Duitsland se minister van buitelandse sake Guido Westerwelle het Suid-Afrika geprys vir sy ingryping in konflikgebiede op die Afrika-kontinent.
“Ons verwelkom julle verbintenis tot Afrika-en streeksintegrasie,” het hy aan verslaggewers gesê ná gesprekke met sy Suid-Afrikaanse eweknie Maite Nkoana-Mashabane Maandag in Pretoria.
“Ons waardeer Suid-Afrika se verbintenis tot vrede en veiligheid in Afrika besonder baie, byvoorbeeld die bemiddelingspogings deur die voormalige president Thabo Mbeki in Soedan. Ons stel julle vredespogings hoog op prys.”
Westerwelle het gesê Afrika-lande moet die leidende rol speel in die oplossing van konflik op die vasteland.
“Ek kan net die kompas van my kollega, Maite Nkoana-Mashabane, verwelkom om Afrika-oplossings vir Afrika-probleme te skep. Duitsland, die Europese Unie en die internasionale gemeenskap kan ondersteuning bied.”
“Ons is gereed om te ondersteun, maar die Afrika-lande is aan die stuur.” Westerwelle het sy “diep simpatie” na die dood van 13 Suid-Afrikaanse soldate tydens ‘n buitelandse sending in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) het verlede maand, uitgespreek.
Oor toekomstige ingrypings op die vasteland, het Nkoana-Mashabane gesê Suid-Afrika sal altyd betrokke raak wanneer die behoefte ontstaan en sal gelei word deur die Grondwet.
“Ons is Afrikane en ons word deur ons buitelandse beleid gelei wat glo dat ons net ‘n beter Suid-Afrika kan wees in ‘n kontinent wat veilig is, demokraties en die internasionale reg respekteer,” het sy gesê.
Sy het gesê Suid-Afrika sou nie 1994 beleef het as ons nie “ondubbelsinnige ondersteuning van alle Afrika-lande” gehad het nie.
President Jacob Zuma was gasheer vir ‘n SAR-afvaardiging onder leiding van die Eerste Minister Nicolas Tiangaye, Sondag. Tiangaye het gesê sy reis was daarop gemik om bilaterale betrekkinge tussen Suid-Afrika en sy land te vestig.
