Merkel se dramatiese ommekeer na EU-skeptikus

Duitse konserwatiewes is gewoonlik passievolle ondersteuners van verhoogde Europese integrasie. Maar die afgelope tyd, het kanselier Angela Merkel die briek aangedraai. Brussel, meen sy, het nou deel geword van die probleem.

Net ‘n jaar gelede, het die Duitse kanselier gevra vir “meer Europa, nie minder nie.” Maar nou het sy ‘n radikale ommekeer gemaak. Merkel was verlede Donderdagaand ‘n EU-skeptikus. Haar konserwatiewe kollegas het met die indruk verdaag dat die Duitse kanselier nou glo dat daar te veel Europa is.

Wat is verkeerd met die CDU-leier? Die beeld van ‘n kanselier wat meer en meer in die openbaar wyk van haar party se tradisionele posisie oor Europese beleid, is besig om vorm te kry. Sy distansieer haar van die buitelandse beleidstradisie dat die CDU, meer as enige ander party, sedert die na-oorlogse tydperk.

Die kontras tussen Merkel en haar minister van Finansies Wolfgang Schäuble, wat hierdie tradisie van die Christelike Demokratiese Europese beleid verpersoonlik, word ook al hoe meer opvallend.

Merkel is reeds 14 jaar leier van die party, en sy weet ‘n bietjie patos in haar stem help wanneer die bespreking na Europa neig. Maar sy was nog nooit ‘n passievolle ondersteuner van Europa nie. Meer onlangs, is sy teen die uitbreiding van Brussel se instellings. En sy is veral heftig wanneer dit kom by enigiets wat dalk die beperking van die magte van nasionale leiers soos sy self, kan beteken.

Baie van haar mede-konserwatiewes, natuurlik – veral diegene wat grootgeword het in Wes-Duitsland – glo steeds dat Duitsland so volledig as moontlik in die Europese entiteit moet opgaan. Hulle sien dit as ‘n natuurlike gevolg van die onreg wat in Duitsland gepleeg is tydens die Nazi-era.

Die voormalige kanselier Helmut Kohl, het heeltemal tranerig geraak as hy gepraat het van die “Huis van Europa.” Dit is ‘n generasie van oumense wat graag hulle skuldgevoelens wil oplos in die EU.

Vir ‘n geruime tyd nou nou doen Merkel egter alles in haar vermoë om verdere stappe in die rigting van integrasie te voorkom en te verhoed dat Brussel meer mag bekom. In ‘n onderhoud met Der Spiegel drie weke gelede, het Merkel gewaarsku teen die besteding van tyd “op teoretiese besprekings van hoe die Europese strukture sal lyk in 10 of 15 jaar.”

Sy is van mening dat dit meer sin maak om die dringende probleme van die eurokrisis aan te pak as om komplekse debatte oor die herstrukturering van die blok te voer.

Brasilië se president gee bes

Die president van Brasilië, Dilma Rousseff het voorgestel dat ‘n referendum oor politieke hervorming gehou word.

Die afgelope dae is ‘n vlaag betogings in die land oor verskeie kwessies insluitend teenkanting teen die Wêreldsokkerbeker en FIFA, gehou. Rousseff het die moontlikheid van ‘n referendum genoem tydens ‘n betoging in Rio de Janeiro.

Rousseff se voorstel word beskou as een van die mees ambisieuse politieke hervormings in dekades.

Die president het ook voorstelle gemaak vir ‘n uitgebreide openbare vervoerstelsel, verbeterde gesondheidsdienste en die uitroei van korrupsie. Voor die betogings het die linksgesinde Rousseff se steun tot sowat 55 persent teruggesak.

Daar word verwag dat sy aanstaande jaar se verkiesing sal wen.

Zuma verdedig Angie se ywer

President Jacob Zuma het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga verdedig en gesê sy werk hard om die land se onderwys op koers te kry.

Motshekga is reeds ‘n geruime tyd in die spervuur weens haar departement se onvermoë om skoolhandboeke in Limpopo te laat aflewer.

Die onderwysersvakbond, Sadou het ook haar kop ge-eis nadat haar departement nie ‘n ooreenkoms met die vakbond gestand gedoen het nie.

Meer onlangs ervaar sy ook druk van die organisasie, Equal Education oor die publikasie van die minimum norme en standaarde vir skool-infrastruktuur. Motshekga se man, Mathole is verlede week as ANC hoofsweep afgedank.

Bizos sal Mandela nie besoek nie

Oudpres. Nelson Mandela se goeie vriend, George Bizos, het besluit om hom nie by die hospitaal in Pretoria te besoek waar hy behandel word nie, het The Star Dinsdag berig.

Bizos het aan die koerant gesê hy het Saterdag ‘n oproep van Mandela se vrou, Graca Machel, ontvang.

“Sy het vir my gesê hy doen nie goed nie, en ek aanvaar dit so,” het hy gesê.

Bizos het gesê hy het besluit om die 94-jarige Mandela liewer nie te besoek nie.

“Ek het die dokter se versoek om nie te veel besoekers in te laat nie, gerespekteer,” het hy gesê.

