Die plaasaanvaller wat skuldig bevind is aan die plaasmoord op die Fourie-egpaar in Trompsburg in September verlede jaar, word vandag in die Bloemfontein Hooggeregshof gevonnis.
Die 27-jarige Moeketsi Hlaasa is gister skuldig bevind op vyf aanklagte, waaronder die moord op die 71-jarige Johannes Fourie en sy vrou, die 72-jarige Cecilia, van die plaas Knoppe in die distrik.
Hy het skuldig gepleit op al die aanklagte teen hom wat ook huisbraak en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie ingesluit het.
Hy het aan die hof beskryf hoe hy en sy mede-beskuldigde, Nkululeko Mvumvu, die egpaar by hulle huis ingewag en hulle met ‘n byl en graaf aangerand het.
Hlaase en Mvumvu en nog ‘n beskuldigde, se sake is Maandag geskei en sal vandag aangehoor word.
