Boeremag was intelligensie-operasie

‘n Eertydse misdaadintelligensie-offisier het bevestig dat die Boeremag ‘n skepping van die polisie was, het Rapport berig. Die oud-polisieman het nie kommentaar gelewer oor of die Weermag ‘n rol gespeel het in die sameswering nie.

Kapt. Deon Loots beweer hy was self die werwer en hanteerder van die polisie-agent JC Smit, wat die Boeremag geïnfiltreer en later hoofstaatsgetuie geword het.

Loots sê Smit is in sy huis opgelei in hoe om plofstof te gebruik. Die doel daarvan was om Boeremaglede te inkrimineer.

“Dokument 12”, die sogenaamde meesterplan wat die kern van die saak teen die aangeklaagdes was, en as die bloudruk van die samesweerders beskou word, is deur die polisie self geproduseer.

“Die dokument is sedert die aanvang van die ondersoek op my skootrekenaar aangepas en verander en deur ‘n ander polisieman reggeskaaf. Die dokument het nie onder die regses ontstaan nie, maar is aan hulle opgedis,” het Loots in ‘n beëdigde verklaring gesê.

Hy sê die beskuldigdes, hofselle en konsultasies is afgeluister met die jongste tegnologie wat in die VSA bekom is.

“Ek het persoonlik die monitors dopgehou terwyl die aangeklaagdes die saak en getuienis met hul regsverteenwoordigers bespreek het.”

Hy sê alle inligting is na misdaadintelligensie se hoofkantoor gestuur sodat hulle ‘n teenstrategie kon opstel.

Dit was uit die staanspoor duidelik dat die rolspelers buitelandse moondhede se agenda gedien het in die kenmerkende verdagmakery teen Afrikaners, met die mediamonopolie wat hulself ook dadelik van die term Afrikaner gedistansieer het.

Die totstandkoming van die “ekstremistiese” Boeremag het gesorg dat landelike veiligheid, die hergroepering van die kommando’s en georganiseerde eiendomsaansprake van boere in duie stort, ter wille van versnelde grondhervorming, swart grondaansprake en die nuwe Wapenwet wat eienaars ontwapen het en hul blootgestel het aan voortslepende grusame aanvalle en ongebreidelde misdaad.

Die Afrikaanse mediamonopolie en hul agente het hierdie proses deurentyd gedryf, deur “ekstremistiese” gedrag van Afrikaners te stigmatiseer sonder om die ANC aan dieselfde kritiek te onderwerp, waarskynlik om verloopte Afrikaners en wit NP-soustreinryers binne die ANC te beskerm.

Фільчаков Олександр Васильович

Rassekloof al groter oor Pretoria se naam

Die kwessie oor Pretoria se naamsverandering het weer die klem op rasverskille laat val. Die ANC-ondersteuners, almal swart, het dit dié naweek weer duidelik gemaak dat hulle absoluut geen saak met die Afrikaners se wettige aansprake op die naam het nie.

Die Vryheidsfront Plus het reeds sy ernstigste moontlike beswaar teen die Tshwane Metroraad se voorgestelde verandering van Pretoria se naam gemaak. Lede van die party in Pretoria het van die verskillende vergaderings bygewoon en hulle besware gestel.

Omdat slegs Afrikaanse geskiedkundige name soos Pretoria, Louis Trichardt en Pietersburg geteiken word, word dit as ‘n berekende klap in die gesig van die Afrikaner gesien. Dit maak ongedaan al die voornemens oor die verbetering van verhoudinge wat by die Minister van Kuns en Kultuur se Julie beraad in Soweto oor sosiale kohesie uitgespreek is. Engelse koloniale name soos Queenstown, Kimberley, Durban en King Williams Town word nie aan geraak nie.

