Godslastering en spraakvryheid

Die persvryheidsinstelling, Verslaggewers sonder Grense – in die Engelssprekende wêreld bekend as Reporters without Borders – het gister in ‘n lang verklaring gereageer op die ‘n resolusie wat die VN se Mensetregteraad op 25 Maart aanvaar het.

Hierdie resolusie verbied godslastering. Verslaggewers sonder Grense (VSG) meen egter dié resolusie beskerm sekere godsdienste, in die besonder Islam, van kritiek teen onaanvaarbare gedrag, en plaas ‘n onnodige beperking op uitdrukkingsvryheid, en dus in effek op persvryheid.   Die VSG se verslag kan hier gelees word.

Dit lyk of die VSG ‘n punt beet het. Die voorstel is deur Pakistan ingedien namens die Organisasie van die Islamitiese Konferensie.

Die VSG meen godsdiensvryheid is net so belangrik soos uitdrukkingsvryheid, en dat die een nie sonder die ander kan bestaan nie.

In ‘n sekulêre wêreld is dit eenvoudig so dat gelowiges gereeld onder uitsprake en optredes sal deurloop wat ten doel het om die betrokke Opperwese af te kraak.

In die VSA het ‘n militêre kapelaan teenspoed opgedoen omdat hy “verbode dele” van die Bybel voorgelees het, soos dat God, dws die God van die Christendom, die enigste Here is. Hierdeur word aan Moslems aanstoot gegee. Hy het ook van Jesus gelees, en daardeur sou hy die Jode aanstoot gee.

Moslems is weer dikwels ontsteld oor spotprente in die Weste wat van Mohammed a karikatuur maak, en nog verder ontstig omdat die lande se regerings oor die algemeen die kunstenaar beskerm omdat hy bloot sy reg op vryheid uitoefen.

Persvryheid word vandag as een van die belangrikste hoekstene van demokrasie beskou, en word nou ook deeglik deur die internet gerugsteun waar kaalkop die waarheid vertel word – en ongelukkig ook dikwels leuens, laster en haatspraak.

Op die jongste VSG-indeks is daar vanjaar reeds 6 joernaliste in die uitvoering van hul werk dood, 168 joernaliste agter tralies, 10 media-assistente in die tronk en 119 kuberskrywers toegesluit. Die meerderheid is agter tralies weens politiek-verwante redes, hoewel in verskeie gevalle die slagoffers teenspoed gekry het omdat die betrokke lande die joernaliste van godslastering beskuldig het. Verskeie hoë profiel verslaggewers is op die oomblik voortvlugtig voor hierdie eietydse inkwisisies.

Die verbod op godslastering kom te midde van ‘n verbete stryd internasionaal om uitdrukkingsvryheid tot ‘n tipe super reg te verhef, wat erg beperkend op ander regte soos die reg op veral waardigheid inwerk. Dié debat het ook in Suid-Afrika gemanifesteer met die ANC wat vierkantig sy gewig agter Julius Malema se singery van “Maak dood die Boere want hulle is verkragters” ingewerp het. Minstens een Hooggeregshof het tot dusver egter saamgestem dat dit haatspraak is, en dit verbied.

Die DA het ‘n lang verklaring uitgereik om pres. Jacob Zuma se planne oor ‘n debat oor die definiëring van norme teen te staan, omdat so ‘n normestelsel spraakvryheid sou beperk.

Daar is bepaalde redes hoekom godsdiensvryheid nie maar sommer as net nog ‘n mensereg hanteer kan word nie. In die reël plaas godsdienste hul Opperwese as ‘n wese ver bo die mens verhewe, onaantasbaar van kritiek.

Die Christelike godsdiens ken, vanuit Bybelse gesag, net een onvergeeflike sonde, naamlik laster teen die Heilige Gees. In verskeie tekste maan die Bybel teen die verwoestende effek van die tong wat dinge kwytraak wat moes gebly het. Boonop plaas die Christen die Bybel bo enige mensegeskepte kodes, soos ‘n Handves van Menseregte, veral waar daardie Handves strydig met Bybelse gesag is en onder meer aborsies op aanvraag moontlik maak.

