Merkel se dramatiese ommekeer na EU-skeptikus

Duitse konserwatiewes is gewoonlik passievolle ondersteuners van verhoogde Europese integrasie. Maar die afgelope tyd, het kanselier Angela Merkel die briek aangedraai. Brussel, meen sy, het nou deel geword van die probleem.

Net ‘n jaar gelede, het die Duitse kanselier gevra vir “meer Europa, nie minder nie.” Maar nou het sy ‘n radikale ommekeer gemaak. Merkel was verlede Donderdagaand ‘n EU-skeptikus. Haar konserwatiewe kollegas het met die indruk verdaag dat die Duitse kanselier nou glo dat daar te veel Europa is.

Wat is verkeerd met die CDU-leier? Die beeld van ‘n kanselier wat meer en meer in die openbaar wyk van haar party se tradisionele posisie oor Europese beleid, is besig om vorm te kry. Sy distansieer haar van die buitelandse beleidstradisie dat die CDU, meer as enige ander party, sedert die na-oorlogse tydperk.

Die kontras tussen Merkel en haar minister van Finansies Wolfgang Schäuble, wat hierdie tradisie van die Christelike Demokratiese Europese beleid verpersoonlik, word ook al hoe meer opvallend.

Merkel is reeds 14 jaar leier van die party, en sy weet ‘n bietjie patos in haar stem help wanneer die bespreking na Europa neig. Maar sy was nog nooit ‘n passievolle ondersteuner van Europa nie. Meer onlangs, is sy teen die uitbreiding van Brussel se instellings. En sy is veral heftig wanneer dit kom by enigiets wat dalk die beperking van die magte van nasionale leiers soos sy self, kan beteken.

Baie van haar mede-konserwatiewes, natuurlik – veral diegene wat grootgeword het in Wes-Duitsland – glo steeds dat Duitsland so volledig as moontlik in die Europese entiteit moet opgaan. Hulle sien dit as ‘n natuurlike gevolg van die onreg wat in Duitsland gepleeg is tydens die Nazi-era.

Die voormalige kanselier Helmut Kohl, het heeltemal tranerig geraak as hy gepraat het van die “Huis van Europa.” Dit is ‘n generasie van oumense wat graag hulle skuldgevoelens wil oplos in die EU.

Vir ‘n geruime tyd nou nou doen Merkel egter alles in haar vermoë om verdere stappe in die rigting van integrasie te voorkom en te verhoed dat Brussel meer mag bekom. In ‘n onderhoud met Der Spiegel drie weke gelede, het Merkel gewaarsku teen die besteding van tyd “op teoretiese besprekings van hoe die Europese strukture sal lyk in 10 of 15 jaar.”

Sy is van mening dat dit meer sin maak om die dringende probleme van die eurokrisis aan te pak as om komplekse debatte oor die herstrukturering van die blok te voer.

Maak 'n opvolg-bydrae