In ‘n voorlegging het mnr Jaco Mulder, VF Plus leier, Gauteng, die standpunt van die partyleier dr Pieter Mulder geargumenteer dat, omdat Pretoria die Suid-Afrikaanse hoofstad is, behoort die besluit oor so ‘n naamsverandering nie op plaaslike bestuursvlak geneem te word nie. “Dit is ‘n saak wat op die hoogste vlak geargumenteer moet word.”

Die wyse waarop name tans op ‘n ad hoc basis in Suid-Afrika verander word, lei tot konflik en polarisasie tussen die verskillende gemeenskappe in elke dorp of stad wat so geraak word. Praat nie eers van die koste vir die inwoners van so dorp nie.

Teen meeste van die amper 1000 name wat reeds in Suid-Afrika verander is, het die VF Plus nie beswaar gemaak nie. Daar is egter ‘n groot verskil tussen die naamsverandering van byvoorbeeld Pampoenfontein teenoor Pretoria. Pretoria dra swaar aan geskiedkundige en emosionele betekenis en waarde vir veral die Afrikaanse gemeenskap. Die internasionale benadering in so ‘n geval is dat die gemeenskap wat kultureel regstreeks geraak word, volledig geken behoort te word en saam te stem, voor so ‘n verandering kan plaasvind.

Die verskillende rasse in die Pretoriase stadsaal het nie bymekaar gesit nie. Aan die een kant van die saal het Die Stem weerklink, en aan die ander kant het ANC-ondersteuners gedans en struggle-liedere gesing om die Volkslied te probeer uitdoof.

Die sanger Steve Hofmeyr het gister gesê die naamsveranderingskwessie is ‘n onversoen­bare debat. Die DA-lede wat opgedaag het om politieke punte aan te teken, was versoenend teenoor die ANC, maar hulle pleidooi om albei name te gebruik, het op dowe ore geval.

Die ANC het in 2004 ‘n onderneming gegee dat die naam Pretoria nie sal verander nie.

Александр Фильчаков Васильевич

‘Mynbase het AMCU geskep’

Die sekretaris-generaal van die SAKP, Blade Nzimande , sê mynbase is verantwoordelik vir die totstandkoming van die mynwerkersvakbond, AMCU.

Hy sê AMCU het net voor die Marikana-tragedie in Augustus eers kop uitgesteek. Nzimande het alle affiliasies van die vakbondfederasie, Cosatu, aangemoedig om die mynwerkersunie, die NUM te steun.

Hy het by ‘n Rooi Oktober-saamtrek by die Universiteit van Venda in Limpopo verwys na die wydverspreide onbeskermde stakings in die mynbedryf.

Nzimande sê die SAKP verwerp die bewerings dat wat in Marikana gebeur het, die NUM se skuld was of dat dit die gevolg was van bakleiery tussen twee vakbonde. Hy sê AMCU word deur werkgewers ondersteun om die NUM te verswak.

Intussen het die NUM die polisie daarvan beskuldig dat hy traag is om diegene in hegtenis te neem wat verantwoordelik is vir die dood van sy lede by myne by Rustenburg in die Noordwes.

Dit volg na die moord Saterdag op iemand by ‘n mynhostel op Marikana. Die woordvoerder van die NUM, Lesiba Seshoka, sê dit wil voorkom asof die moordenaars iemand anders in oog gehad het. Hy sê sy lede word sedert die Lonmin-staking by Marikana toenemend geteiken en dat hulle lewens voortdurend in gevaar is.

Данильченко Харьков

SA krisis is deur Dinokeng-scenario’s voorspel

Die frustrerende aspek van Suid-Afrika is dat die land voortstrompel op pad na ‘n voorspelde ramp. Soos ‘n slaapwandelaar onderweg na ‘n afgrond, gil en skree ‘n mens, maar die pasiënt word nie wakker nie.