Op die oomblik woed daar in Volksblad se briewewebwerf ‘n diskoers oor die evolusieleer waar Christelike liefde en selfs die waarheid van die eerste slagoffers was.

Die wysheid van Salomo is nodig.

onlineФильчаков Александр Васильевич

Cosatu wil nie skiet-die-boere lied verbied sien

Die vakbond Cosatu het Maandag gesê die lied ‘skiet die boere’ behoort nie verbied te word nie en omdat dit deel vorm van die geskiedkundige stryd teen apartheid.

“Cosatu stem ten volle saam met die ANC se argument dat die lied deel vorm van die mense se geskiedkundige stryd teen apartheid,” het die vakbond in ‘n verklaring gesê.

Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag bevind dat die gebruik van die woorde “dubula ibhunu” (skiet die boere), ongrondwetlik en onwettig is.

Cosatu het ook hul kommer uitgespreek oor die hooggeregshof se bevinding, en voer aan dat indien die woorde letterlik geïnterpreteer word, dit mag voorkom asof die lied ten gunste van rassehaat en geweld is.

“Die woorde reflekteer die woede van mense wat aangeval en vermoor is. Al die basiese regte was hulle ontneem en hulle kon nie wettig of grondwetlik terugbaklei nie.”

Die liedere wat in daardie dae gesing is, reflekteer die mense se swaarkry, het Cosatu gesê.

детские палатки домикилобановский политик

Uiteindelik! ‘n Maxvrye naweek

Uiteindelik! ‘n Maxvrye naweek.

Nou nog nie heeltemal nie. Hier en daar is Max nog opgerakel om hom in die Afrikaanse pers te looi oor die donkievye wat hy, Max, so oor naweke as “juweeltjies” aan Afrikaanse redakteurs opgedis het.

Dié week was dit darem duidelik dat minstens een redakteur, Tim, genoeg gehad het van Max se halfbekookte skryfsels.

Die gevolg was dat die Ore se naweek na Vrydagaand, toe die Rosestad Reds geverf is, darem nie heeltemal wanklankig geraak het nie.

Mag dit nou sommer ook die einde wees van liberale soortgenote wat nou in die mode verval het om mekaar te probeer oortref in hul ywer oor wat alles in die land (gaap) verkeerd is, wie die meeste al (gaap) onder misdaad deurgeloop het, maar steeds ‘n goeie liberalis te bly (gaap, snork). En dan sommer ‘n paar “wenke” aan die hand te doen oor hoe om dinge reg te ruk (gee pad, daai “kerrievleis” met die klankie wat ek die slag as dienspligtige moes eet het pas erg begin werk), soos om beginselvas liberaal te bly, hard te werk en nie saam te staan nie.

Max spesialiseer daarin om met sy intellektuele meerderes te gaan skoorsoek. Gewoonlik, soos Ouma Beskuit Blik altoos gesê het, skoon uit wans uit. Sou Max nou die Gilden geleentheid benut het om buite sy diepte te gaan skoorsoek en uiteindelik sy hand oorspeel het?

Ongelukkig meen ek, Blik, dat Max nog ‘n sterk vroulike fênklub, die NPFRK (Nasionale Pers Feministiese Redakteursklub) het – dat die arme lesers nog steeds gereeld aan sulke Maximale pot tjsôl uitgelewer gaan wees.

Tim meen Max en vennote het in die verlede vasgehaak, en weet nie hoe om hulle by die nuwe omstandighede (ek meen dis by die vrug van hul arbeid) aan te pas nie.

