Pres. Jacob Zuma het Vrydag gesê Suid-Afrikaners behoort onderwys ernstig op te neeem.
“As ek daaroor kon besluit sou opvoeding nie net gratis wees nie, maar ook verpligtend,” het Zuma aan studente by die Universiteit van Johannesburg se Soweto-kampus gesê.
“Elke kind sou by die skool wees… Ons moet alle Suid-Afrikaners bemagtig. Dit moenie ‘n misdaad wees om ‘n kind skool toe te stuur nie.”
In verwysing na Julius Malema se uitlatings dat hy ‘n diktator is, het Zuma gesê: “As ek ‘n diktator was, sou ek baie van die tronke in skole omskep het en al die jong mense wat misdade pleeg, daarheen neem.
“Maar ek is nie ‘n diktator nie,” het Zuma geskerts.
Zuma het aan die studente gesê hy stel belang om hul opinies en voorstelle te hoor.
Hy het gevra wat gedoen moet word om die land se toekoms te vorm.
“Vandag hoor jy hoe mense die regering kritiseer… Hulle het vergeet dat die regering probeer om probleme die hoof te bied wat al eeue lank daar is… Hulle maak asof ons in 1994 begin het om opvoeding op te mors,” het die president gesê.
“Opvoeding speel ‘n baie groot rol in die land.”
Zuma het gesê mense kan krities wees, maar hy weet die regering “doen goed”. Hy het gesê opvoeding het uiteindelik die grondslag wat dit nie in die verlede gehad het nie.
