President Jacob Zuma het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga verdedig en gesê sy werk hard om die land se onderwys op koers te kry.
Motshekga is reeds ‘n geruime tyd in die spervuur weens haar departement se onvermoë om skoolhandboeke in Limpopo te laat aflewer.
Die onderwysersvakbond, Sadou het ook haar kop ge-eis nadat haar departement nie ‘n ooreenkoms met die vakbond gestand gedoen het nie.
Meer onlangs ervaar sy ook druk van die organisasie, Equal Education oor die publikasie van die minimum norme en standaarde vir skool-infrastruktuur. Motshekga se man, Mathole is verlede week as ANC hoofsweep afgedank.