Vir liberale en linkses, is dit maklik om geregverdigde vrese oor die land se toekoms as “regse” of konserwatiewe vooroordele af te lag. Tussen 2008 en 2009 het ‘n hele klomp swart leiers en enkele liberale blankes egter werkswinkels by Dinokeng gehou om drie uitweë of scenario’s vir Suid-Afrika te voorspel. Selfs Graça Machel was op die paneel verteenwoordig. So ook Ryan Coetzee, die DA-strateeg en Kallie Kriel van Solidariteit/Afriforum. Ander Dinokeng-name, wat sekerlik deur die hoofstroom- linksliberale media en deur die buiteland as “belangrik” geag sou word, is: Miriam Altman, Reuel Khoza, Yogan Naidoo, Frans Baleni, Njongonkulu Ndungane, Ann Bernstein, Antjie Krog, Maite Nkoana-Mashabane, Nkosinathi Biko, Thandi Nontenja, Cheryl Carolus, Mary Malete,    Thami ka Plaatjie, Angela Coetzee, Vincent Maphai, Mamphela Ramphele, Rick Menell, Sonja Sebotsa, Paul Hanratty, Daniel Mminele,    Raenette Taljaard, Bob Head, Namhla Mniki, Mathatha Tsedu, Haniff Hoosen, Aaron Motsoaledi, Sim Tshabalala, Moemedi Kepadisa, Jay Naidoo en Musa Zondi.

Daar is seker heelwat geld op die Dinokeng-”proses”, soos dit genoem is, geblaas en kort na afloop daarvan het heelwat artikels daaroor in die media verskyn. Intussen het dieselfde joernaliste en kommentators egter gerieflikheidshalwe van hul selfversekerde voorspellings en ontledings vergeet.

‘n Boek is insgelyks oor die Dinokeng-scenario’s uitgegee, wat in PDF-vorm van die Dinokeng-webwerf afgelaai kan word (sien skakel hier bo).

Die Dinokeng-span het egter drie uitweë vir Suid-Afrika voorspel: “Loop apart, loop agter en loop saam.” Uiteraard het die span die Amerikaanse “reënboognasie”-begrip vooropgestel en is “loop saam” as die ideaal voorgehou.

“Loop saam” word só beskryf: “Dié is ‘n scenario van aktiewe burgerlike skakeling met ‘n regering wat doeltreffend is en luister. Dit vra die deelname van burgers wat beter dienslewering en regeringsverantwoordelikheid vereis. Dit hang af van die wil en vermoë van burgers om hulle te organiseer en om met die owerheid in gesprek te tree, en van die gehalte van politieke leierskap en die bereidheid van sodanige leiers om met burgers te skakel.”

Tensy ‘n mens blind is – of vir Naspers/Media24 werk – kan ‘n mens vrylik konstateer dat hierdie gunstige scenario nie verwesenlik is nie. Die ANC-bewind steur hom nie aan die menings van burgers nie – of dit nou oor water, elektrisiteit, dienslewering, taal, plekname of veiligheid gaan. Selfs die ANC se eie kiesers brand nou meer openbare geboue en motorbande as ooit onder PW Botha, sondat dat die regerende party hom hoegenaamd daaraan steur. Intussen is ANC-maghebbers bloot besig om hul sakke te vul en onder mekaar oor die buit te baklei.

Die tweede scenario wat die Dinokeng-groep geëien het, is dié van “loop agter”. Dit behels ‘n soort Sowjet-staat waar alles sosialisties beplan word. Josef Stalin het mos die “vyfjaarplan” wêreldberoemd gemaak. Ook Frankryk is lief vir sulke staatsgedrewe “planne”, maar die Franse slaag darem daarin om sommige planne te laat werk, hoewel die beperkings van sulke “dirigisme” soos hulle dit noem, insgelyks die land van sy volle potensiaal weerhou. Bygesê: anders as Suid-Afrika, beskik Frankryk oor hoogs opgeleide staatsamptenare, wat redelik onafhanklik van die politici, die staatsdiens en groot openbare ondernemings bestuur.

