Indiërs verbeel hulself ‘koninklik’

Twintig blitspatrollie lede, 10 vinnige blitspatrollie motors, soveel as 40 lede van die polisie se teen-aanval span en ‘n BBP-beskermingseenheid en verskeie gepantserde en gespesialiseerde toesigvoertuie.

Dit is wat belastingbetalers gehoes het vir meer as 200 gaste, bestempel as “koninklikes”, met hulle bywoning van Vega Gupta se troue. Sy is die niggie van die Gupta-broers, wat met Aakash Jahajgarhia uit Indië, by Sun City in Noordwes in die eg verbind is.

Daar is reeds kontroversie oor die aankoms van ‘n passasierstraler vol bruilofgaste by Waterkloof-lugmagbasis.

‘n Ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Departement van Verdediging oor die landing sal die skuldiges wat toestemming verleen het, uitwys.

Die burgerlike gaste, wat by die lugmagbasis geland het sonder om deur doeanebeamptes deurgelaat te word, is in ‘n konvooi van wit Range Rovers vervoer, beskerm deur spesialis-polisie-eenhede wat om 5:00 moes aanmeld. Hulle het eers om 2:00 uitgeteken en is reeds ‘n week gelede bespreek.

“Die blitspatrollie lede [van regoor Gauteng] was al van diens af en sal bykomende oortydbetalings vir die werk ontvang,” het hy gesê.

Soveel as 40 polisiemanne van die teen-aanvalspan en die BBP-beskermingseenheid moes vyf vragmotors vergesel vanaf OR Tambo lughawe na Sun City. Twee van hierdie voertuie was skynbaar net vol geskenke vir die egpaar en hooggeplaastes.

Polisie Ministerie woordvoerder Zweli Mnisi het gesê die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het nie die blou-lig-begeleiding gemagtig nie.

“Dit is ‘n operasionele saak. Dit word hanteer deur die SAPD-bestuur,” het hy gesê.

Die SAPD se nasionale woordvoerder Phuti Setati het gesê: “Ons sal nie kommentaar lewer oor die saak vir nou nie.”

‘n Amptenaar by Waterkloof het gesê hulle is vertel die gaste “koninklikes” en dat hulle as sodanig behandel moet word.

“Ons is aangesê om nie vrae te vra oor die rede waarom burgerlikes hier geland het nie. Daar was, van wat ons kon sien, geen regeringsamptenare aan boord nie,” het ‘n lugmaglid gesê wat anoniem wou bly.

“Dit druis in teen alles in. Net in die ergste van noodgevalle kan gewone burgers hier land of as hulle presidente, konings en koninginne is. Nie omdat hulle vriende van die president is nie.”

Gister, het woede losgebars oor die spesiale behandeling vir die Gupta-familie.

ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe het gesê: “koppe moet rol” ne die regerende party het gevra vir ‘n ondersoek na die saak.

Mac Maharaj, woordvoerder vir President Jacob Zuma, het geweier om kommentaar te lewer, sê: “[Die Departement van] Verdediging sal kommentaar lewer.”

Toe hy gevra is as die president gemaak het enige navrae in die situasie, het hy herhaal dat hy nie kommentaar te lewer.

Die sekretarisse van die drieledige alliansie verwag om die saak te bespreek op ‘n vergadering vandag.

Doeanebeamptes by die basis het gesê die aankoms van die Jet Airways A330-203 passasierstraler was ‘n “ernstige verbreking van protokol”.

“Ons is opdrag gegee om bykomende personeel in te bring om die meer as 200 passasiers te verwerk. Ons is vertel hulle is vriende van Zuma en dit moet vinnig en met so min ongerief [moontlik] aan die gaste gedoen word,” het hy gesê.

Gupta familie-woordvoerder Gary Naidoo het daarop aangedring dat toestemming verkry is van die weermag om die basis te gebruik.

Die Indiese Hoë Kommissaris in Suid-Afrika, Virendra Gupta, kon nie persoonlik bereik word nier, maar sy kantoor het geweier om kommentaar te lewer.

“Ek is nie gemagtig om kommentaar te lewer nie,” het sy tweede in bevel, eerste sekretaris Mohit Yadav gesê.

Wie betaal die Gupta-swier?

Die minister van verdediging, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, moet antwoorde verskaf hoekom die Waterkloof-lugmagbasis beskikbaar gestel is vir die Gupta-familie en of hulle die kostes vir die gebruik van die lughawe gaan betaal en wat dit beloop, sê mnr. Pieter Groenewald, die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor verdediging.

