Johannesburg se Soweto-kampus gesê.

“Elke kind sou by die skool wees… Ons moet alle Suid-Afrikaners bemagtig. Dit moenie ‘n misdaad wees om ‘n kind skool toe te stuur nie.”

In verwysing na Julius Malema se uitlatings dat hy ‘n diktator is, het Zuma gesê: “As ek ‘n diktator was, sou ek baie van die tronke in skole omskep het en al die jong mense wat misdade pleeg, daarheen neem.

“Maar ek is nie ‘n diktator nie,” het Zuma geskerts.

Zuma het aan die studente gesê hy stel belang om hul opinies en voorstelle te hoor.

Hy het gevra wat gedoen moet word om die land se toekoms te vorm.

“Vandag hoor jy hoe mense die regering kritiseer… Hulle het vergeet dat die regering probeer om probleme die hoof te bied wat al eeue lank daar is… Hulle maak asof ons in 1994 begin het om opvoeding op te mors,” het die president gesê.

“Opvoeding speel ‘n baie groot rol in die land.”

Zuma het gesê mense kan krities wees, maar hy weet die regering “doen goed”. Hy het gesê opvoeding het uiteindelik die grondslag wat dit nie in die verlede gehad het nie.

De Klerk-stigting kla oor rasgedrewe SAA-kadette

Vaardigheid, en nie net ras nie, moet deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) oorweeg word wanneer hy kandidate kies vir sy kadetprogram vir voornemende vlieëniers, het die FW de Klerk-stigting Donderdag gesê.

Dis begryplik dat SAA wil hê sy vlugpersoneel moet verteenwoordigend wees van die land se demografie, het Jacques du Preez, woordvoerder vir die stigting, gesê.

Hy het egter gesê die lugdiens moet ook ander faktore in ag neem wanneer hy kandidate kies.

“Hy moet verseker dat vermoë… genoeg gewig dra in sy indiensnemingsbesluite. Die relatiewe vaardigheid, vermoë en kwalifikasies van aansoekers moet ‘n sentrale rol speel in die SAA se indiensnemingsbesluite, ongeag ras of geslag,” het hy gesê.

SAA het Maandag aangekondig dat 40 kandidate vir sy kadetprogram gekwalifiseer het: 10 is swart mans, vier swart vroue, nege bruin mans, een bruin vrou, sewe Indiërmans, twee Indiërvroue, en sewe wit vroue.

Du Preez het gesê die eerste vereiste behoort te wees dat die kandidate uitstekende vlieëniers moet wees, ongeag hulle ras.

SAA het in Augustus verlede jaar sy aanvanklike besluit om geen aansoeke van wit mans te aanvaar nie, opgehef.

Verskeie wit kandidate het in 2012 aansoek gedoen vir die program, maar hul aansoeke is summier verwerp wanneer hulle hul ras op die aanlyn-aansoekvorm ingetik het.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die SAA, het destyds gesê die kadetprogram is geadverteer om die demografie van sy vlieëniers te verander. Volgens hom was 91% van die lugdiens se vlieëniers in daardie stadium wit mans.

Dr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het gesê verlede jaar se opheffing van die verbod was net ‘n rookskerm. Hy het gesê die vakverbond gaan ‘n veldtog teen die lugdiens begin.

Tlali Tlali, woordvoerder van die SAA, het gesê dit is belangrik om te verseker dat daar transformasie in alle dissiplines van die maatskappy is.

“Tans is die SAA se vlugbemanning nie ‘n weerspieëling van Suid-Afrika se rasse- en geslagsdemografie nie.”

Die inname vir die 2013-’14-kadetprogram word in Augustus vanjaar geadverteer.