Hier by ons sit ons natuurlik met “kaderontplooiing” wat ongeag kwalifikasies of vermoëns geskied. Dog die Dinokeng-span sien dié scenario as negatief vir die land omdat “sterk staatsinmenging privaatonderneming deur die sakesektor en burgerlike gemeenskap verdring. Die risiko’s van hierdie scenario is tweeledig: eerstens, dat die land onhoudbare skuldvlakke opbou; tweedens dat die staat toenemend outoritêr raak.”

Is hiedie scenario dalk in ons land verwesenlik? Daar is sekerlik elemente daarvan, soos die ANC se voorneme om te nasionaliseer en boere se grond af te neem, maar oor die algemeen weerhou die ANC se onbekwaamheid hom daarvan om ‘n werklike ystergreep, soortgelyk aan dié wat in totalitêre Oos-Europese lande onder kommunisme gegeld het, te verkry.

Die derde Dinokeng-scenario van “loop apart” is egter die mees negatiewe. Ons kan dit ook, ten einde enige verwarring met apartheid te voorkom, “stort in duie” noem. Vir alle praktiese doeleindes behels dit ‘n staat wat misluk. Volgens die Dinokeng-span gaan dit vir die leiers om ‘n speletjie van “vrot-eier” waar een faksie of elitegroep ‘n ander vervang. Geen van die land se uitdagings of probleme word aangespreek nie. Daar heers veral “swak kapasiteit in regeringsdepartemente” en politieke faksionalisme wat die staat kortwiek.

Soos die Dinokeng-span dit stel: “Die burgerlike gemeenskap raak toenemend vervreem soos wat openbare vertroue in openbare instellings afneem. Die staat word toenemend deur burgers vermy, wat daartoe lei dat onverantwoordbare groepe mag of beheer oor sekere dele van die maatskappy verkry. Die gaping tussen leiers en volgelinge raak groter. Burgers se geduld raak uiteindelik op en gaan oor tot betogings en onrus. Die regering, wat daartoe gedryf word deur sy onvermoë om aan burgers se eise en verwagtinge te voldoen, reageer brutaal, en ‘n spiraal van weerstand en verdrukking word ontketen. Verval en desintegrasie neem oor.”

Enigeen wat ons situasie nugter beskou, sal saamstem dat die “loop apart”-scenario dit die beste opsom. Oral is daar betogings, stakings en geweld soos vragmotors wat verbrand word wat die staat slegs deur hardhandige optrede soos tydens die Marikana-slagting kan afweer.

Terwyl die Dinokeng-scenario’s veronderstel was om oor ‘n dekade vanaf 2009 uit te speel, is die uiters negatiewe “loop apart”-scenario egter binne slegs drie jaar verwesenlik! Dus het dit nie tien jaar geneem soos die scenario-voorspellers aanvanklik gedink het nie. Dit is iets wat ek ook tydens my tydperk in die finansiële markte geleer het: dinge gebeur altyd vinniger as wat mens dink. Teen die tyd dat jy ‘n toekomstige mark- of maatskaplike beweging in die vooruitsig stel, gebeur dit klaar.

Uiteraard was die idealistiese, liberale “loop saam”-scenario van die begin af gedoem omdat Suid-Afrika in 1994 die verkeerde politieke stelsel verkry het wat alle mag in die hande van ‘n voormalige terroristebende gekonsentreer het. Indien ons oor ‘n federale stelsel soos die VSA, Duitsland of veral Switserland beskik het, sou die land veel meer suksesvol gewees het en in staat om huidige probleme die hoof te bied.

Afrikaners sal moet aanvaar dat mnr. FW de Klerk, asook sy Britse en Amerikaanse meesters, se visie vir Suid-Afrika as “klein Engeland waar almal vir een regering stem” totaal misluk het. Te midde van die toenemende anargie sal ons ons eie planne moet maak. ‘n Herrese Afrikanerdom kan op die lang duur die land en die streek net ten goede strek, omdat daar uiteindelik ‘n stabiele pool sal ontstaan waaromheen die samelewing hom kan herrangskik.