As daar nou ‘n Afrikaanse skrywer is wat die “papiere” het dat hy deel van die struggle-era was, is dit nou Breyten Breytenbach. Hy was tjoekie toe vir sy aandeel in die Atlas-Okhela-spulletjie. Jan Rabie skryf in sy boek, ‘n Boek vir Onrus, hy meen Breyten se naïwiteit het die oorhand gekry. Nou word Breyten hier en daar en oral aangehaal oor hoe mistroostig hy is oor wat hy nou help aanvang het.

Maar minstens, ek is byna-byna oortuig Breyten se ontgogeling loop Max-hulle met dekades vooruit. Volgens my herinnering het Die Burger jare gelede, toe pres. Nelson Mandela in die parlement ‘n spiets afgesteek, geskryf dat Breyten in die openbare galery was en met die uitstapslag aan joernaliste gesê het..”en almal weet hy lieg deur sy nek.”

Maar ek kan dit nie met my hand op die Bybel sê nie, want ek kan so ‘n berig glad nie op enige Naspers elektroniese argief opspoor nie. Net soos die berigte wat ek nie kan kry nie oor die lang lyste van kriminele rekords waarmee Wes-Kaapse en Vrystaatse polisielede “spog” nie.

Maar ek meen al lank Afrikaanse letterkundeskrywers, die skeppers van ware prosa en poësie, het hul “gewete van die volk” verloor en is maar stram om die teenswoordige wanpraktyke, plaasmoorde, dienslewering wat in dui stort, wonderkure teen Vigs soos stort, en kondome wat op die land gestort word, as deel van die land se historiese letterkundige oeuvre op te teken.

Nee, om oor olie apartheid te skryf was darem te lekker om nou onder daai “comfort zone” te moet uitkruip. Nou moet die spotprenttekenaars die toon aangee.

 

медицинская справка 86Александр Фильчаков

Eskomkrag van Donderdag duurder

Suid-Afrikaners, veral wit Suid-Afrikaners, sal van vandeesweek meer vir krag moet betaal wanneer Eskom se elektrisiteitstariewe Donderdag verhoog word.

Die verhoging vir 1 April sal op kliënte wat direk van Eskom krag koop, van toepassing wees.

Munisipaliteite sal eers vanaf die 1ste Julie aan hulle kliënte die verhoging deurgee.

Nersa, die Nasionale Elektrisiteitsreguleerder, het  vroeër vanjaar ‘n 25% verhoging in Eskom se tariewe goedgekeur.

Kragtens die besluit mag Eskom ook nóg ‘n 25% verhoging jaarliks oor die volgende drie jaar in werking stel.

оборудование купитьпрокурор харьковской области

Malema besoek Zimbabwe eersdaags

Die ANC-Jeugliga president Julius Malema sal na verwagting Zimbabwe Vrydag besoek, het The Herald koerant Maandag berig.

Volgens die koerant, is die doel van Malema se besoek was “om solidariteit te toon met die mense en hul stryd vir volle ekonomiese onafhanklikheid “.

Die ANC-jeugwoordvoerder Floyd Shizhambu en ander lede van die leierskap – Kenetswe Mesenogi en Palesa Notsi – sal Malema vergesel, het The Herald gesê.

Malema sal na verwagting om ‘n aantal byeenkomste en vergaderings tydens sy vierdaagse besoek bywoon.

Minister Saviour Kasukuwere is deur The Herald aangehaal waar hy Malema as ‘n “lewendige jong politieke leier met’ n passie vir werklike ontwikkeling”, noem.

Hy het gesê die ANCJL-leier was “duidelik onderweg na die nuwe fase van ekonomiese rewolusie wat fokus op die deelname van jongmense in nasionale ontwikkeling”.

Kasukuwere het bygevoeg dat die besoek verhoudings tussen Zimbabwe en Suid-Afrika kan verstrek asook jeugbewegings uit die twee lande in staat sal stel om ervarings te deel en strategieë te beplan.

“Kameraad Malema is ‘n sterk voorstander van verinheemsing en dit sluit goed aan by Zimbabwe se pogings in die bemagtiging van sy inheemse mense, ” het Kasukuwere gesê.

