Die Amerikaanse president Barack Obama se komende besoek aan Suid-Afrika is Sondag deur vakbonde, politieke partye, en burgerlike organisasies veroordeel.
“Ons stel dit kategories dat die besoek van die Amerikaanse president na Suid-Afrika is ‘n onwelkome besoek is, wat teengestaan moet word deur alle geregtigheids- en vredeliewende mense van hierdie land,” het die organisasies het in ‘n gesamentlike verklaring Sondag gesê.
“Vriendskap met Suid-Afrika moet gebaseer wees op waardes van geregtigheid, vryheid en gelykheid, en dié van die VSA gee aanstoot, ondermyn en bespot weens sy optrede op die globale front,” het hulle gesê.
Die verklaring is uitgereik deur die Nasionale Unies van Metaalwerkers van SA, die SA Kommunistiese Party, die Jong Kommunistiese Liga van SA, die SA Studentekongres, die Moslem Studentevereniging, die Nasionale Onderwys, Gesondheid en Verwante Werkersunie, Cosatu, die Vriende van Kuba, Boikot en Sanksies teen Israel en die Wêreldfederasie van Vakbonde.
“Ons verwerp die VSA se arrogante, selfsugtige en onderdrukkende buitelandse beleid, sy behandeling van werkers en internasionale handelverhoudings wat gestalte vind in oorlogsug, neo-liberale super-uitbuiting, koloniale rassisme en die miskenning en vernietiging van die omgewing, en sodoende die verwesenliking van ‘n regverdige en vreedsame wêreld onmoontlik maak,” het hulle gesê.
Obama se besoek later hierdie maand sal sy eerste na Suid-Afrika wees sedert hy verkies is as hoof van die staat.
“Die VSA, onder sy leiding, het sy aanslag op menseregte, militarisering van internasionale betrekkinge en voortgesette uitbuiting van die wêreld se hulpbronne teen die absolute koste van die omgewing en onderdrukte mense van die wêreld laat toeneem,” het die organisasies gesê.
Kwessies soos die VSA se gebruik van die wêreld se hulpbronne, die rol van die handhawing van die onderontwikkeling van die Afrika-kontinent, en sy bydrae tot aardverwarming sal uitgelig word in die protes.
Die publiek is genooi om deel te neem in ‘n nasionale dag van aksie op 28 Junie, waar ‘n protesoptog van die Uniegebou in Pretoria na die Amerikaanse ambassade om 10:00 sal loop.
Daar sal ook ‘n betoging op 29 Junie wees teen die Universiteit van Johannesburg se besluit om aan Obama ‘n eredoktorsgraad toe te ken. Dit sal gehou word by die universiteit se Soweto-kampus by 11:00.