Is ons reg vir die uitdaging?

PRAAG het oplossings. Ondersteun ons!

 

Данильченко Юрий Харьков

Brittanje sal moet hoes vir koloniale marteling

Brittanje se Foreign Office het gesê hulle sal teen ‘n Hoërhof-uitspraak appelleer Vrydag, nadat drie bejaarde Keniane wat onder Britse bewind gemartel is in die 1950’s hul eis vir skadevergoeding van Londen gewen het.

“Die uitspraak het potensieel beduidende en verreikende regsimplikasies,” het hulle gesê in ‘n verklaring.

“Die normale tydlimiet vir die totstandkoming van ‘n ​​siviele geding is 3 tot 6 jaar. In hierdie geval, is daardie tydperk uitgebrei na meer as 50 jaar ten spyte van die feit dat die sleutelbesluitnemers dood is en nie in staat is om hul weergawe te gee van wat gebeur het nie.”

Die Foreign Office het bygevoeg dat nie betwyfel dat elk van die drie eisers in hierdie geval marteling en ander mishandeling verduur het aan die hand van die koloniale administrasie nie.

Regsgeleerdes vir die eisers het Vrydag gesê die uitspraak sal deeglik bestudeer word deur die slagoffers van beweerde koloniale marteling van Suid-Afrika, Maleisië, Jemen tot in Ciprus en Palestina.

Данильченко

‘De Johannesburgziekte’

Nadat hij door vijf zwarte mannen in een park in Johannesburg is overvallen, worstelt journalist Fred de Vries met slapeloze nachten en heftige hartkloppingen.

Volgens zijn huisarts lijdt hij aan de ‘Johannesburgziekte’. „De angst voor de lugubere zwarte man die zijn deel komt opeisen zit hier diep verankerd in het onderbewuste. Hij is als een long, zet uit en krimpt in, maar raakt nooit helemaal leeg.”

Het liep tegen zonsondergang. Om af te koelen van het joggen, liepen we nog een rondje om de plas. Twee zwarte jongens passeerden ons op een stil, door bomen beschut stukje. Wij groetten hen. Zij draaiden zich om. Een van hen haalde een pistool tevoorschijn. Ik keek achterom. Daar stonden nog drie jongens, van wie er een dreigend een mes omhooghield. „Beursie!”, schreeuwden ze. „Selfoon!” Handen betastten ons. „We hebben niks! We waren aan het joggen!”, schreeuwde ik zo hard ik kon, in de hoop dat de mensen met honden in de verte het zouden horen. Uiteindelijk draaiden de vijf zich om. „Sharp, bye”, zei de aanvoerder, alsof het een toevallige ontmoeting betrof.

In eerste instantie was ik koel onder het voorval. Shit happens. Je bent nu eenmaal in Zuid-Afrika, waar volgens de statistieken zes procent van de bevolking direct te maken krijgt met gewelddadige misdaad. In Johannesburg ligt dat cijfer vele malen hoger. Een steekproef onder studenten van de Universiteit van Witwatersrand wees uit dat maar liefst zeventig procent van de ondervraagden direct of indirect slachtoffer was geweest van zware misdaad.

Wij waren er ongeschonden vanaf gekomen. Niks kwijt, niet verkracht, niet mishandeld. Toch belden we de politie, al was het maar om het gevaar in het park te melden. De twee agenten die aan de deur kwamen vroegen: „Wat wilt u eigenlijk dat we doen? U bent niks kwijt en niet mishandeld.”

Maar ik was wel iets kwijt: mijn gevoel van veiligheid, mijn zelfvertrouwen en mijn vertrouwen in ‘de ander’.

De ‘Johannesburgziekte’ noemde de dokter het toen ik haar vertelde over mijn hypergespannen nachten en hartkloppingen op onverwachte momenten. „Het is post-traumatische stress”, zei ze, waarna ze me slaappillen en antidepressiva voorschreef.