Volgens mnr. Groenewald is die verskoning dat die Lanseria-lughawe nie geskik is vir die Guptas se vliegtuig nie, onverskoonbaar aangesien die Mafeking-lughawe nader aan Sun City is en beslis geskik is vir groot vliegtuie.

“Dit wil voorkom asof die weermag agteroor buig om die Guptas, wat bekend is vir hul ondersteuning en finansiering van die ANC, ter wille te wees.

“Wanneer die weermag en die polisie misbruik word vir persoonlike gewin, dan bevorder dit korrupsie en die misbruik van belastingbetalers se geld.

“Die minister van polisie, mnr. Nathi Mthethwa, moet ook verduidelik hoekom die polisie gebruik is vir die begeleiding van die Guptas se vriende en of die kostes betaal sal word uit die staatskas.

“Dit is totaal onaanvaarbaar dat die gewone publiek in spitstye ontwrig word en dat die belastingbetalers se geld gebruik word om dit so gerieflik moontlik te maak vir die Guptas se gaste om ‘n bruilof by te woon,” sê mnr. Groenewald.

Hy sê die VF Plus sal amptelike vrae in die parlement hieroor vra.

Gupta’s se misbruik ‘beledig’ SA

Diegene wat ‘n straler van die Gupta-familie toegelaat het om by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria te land moet tot verantwoording geroep word, het die SAKP Woensdag gesê.

“Die vliegtuig het ons nasionale veiligheid in gedrang gebring,” het Solly Mapaila, mede-adjunkpresident van die SAKP, by ‘n Cosatu-byeenkoms in Sharpeville, Gauteng gesê.

“Ons wil hê diegene wat dit gedoen het, moet tot verantwoording geroep word. Hierdie is ‘n ernstige misbruik… van die regering se hulpbronne.”

Patrick Craven, woordvoerder vir Cosatu, het Woensdag ook in ‘n verklaring gesê Suid-Afrikaners voel beledig deur die Gupta-familie se beweerde misbruik van die regering se hulpbronne.

“Dis ‘n absolute belediging vir die mense van Suid-Afrika dat private individue ‘n openbare fasiliteit kan gebruik vir hulle sosiale aktiwiteite en dat staatsamptenare hulle vergesel,” het hy gesê.

Die weermag was vroeër nie daarvan bewus dat toestemming aan die Gupta-familie gegee is om die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria te gebruik nie, het Siphiwe Dlamini, weermagwoordvoerder, Dinsdag gesê.

“Sover ek weet is geen toestemming aan ‘n private burger gegee om die basis te gebruik nie. Dit is ‘n militêre basis en ‘n nasionale sleutelpunt wat deur die regering en sy gaste gebruik word.”

Die Gupta-familie, wat The New Age-koerant en Sahara Computers besit, sal Vega Gupta (23) en die Indies gebore Aaskash Jahajgarhia se huwelik tussen 1 en 4 Mei by Sun City vier. ‘n Groot private straler vol trougaste het vroeër by die Waterkloof-basis geland om dié seremonie by te woon.

Die Guptas het vroeër Dinsdag gesê beamptes het toestemming gegee dat die vliegtuig daar kon land.

“Waterkloof is gebruik omdat Lanseria-lughawe nie die grootte vliegtuig wat deur die familie gehuur is, kon akkommodeer nie,” het Haranath Ghosh, ‘n woordvoerder vir die Gupta-familie, gesê.

“Toestemming is versoek deur, en gegee aan die Indiese hoë kommissaris, en nie die familie nie,” het hy gesê.

Pogings om dit met die Indiese hoë-kommissaris in Pretoria te bevestig, was onsuksesvol. Die SAKP het gesê Suid-Afrika se nasionale sleutelpunte is nie die speelplek vir die wêreld se rykes is nie.

Vegters teen Politieke Boelies deur Koot Jonker

Vegters teen politieke boelies

Voorwoord deur Koot Jonker

Prys: R140. Hoe om te bestel: sien onder hierdie teks.

Soos wat die grootste eenheidstaat op aarde, die Sowjet-Unie, teen die begin van die negentigerjare in die vorige eeu krakend in duie gestort het, is die Nuwe Orde in SA besig om soos ‘n kaartehuis ineen te tuimel. Soos in die jare rondom 1994, het SA andermaal by ‘n keerpunt in sy geskiedenis gekom wat ‘n herwaardering van die politieke landskap noodsaaklik maak.

Die geskiedenis leer ons dat die mensdom niks uit die geskiedenis leer nie. Ongelukkig kan SA nie hierdie luukse bekostig nie. Om die regte pad vir die toekoms te vind sal die politieke breinstrust in SA noodwendig uit die geskiedenis moet leer om ‘n herhaling van foute te voorkom.