Zanu-PF-Jeugliga se adjunk-sekretaris vir inligting Cecilia Chivhanga, het Sondag gesê dat Malema die geleentheid sal kry om plekke van belang vir die ANC te besoek soos “die gebiede waar die ANC-kaders gedood is tydens die stryd vir Suid -Afrika se onafhanklikheid. “

Sy het gesê Malema sal senior Zanu-PF-lede in die verinheemsings- en administratiewe staatsdepartemente ontmoet om meer te leer oor Zimbabwe se “revolusionêre bemagtigingsprogram”.

apk gratisФильчаков прокурор харькова

Senegal onthou slawehandel

Senegal het hulle teen slawehandel en ander misdade teenoor die mensdom uitgespreek en wil in die toekoms fokus op die nagedagtenis daarvan eerder as om finansiële vergoeding na te streef.

Die eerste van miljoene slawe wat vanaf Afrika na die Amerikas geneem is, was vanaf dié Wes-Afrika land afkomstig wat slawehandel Dinsdag amptelik as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar het.

Volgens Cheikh Bamba Niang, woordvoerder vir die minister van justisie, sal dié wetgewing nie enige finansiële vergoeding behels nie.

Verskeie veldtogte om vergoeding vir Afrikane en Afro-Amerikaners as gevolg van slawehandel duik gereeld op en veroorsaak heelwat kontroversie.

“Hierdie wet verseker dat ons slawehandel vir ewig sal onthou. Dit is ‘n regterlike reaksie op ‘n historiese feit. Die impak en nagevolge van slawehandel op Afrika kan nooit vergeet word nie,” het Niang gesê.

arabian nights gameОлександр Фільчаков прокурор

N4 se tolhekke dalk ontwrig

Tolhekke op die N4-snelweg in Mpumalanga gaan dalk nie van vandag af beman word nie.

Lede van Satawu, die South African Transport and Allied Workers Union, gaan oor looneise staak.

Onderhandelings oor loonverhogings met die werkgewer Trac, Trans African Concessions, was glo nie suksesvol nie.

Mense wat die stakers goedgesind is, wil ook Woensdag na die tolhek tussen Middelburg en Witbank opruk.

Vusi Ntshangase, provinsiale Satawu-sekretaris, het aan Beeld gesê hulle beplan nie om die hekke of paaie te versper nie, “maar omdat simpatiseerders by ons kan aansluit, kan ons geen versekering gee dat motoriste nie ontwrig sal word nie”.

sign upОлександр Васильович Фільчаков

Britse koerant berig oor ‘uitwissing van boere’

Die Britse koerant, The Sunday Times, het gister berig oor die “uitwissing van Suid-Afrikaanse boere” en die ANC se volharding in die sing van “vryheidsliedjies” waarin hul ondersteunders tot moord op Boere en Afrikaners aangehits word.

Die koerant noem die syfer van 3000 boere wat sedert 1994 vermoor is.

In leserskommentaar by die berig op die koerant se webblad word parallelle getref tussen Zimbabwe en Suid-Afrika, met menige leser wat voorspel dat die land uiteindelik dieselfde verwoesting en hongersnood as sy noordelike buurman tegemoet gaan.

online casino noАлександр Фильчаков прокурор

Mosambiek kan nie landmyne pypkan

Vyftien mense is verlede jaar in landmynontploffings in Mosambiek dood.

Volgens mnr. Julio Braga, hoof van dié land se nasionale ontmyningsagentskap, is hulle bekommerd oor die sterftes wat nog deur landmyne veroorsaak word.

Die myne is geplant tydens die 16 jaar lange burgeroorlog wat in 1992 tot ’n einde gekom het.

Mosambiek het onlangs aangedui dat hy nie uitvoering sal kan gee aan die bepalings van die Ottawa-konvensie wat in 1999 onderteken is nie en waarvolgens die landmyne binne tien jaar verwyder moes word.

no deposit winтопкарго