“Nie een van ons leef vir ewig nie. Ons moet hom laat leef so lank as moontlik.”

Mandela is op 8 Junie in die Medi-Clinic-harthospitaal in Pretoria opgeneem. Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, het Sondagaand gesê die voormalige staatshoof se toestand het kritiek geword.

Bizos het aan The Star gesê hy het Mandela ongeveer ‘n maand gelede gesien.

“Hy het redelik goed gedoen. Hy het my herken en ons het oor die ou dae gesels.”

Mandela se kinders het begin met ‘n hofgeding om George Bizos te verwyder as direkteur van twee van die oud-staatshoof se maatskappye.

ANC-lede ondersteun Malema glo

Julius Malema beweer dat senior leiers in die ANC hulle gewig by sy nuwe party ingegooi het, het EWN berig. Malema het Sondag op Radio 702/567 CapeTalk se Talk at Nine gesê senior lede van die ANC help hom.

Malema het glo gesê dié leiers sal na vore tree wanneer die tyd reg is. Hy het vroeër die maand bevestig dat hy sy eie politieke party, die Economic Freedom Fighters, wil stig.

Sy beweging sal onder meer vra vir die onteiening van grond sonder vergoeding, asook die nasionalisering van myne.

“Party van hulle gebruik tans die strategie om ons te beledig sodat hulle beskerm kan word en sodat dit lyk of hulle nie deel is van ons nie.”

Hy het gesê dié lede sal later openlik oor hulle besluit praat.

“Aan die einde, wanneer alles afgehandel is, kan hulle uitkom en openlik sê hierdie is wie hulle ondersteun.”

‘Mandela het nog nie gevra om te gaan nie’

Verskeie familielede van oudpres. Nelson Mandela het hom Maandag by die hospitaal in Pretoria besoek waar hy in ‘n kritieke toestand verkeer.

Sy eksvrou, Winnie Madikizela-Mandela, en sy dogter, Zindzi Mandela-Motlhajwa, het in ‘n goudkleurige BMW met blou polisieligte by die Harthospitaal in Pretoria aangekom.

Een van sy ander dogters, Zenani Mandela-Dlamini, het vroeër in ‘n swart Mercedes-Benz opgedaag.

Plaaslike en internasionale joernaliste wag ook nog geduldig buite die hospitaal.

Joernaliste het bespiegel dat pres. Jacob Zuma die voormalige staatshoof gou weer sal besoek.

Ook die minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het vroeër by die hospitaal aangekom.

Bantu Holomisa, leier van die UDM en ‘n vriend van die familie, het in ‘n BMW X5 sy opwagting gemaak.

Pres. Jacob Zuma het Maandagoggend tydens ‘n mediakonferensie in Parktown, Johannesburg bevestig dat Mandela se toestand steeds kritiek is.
 
“Die dokters doen alles in hulle vermoë om sy welstand en gemak te verseker,” het hy gesê.

“Ek dink nie ek is in ‘n posisie om verdere besonderhede te gee nie.”

Mandela se oudste dogter, Makaziwe, het in ‘n onderhoud met die nuuskanaal CNN gesê haar familie is nog nie heeltemal gereed om van hom afskeid te neem nie.

Sy het gesê die familie vind sommige berigte oor Mandela ontstellend en die media behoort terug te staan en die gesin te respekteer.

Sy het ook gepraat oor haar pa se mediese behandeling en dat die Thembu-kultuur vereis dat die sterwende vra om verlos te word. “My pa het dit nog nie vir ons gesê nie,” het sy verduidelik.

Breë front in SA teen Obama-besoek

Die Amerikaanse president Barack Obama se komende besoek aan Suid-Afrika is Sondag deur vakbonde, politieke partye, en burgerlike organisasies veroordeel.

“Ons stel dit kategories dat die besoek van die Amerikaanse president na Suid-Afrika is ‘n onwelkome besoek is, wat teengestaan moet word deur alle geregtigheids- en vredeliewende mense van hierdie land,” het die organisasies het in ‘n gesamentlike verklaring Sondag gesê.

“Vriendskap met Suid-Afrika moet gebaseer wees op waardes van geregtigheid, vryheid en gelykheid, en dié van die VSA gee aanstoot, ondermyn en bespot weens sy optrede op die globale front,” het hulle gesê.

Die verklaring is uitgereik deur die Nasionale Unies van Metaalwerkers van SA, die SA Kommunistiese Party, die Jong Kommunistiese Liga van SA, die SA Studentekongres, die Moslem Studentevereniging, die Nasionale Onderwys, Gesondheid en Verwante Werkersunie, Cosatu, die Vriende van Kuba, Boikot en Sanksies teen Israel en die Wêreldfederasie van Vakbonde.

“Ons verwerp die VSA se arrogante, selfsugtige en onderdrukkende buitelandse beleid, sy behandeling van werkers en internasionale handelverhoudings wat gestalte vind in oorlogsug, neo-liberale super-uitbuiting, koloniale rassisme en die miskenning en vernietiging van die omgewing, en sodoende die verwesenliking van ‘n regverdige en vreedsame wêreld onmoontlik maak,” het hulle gesê.