Een overval is een aanranding. Het is een aanval op je intiemste ik. Woede, verontwaardiging en onmacht wisselen elkaar af. Waarom ik? Wat als? Heel even zie je je eigen dood. Het is jij, je vriendin en vijf gewapende aanvallers. Verder niets. Honderden gedachten schieten door je hoofd. Waar kan ik heen? Moet ik schreeuwen? Waar is hulp? Waarom voelen ze in mijn kruis? Waarom betasten ze haar borsten? Als ze haar maar niet de bosjes insleuren.

Dan is het voorbij. Het incident wordt het ijkpunt waaraan je alles gaat afmeten. Al het nieuws krijgt een andere tint: werkloosheidscijfers, wapenbezit, misdaadstatistieken, economische prognoses, een minister die zegt dat de ‘klagers en zeurders over criminaliteit’ maar moeten emigreren. Plotseling kun je tijdens etentjes meepraten over hoe het voelt om een wapen onder je neus te krijgen. Ineens hoor je jezelf dingen zeggen als: „Het wordt nooit wat met dit land.” Je betrapt jezelf op racistische gedachten.

Ook het dagelijks leven verandert. Je kunt niet langer onbekommerd genieten. Het is onmogelijk om zorgeloos te gaan en staan waar je wilt. Altijd kijken of er bewakers rondlopen. Constant speuren naar tekenen van onheil. Niemand vertrouwen.

Je begint codes te herkennen, kledingstukken, gezichtsuitdrukkingen, houdingen. Als er vijf zwarte jongens met lepe petjes en hun handen in de zakken een winkel binnenkomen, sta je op scherp en herbeleef je dat gevoel van totale machteloosheid.

Om beter te begrijpen wat er met me is gebeurd, spreek ik een aantal psychologen dat onderzoek heeft gedaan naar trauma.

Als het incident lang heeft geduurd kan het door zijn onwerkelijkheid de vorm van een droom aannemen. Het lichaam blijft een tijdlang in een staat van opwinding, hetgeen zich vertaalt in waakzaamheid en schrikreacties. Als die toestand te lang voortduurt raakt het lichaam uitgeput.

De symptomen van die verlengde stress variëren per persoon, afhankelijk van eerdere ervaringen. Als ze na een week of vier nog voortduren, is er sprake van Post Traumatische Stress Disorder, oftewel de ‘Johannesburgziekte’.

Lees die hele stuk hier.

Данильченео

Broeder pleit vir Solidariteit-party

Prof. H. Christo Viljoen, het in ‘n brief aan die Volksblad geskryf dat Dianne Kohler Barnard, DA-polisiewoordvoerder, is ‘n growwe belediging teen Afrikaners geuiter het.

Nadat die DA-LP versoek is om ‘n paar sinne van haar parlementêre toespraak in Afrikaans te herhaal ter wille van Afrikaanse radio-luisteraars, het Kohler Barnard gesê: “Oor my dooie liggaam. Ek praat eerder Spaans”

As sy verskoning gevra het vir die feit dat sy nie Afrikaans magtig is nie, sou haar verduideliking ten volle verstaan kon word en daar volle begrip gewees het vir haar situasie, sê hy.

Haar ongevoelige “oor my dooie liggaam”-uitspraak getuig van onverbloemde en ongevoelige minagting vir Afrikaans en sprekers van die taal, wat verreweg die grootste persentasie stemme vir haar party verteenwoordig (volgens Helen Zille se uitspraak in 2009 meer as 70%.)

Die vraag is of Helen Zille, as DA-leier, hierdie openbare demonstrasie van een van haar party se senior parlementslede goedkeur.

Viljoen meen dat Afrikaanssprekendes, waarvan die meerderheid volgens hom nie wit is nie, ‘n party soos die Poolse Solidariteit nodig het.

Фільчаков Олександр Васильович

Word Tutu vergoed vir sy uitlatings oor Blair?