Dit maak van Vegters teen politieke boelies ‘n uiters aktuele werk, want dit verteenwoordig geregverdigde en verantwoordelike kritiek op die grondwetlike proses wat in die jare rondom 1994 in SA aan die orde was, en aanleiding gegee het tot talle hedendaagse rampe.

Destyds was feitlik alle leiers buite die geledere van die NP-ANC-samewerking deur die NP-regering, die ANC en die hoofstroommedia tot demone gediskrediteer. Die apartheidsregering het verantwoordelike swart staatshoofde wat nie saam in die NP-ANC-koor wou sing nie, eenvoudig in staatsgrepe met ANC-papegaaie vervang en in die proses ‘n dominante eenpartystaat bevorder.

Staatshoofde van onafhanklike swart state wat nie die NP-ANC-gedrewe proses wou aanvaar nie, en deur staatgrepe vernietig was, is president President Kaiser Matanzima van Transkei, President Lennox Sebe van die Ciskei, brigadier Oupa Gqozo van die Ciskei, President Lucas Mangope van Bophuthatswana en President Ravela van Venda.

Daar was ook ander leiers wat uiters krities teenoor die onderhandelingsproses was, maar op een of ander wyse gemarginaliseer was. Onder hulle tel dr. Mangosuthu Buthelezi, hoofminister van die selfregerende Kwa-Zulu en leier van die Inkatha Vryheidsparty, en drr. Andries Treurnicht en Ferdi Hartzenberg, opeenvolgende leiers van die Konserwatiewe Party, die destydse amptelike opposisie in SA.

Meeste van hierdie leiers het gewaarsku teen die gevolge van ‘n sekulêre grondwet pleks van ‘n Christelike grondwet. Hulle het gemaan dat die sekulariserinng van die staat ‘n misdadige en bandelose samelewing tot gevolg sal hê. Hulle het ook gemaan teen die sentralisering van gesag, die miskenning van SA se kulturele diversiteit en die politieke ontmagting van volke en kultuurgroepe.

Hulle was krities teenoor die vermoë van die ANC om die land te bestuur omdat die ANC-leierskap oor geen ervaring van regering beskik het nie, en het gevolglik die verbrokkeling van die infrastruktuur gevrees. Daar was gewaarsku teen dalende produksievlakke, toenemende werkloosheid en selfs hongersnood is in die vooruitsig gestel. Vandag gaan slaap sowat 12 miljoen Suid-Afrikaners saans honger, terwyl ongeveer een derde van alle SA-mans hulle al aan verkragting skuldig gemaak het.

Terwyl die grootste eenheidstaat op aarde besig was om in duie te stort, het die grondwetskrywers van SA besluit dis die eintlike oplossing vir SA! Iewers het iemand die pot misgesit.

Vegters teen politieke boelies bring vraagstukke wat in 1994 nie opgelos is nie, weer na vore en kan ‘n bydrae lewer in ‘n komende debat oor die toekoms van SA.

Hoe om te bestel

Vir kontantdeposito’s en internetbetalings is die bankbesonderhede:

Prys: R140

FNB

HRG JONKER

TJEK REKENING

TAKKODE: 240 240

REKENINGNR.: 622 03487 469

Met die bestelling sal u ‘n verwysing ontvang. Stuur u posadres na gus[by]valuehomes.co.za vir versending per geregistreerde pos.

Betaling per kredietkaart: besonderhede verskyn vandag nog.

 

‘Goeie ding dat wêreld Mandela se toestand sien’

Die mees onlangse beeldmateriaal van oudpres. Nelson Mandela was die regte ding om te doen, want die wêreld het nodig gehad om hom te sien, het die ANC Dinsdag gesê.

“Diegene wat kla dat die jongste beeldmateriaal van Madiba ‘n publisiteitsfoefie deur die ANC is… dis net suur druiwe. Ons is bly ons het Madiba met die wêreld gedeel, selfs in sy brose toestand,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die party, gesê.

Beeldmateriaal van oudpres. Mandela wat uitdrukkingloos in ‘n stoel sit met ‘n kombers oor sy bene terwyl ANC-leiers hom by sy huis in Houghton, Johannesburg besoek, is deur die SABC uitgesaai.

Pres. Jacob Zuma, Cyril Ramaphosa, Baleka Mbete en sy mediese span was ook by hom.

Zuma het aan die openbare uitsaaier gesê Mandela is “in ‘n goeie toestand” ná hy vroeër die maand uit ‘n hospitaal ontslaan is, waar hy behandeling ontvang het vir ‘n longinfeksie.