Obama se besoek later hierdie maand sal sy eerste na Suid-Afrika wees sedert hy verkies is as hoof van die staat.

“Die VSA, onder sy leiding, het sy aanslag op menseregte, militarisering van internasionale betrekkinge en voortgesette uitbuiting van die wêreld se hulpbronne teen die absolute koste van die omgewing en onderdrukte mense van die wêreld laat toeneem,” het die organisasies gesê.

Kwessies soos die VSA se gebruik van die wêreld se hulpbronne, die rol van die handhawing van die onderontwikkeling van die Afrika-kontinent, en sy bydrae tot aardverwarming sal uitgelig word in die protes.

Die publiek is genooi om deel te neem in ‘n nasionale dag van aksie op 28 Junie, waar ‘n protesoptog van die Uniegebou in Pretoria na die Amerikaanse ambassade om 10:00 sal loop.

Daar sal ook ‘n betoging op 29 Junie wees teen die Universiteit van Johannesburg se besluit om aan Obama ‘n eredoktorsgraad toe te ken. Dit sal gehou word by die universiteit se Soweto-kampus by 11:00.

Snowden vlug na Moskou

Edward Snowden is tans in Moskou nadat hy uit Amerika gevlug het. Snowden het na bewering hoogsgeheime dokumente oor spioenasiebedrywighede verklap.

Washington sê Snowden is ‘n nasionale veiligheidsbedreiging en moet in Amerika teregstaan op aanklagte wat verband hou met die openbaarmaking van beweerde spioenasiemetodes.

Die voormalige kontrakteur vir die Amerikaanse NSA sê teikens van die Amerikaanse regering hou China se selfoonmaatskappye dop asook twee universiteite se internetbedieners.

Die jongste bewerings is bekend gemaak deur die South China Morning Post in Hong Kong, waar Snowden voorheen weggekruip het.

Amerika het op sy beurt vir Snowden van spioenasie en diefstal van staatseiendom beskuldig, en druk op China probeer plaas om Snowden uit te lewer.

Amerikaanse owerhede het formeel aanklagte van spioenasie aanhangig gemaak teen Edward Snowden, die voormalige intelligensie-tegnikus wat inligting oor die Amerikaanse nasionale veiligheidsagentskap (NSA) se uitgebreide internetspioenasieprogram bekend gemaak het.

Die VSA het owerhede in Hongkong gevra om hom in hegtenis te neem, het ‘n Amerikaanse amptenaar Vrydag aan die nuusagentskap AFP gesê.

Die amptenaar het ‘n berig oor die aangeleentheid in die Washington Post bevestig, en gesê aanklagte is by ‘n federale hof in die Amerikaanse staat Virginië aanhangig gemaak. ‘n Voorlopige lasbrief vir sy arres is ook uitgereik.

Snowden word aangekla van spioenasie, diefstal en “die hantering van regeringseiendom.” ‘n Berig op NBC News het gesê hy word daarvan aangekla dat hy geheime dokumente gedeel het met individue wat nie gemagtig was om dit te ontvang nie.

Die 30-jarige tegnikus het op 20 Mei uit Hawaii gevlug na Hongkong, waar hy intelligensiegeheime aan verskeie mediabronne beskikbaar gestel het.

Obama se strategie vir Agang ingespan

Die maatskappy was die president van die VSA asook reuse maatskappye soos Pfizer, Verizon, Tampax en JPMorgan Chase onder sy korporatiewe kliënte tel, wil Agang help.

Die nuwe politieke party wil dieselfde groep in sy politieke veldtog gebruik wat die Amerikaanse president Barack Obama gehelp het om sy land se verkiesing in 2008 te wen.

Agang se direkteur vir partybeleid, Mills Soko, het aan City Press gesê hulle het die maatskappy Benenson Strategy Group aangestel om Agang met verkiesingstrategie te help “omdat hulle die beste was wat ons kon opspoor.”

Benenson het al soortgelyke verkiesingswerk in Nigerië gedoen, en het pres. Umaru Yar’Adua gehelp om die verkiesing daar te wen.

Gie groep het reeds werk in Jamaika, Roemenië en Kroasië gedoen.

Soko het nie kommentaar gelewer op die feit dat Obama tans baie vrot vaar in meningspeilings nie. Die NSA-meeluisterskandaal wat onlangs deur Ed Snowden onthul is, aanvalle op burgerlikes deur Amerikaanse onbemande tuie en die mislukkings in Irak en Afghanistan, het Obama se gewildheid laat tuimel.

Minister prys Zim se grondhervorming

Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het gesê Suid-Afrikaners kan leer uit Zimbabwe se grondhervormingsproses, het RSG Maandag berig.

Hy het die algemene raad van die KwaZulu-Natalse SAKP in Pietermaritzburg toegespreek en onder andere kommentaar gelewer op die grondhervormingsproses in Zimbabwe.

Nxesi het gesê sowat 200 000 kleinboere in Zimbabwe het grond oorgeneem wat aan kommersiële boere behoort het, en verskaf nou werk aan ‘n miljoen mense.

Hy het nie na die voortdurende voedseltekorte en ekonomiese insinking in die land verwys nie.