Is die “beginselvaste” stryder teen apartheid, emeritus aartsbiskop Desmond Tutu betaal vir sy onlangse uitlatings teen Tony Blair se onwettige besluit om Irak binne te val?

Die Mo Ibrahim-stigting gaan ‘n eerbewys en R8,5 miljoen aan Tutu gee uit erkenning vir sy “lewenslange toewyding daaraan om die owerhede die waarheid te vertel”. Die enorme bedrag sal later vanjaar by die jaarlikse Ibrahim-besprekingsforum in Dakar, Senegal, aan Tutu oorhandig word.

Mo Ibrahim, voorsitter van die stigting, het dié aankondiging gister op ‘n mediakonferensie by die Hyatt Regency-hotel in Rosebank, Johannesburg, gedoen.

Die lofprysinge vir die swart profeet het gereën by die geleentheid. “Hy is een van Afrika se groot stemme vir geregtigheid, vrede, demokrasie en verantwoordelike regering,” het Ibrahim gesê.

Hy het gesê Tutu gee die afgelope 50 jaar ‘n stem aan die onderdruktes en praat altyd “die ongemaklike waarheid”. Tutu se “integriteit en morele verhewendheid” verdien dié erkenning, sê die stigting.

лобановский харьков

Turkye magtig oorgrensoperasies in Sirië

Zafer Caglayan, Turkse minister van ekonomiese ontwikkeling, het spesiaal na Suid-Afrika gereis om die reusagtige nuwe Turkse moskee en Nizamiye-kompleks in Midrand te open. Pres. Jacob Zuma het dié nuwe kompleks Donderdag amptelik geopen.

Nomvula Mokonyane, Gautengse premier het ook die geleentheid bygewoon. Zuma het gesê die moskee is simbolies van die goeie verhouding tussen Suid-Afrika en Turkye. Die moskee is deur die Turkse sakeman Orhan Celik gebou en sluit ‘n kliniek, ‘n skool en sportgeriewe in.

Turkye se parlement het intussen ook Donderdag oorgrens militêre operasies in Sirië gemagtig. Die stap volg na ‘n mortieraanval op die grens tussen Turkye en sy buurland. Damaskus het om verskoning gevra vir die voorval.

Turkye se verbintenis met NAVO, en meer spesifiek, Wallstraat en Londen, om pogings te lei in die die skep van “veilige hawens” in Sirië se noorde, en “humanitêre” hulp te verskaf, het die land egter onderskraag om tot die jongste stap oor te gaan.

Dit is bevestig deur die Fortune 500-befondsde, Amerikaanse buitelandse beleidsdinkskrum, die Brookings Institution wat bloudrukontwerpe vir die regimeverandering in Libië sowel as beide Sirië en Iran gelewer het. In hul verslag “Assessering van opsies vir regimeverandering” word vermeld dat die “alternatief vir diplomatieke pogings is om eerste te fokus op hoe die geweld kan eindig om humanitêre toegang te verkry, soos wat gedoen word onder Annan se leierskap. Dit kan lei tot die skepping van veilige hawens en humanitaire korridors, wat sal moet word gerugsteun word deur ‘n beperkte militêre mag. Dit sou natuurlik, nie Amerikaanse doelwitte vir Sirië alleen help bereik nie en kan Asad aan die mag hou. Van daardie uitgangspunt, egter, is dit moontlik dat ‘n breë koalisie met die toepaslike internasionale mandaat verdere dwang kan voeg by sy pogings.” [p.4 van die verslag]

Brookings gaan voort deur te beskryf hoe Turkye groot hoeveelhede wapens en troepe langs die grens in samewerking met Amerikaanse bondgenote, gewelddadige regime verandering kan help in Sirië.

Die Turkse parlement met 320 -129 ten gunste van die wetsontwerp gestem, maar die regering was vinnig om die persepsie dat hulle land voorberei vir ‘n eensydige militêre aanval uit te skakel.