“Ons mense het Madiba jare laas gesien. Nou het hulle gesien hoe hy sy oë oop- en toemaak…. Ons is tevrede met sy gesondheidstoestand. Hy is nie meer ‘n jong man nie,” het Mthembu gesê.

Hy het gesê die ANC het nét die SABC uitgenooi om te voorkom “dat Mandela ongemaklik voel”.

“Ons het nie die hele span uitgenooi nie, want ons gee om vir Madiba. Die SABC het selfs die beeldmateriaal met ander uitsaaiers gedeel. Dit was in die openbare belang.”

Die beeldmateriaal het veral op sosiale netwerke fel kritiek ontlok, en baie kykers het gevoel Mandela se waardigheid is deur die uitsending aangetas.

Plaasaanvaller van Fourie-egpaar gevonnis

Die plaasaanvaller wat skuldig bevind is aan die plaasmoord op die Fourie-egpaar in Trompsburg in September verlede jaar, word vandag in die Bloemfontein Hooggeregshof gevonnis.

Die 27-jarige Moeketsi Hlaasa is gister skuldig bevind op vyf aanklagte, waaronder die moord op die 71-jarige Johannes Fourie en sy vrou, die 72-jarige Cecilia, van die plaas Knoppe in die distrik.

Hy het skuldig gepleit op al die aanklagte teen hom wat ook huisbraak en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie ingesluit het.

Hy het aan die hof beskryf hoe hy en sy mede-beskuldigde, Nkululeko Mvumvu, die egpaar by hulle huis ingewag en hulle met ‘n byl en graaf aangerand het.

Hlaase en Mvumvu en nog ‘n beskuldigde, se sake is Maandag geskei en sal vandag aangehoor word.

Duitsland prys SA se Afrika-ingryping

Duitsland se minister van buitelandse sake Guido Westerwelle het Suid-Afrika geprys vir sy ingryping in konflikgebiede op die Afrika-kontinent.

“Ons verwelkom julle verbintenis tot Afrika-en streeksintegrasie,” het hy aan verslaggewers gesê ná gesprekke met sy Suid-Afrikaanse eweknie Maite Nkoana-Mashabane Maandag in Pretoria.

“Ons waardeer Suid-Afrika se verbintenis tot vrede en veiligheid in Afrika besonder baie, byvoorbeeld die bemiddelingspogings deur die voormalige president Thabo Mbeki in Soedan. Ons stel julle vredespogings hoog op prys.”

Westerwelle het gesê Afrika-lande moet die leidende rol speel in die oplossing van konflik op die vasteland.

“Ek kan net die kompas van my kollega, Maite Nkoana-Mashabane, verwelkom om Afrika-oplossings vir Afrika-probleme te skep. Duitsland, die Europese Unie en die internasionale gemeenskap kan ondersteuning bied.”

“Ons is gereed om te ondersteun, maar die Afrika-lande is aan die stuur.” Westerwelle het sy “diep simpatie” na die dood van 13 Suid-Afrikaanse soldate tydens ‘n buitelandse sending in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) het verlede maand, uitgespreek.

Oor toekomstige ingrypings op die vasteland, het Nkoana-Mashabane gesê Suid-Afrika sal altyd betrokke raak wanneer die behoefte ontstaan ​​en sal gelei word deur die Grondwet.

“Ons is Afrikane en ons word deur ons buitelandse beleid gelei wat glo dat ons net ‘n beter Suid-Afrika kan wees in ‘n kontinent wat veilig is, demokraties en die internasionale reg respekteer,” het sy gesê.

Sy het gesê Suid-Afrika sou nie 1994 beleef het as ons nie “ondubbelsinnige ondersteuning van alle Afrika-lande” gehad het nie.

President Jacob Zuma was gasheer vir ‘n SAR-afvaardiging onder leiding van die Eerste Minister Nicolas Tiangaye, Sondag. Tiangaye het gesê sy reis was daarop gemik om bilaterale betrekkinge tussen Suid-Afrika en sy land te vestig.

DA eis dat Pieter Mulder bedank

Die DA het die VF+ Maandag in die parlement getakel oor ‘n verklaring teen die stakers in De Doorns.

In ‘n verklaring wat uitgereik is oor onthullings dat die departement van landbou in 2012, kort voor grootskaalse landbou-onrus in die Wes-Kaap, sowat R4,1miljoen aan die plaaswerker-vakbond Bawsi gegee het.

“Dis nie die staat óf die departement van landbou se taak om kospakkies te midde van ‘n staking soos in De Doorns uit te deel óf om burgerlike organisasies soos Nosey Pieterse se Bawsi geldelik te help as die geld vir stakings aangewend word nie,” het Mulder gesê.