Turkse premier Erdogan het gesê Turkye “wil nie ‘n oorlog met Sirië begin nie”.

“Al wat ons wil hê in hierdie streek is vrede en veiligheid Ons het geen voorneme om oorlog te begin nie. Ons is bewus van die uitkoms, die gevolge van die oorlog in Irak en Afghanistan… ons sien dieselfde in Sirië,” het hy aan Al Jazeera gesê. Maar Erdogan het gewaarsku dat die land in staat is om homself te verdedig teen bedreigings soos die mortieraanval.

Adjunkpremier Besir Atalay het na Donderdag se stemmery Turkye se plan vir Sirië verdedig. “Die uitkoms is nie vir oorlog nie… Dit het afskrikmiddel-eienskappe,” het hy gesê.

Atlay het beklemtoon dat Turkye se prioriteit is om in samewerking met “internasionale instellings” oor Sirië op te tree.

Sirië se VN-gesant het Donderdag gesê: “Siriese owerhede het bevestig dat hulle ernstig ondersoek sal instel na die bron van die aanval wat gelei het tot die dood van Turkse burgers.”

Hillary Clinton was in teenstelling vinnig om Sirië te veroordeel vir Woensdag se mortieraanval in Turkye. “Ons is woedend [oor die aanval] en ons is baie jammer oor die verlies van lewe, wat plaasgevind het aan die Turkse kant. Ons werk saam met ons Turkse vriende.”

Oorspronklik is die wetsontwerp ingedien om militantes van die Koerdiese Arbeiders Party (PKK) wat vir ‘n onafhanklike Koerdiese staat veg, te teiken. Die Koerde het basisse in die noorde van Irak, wat de facto nie onder beheer van die regering in Bagdad is nie. Die Turkse weermag het ‘n aantal lug-en grond aanvalle op Koerdiese posisies in Irak gedoen, die meeste van hulle baie suksesvol.

данильченко юрій Харків

Arbeidsonrus kry momentum

Samwu, die munisipale werkersvakbond, wil die “die land verlam” as plaaslike regerings nie gehoor gee aan salariseise nie. Intussen het onderhandelings om die gewelddadige vragmotorbestuurderstaking te beëindig, in duie gestort.

Samwu se staking volg nadat arbeidsonrus meer as ‘n maand gelede in die mynbedryf begin het en na die vragvervoerbedryf uitgebrei het.

Vakbonde het die laaste aanbod van die Padvragvereniging (RFA) van die hand gewys in die derde ronde van onderhandelinge. Geen verdere vergaderings word in die vooruitsig gestel nie.

Intussen is nog vyf vragmotors Donderdag aan die brand gesteek. Stakers het ‘n vragmotor by die N12-snel-weg naby Elandsfontein, Germiston, met ‘n petrolbom aangeval.

Die bestuurder en twee passasiers is aangerand. Die verkeer van Kempton Park na Johannesburg het sowat drie uur lank tot stilstand gekom. Net twee bane was in die teenoorgestelde rigting oop.

‘n Vragmotor is in Railway-straat in Germiston aan die brand gesteek. Die bestuurder het gevlug, maar die pad tussen Park- en Plantationweg is steeds gesluit.

Nog ‘n petrolbomaanval is op ‘n vragmotor in Wadeville geloods en in Heidelbergweg in Roodekop is ‘n vragmotor aan die brand gesteek. Die paaie is steeds gesluit en die bestuurders het gevlug.

Die nasionale woordvoerder van Samwu, sê sowat 5 000 munisipale werkers van Limpopo sal Vrydag in Pietersburg aan ‘n massaprotesoptog na die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering (Salga), die departement van samewerkende regering en die polisie se hoofkantoor deelneem.

“Teen volgende week sal meer as 190 000 lede landwyd staak,” het die vakbond belowe.

 

 

Олександр Васильович Фільчаков