Pieterse was ‘n leidende figuur in die landbou-onrus. Mulder is tans adjunkminister in die departement van landbou.

Annette Steyn, DA-LP vir landbou, het gesê Mulderbehoort dadelik te bedank uit die regering as hy die betalings so onaanvaarbaar vind.

“Sy veroordeling is hol woorde, gegewe dat hy as adjunkminister, in werklikheid deel is van die einste stelsel wat die geld aan Bawsi gegee het,” het Steyn gesê.

Sy het gesê Mulder reik verklarings uit teen die regering, maar sit in die ANC-kabinet.

Mulder het in reaksie gesê Steyn verstaan “duidelik steeds nie hoe die ooreenkoms tussen die president en my werk nie”.

Hy het gesê hy is nie van plan om saam met die DA “opportunistiese propaganda-speletjies te speel tot nadeel van landbou en van Suid-Afrika nie”.

“Wat is tans in die beste belang van landbou en die kommersiële boere in Suid-Afrika? Om soos Steyn op die paviljoen te sit en skree en geen verskil te maak nie, of om in die skrum, daar waar besluit word, te sak?” het hy gesê.

Staat kan nie kospakkies vir stakers uitdeel nie

Dit is nie die staat of die departement van landbou se taak om kospakkies te midde van ‘n staking soos in De Doorns uit te deel of om burgerlike organisasies soos past. Nosey Pieterse se Bawsi finansieel te help as die geld vir stakings aangewend word nie. Ek is ernstig hierteen gekant.

Om te staak is ‘n onderhandelingsmetode waardeur partye wat ernstig van mekaar verskil, beding in die soeke na ‘n aanvaarbare oplossing. Die regering se taak is om deur wetgewing hierdie prosesse te reguleer. Om finansieel daarby betrokke te raak te midde van ‘n staking, soos in De Doorns, versteur op ‘n berekende wyse die onderhandelingsposisies van die betrokke partye. Dit is nie die staat se taak nie.

Die departement van landbou is verantwoordelik om die belange van kommersiële landbouers, kleinboere, bestaansboere en plaaswerkers te behartig. Waar hierdie finansiële betrokkenheid op die korttermyn moontlik plaaswerkers gehelp het, gaan die onvoorsiene langer termyn gevolge ernstig tot hulle nadeel wees. As gevolg van die gebeure in De Doorns word verwag dat die Suid-Afrikaanse landbou in die volgende paar jaar ‘n totale herstrukturering sal ondergaan. Landbouers gaan na minder arbeidsintensiewe produkte oorslaan, hulle gaan meganiseer en landbou gaan meer en meer beoefen word soos in lande soos Australië en die VSA. As die gevolge hiervan bereken word, beteken dit dat tot meer as 100 000 plaaswerkers oor die volgende twee jaar hulle werk gaan verloor en na stede sal skuif.

As die boikot van Suid-Afrikaanse produkte in die buiteland, soos deur Cosatu tydens die stakings gevra, en grootskaalse werksverliese op die platteland die resultaat van al hierdie gebeure gaan wees, dan het die landbou en Suid-Afrika agteruit gevorder.

 

DA ongelukkig oor ANC Mandela besoek

Oudpres. Nelson Mandela is Maandag deur senior ANC-amptenare in sy huis in Houghton, Johannesburg, besoek nadat die DA gesê het Mandela se nalentskap word deur die ANC in gevaar gestel.

Mandela het uitdrukkingloos voor hom uitgestaar terwyl pres. Jacob Zuma, Cyril Rama-phosa en Baleka Mbete laggend om hom gesels het. Pres. Zuma het sy hand beskermend oor dié van Mandela gehou, terwyl hy neffens hom gesit het.

Die ses top ANC-leiers was Zuma, Ramaphosa en Mbete, Gwede Mantashe, Jessie Duarte en dr. Zweli Mkhize.

Jackson Mthembu, nasionale ANC-woordvoerder, het na afloop van die besoek gesê Mandela is “gesond” en hy was “in ‘n uitstekende bui”. Hy het bygevoeg dat die oudpresident bewus was sy besoekers.

Daar was glo merke op Mandela se wange sigbaar waar ‘n suurstofmasker gedruk het.

Op die beeldmateriaal van die besoek wat op die SAUK uitgesaai is, het Mandela strak voor hom uitgekyk en sy oë teen die kameraflitse toegemaak terwyl almal om hom gelag en gesels het.

DA-ondersteuners op Twitter wat Mandela as hul eie ikoon beskou, was ontstoke en het Mandela se toestand as haglik beskryf, en ‘n aantasting van sy waardigheid.