Wêreldberoemde fisikus boikot Israel

Fisikus Stephen Hawking sal nie ‘n groot konferensie in Israel bywoon in Junie nie. Woensdag het Israeliese amptenare hom bygekom omdat hy ‘n boikot steun wat georganiseer is om teen Israel se behandeling van die Palestyne te protesteer.

Die wêreldberoemde wetenskaplike het vroeër ingestem om die Israeliese Presidensiële konferensie by te woon, aangebied deur President Shimon Peres, aan die einde van Junie, maar het nou verander van plan. ‘n Universiteit van Cambridge se verklaring Woensdag lui dat hy om “persoonlike redes” besluit het om te weg te bly.

Die konferensie se voorsitter Israel Maimon sê Hawking se besluit is “onregverdigbaar en verkeerd.”

“Die akademiese boikot teen Israel is na ons mening verregaande en onbehoorlik, veral vir iemand vir wie die gees van vryheid aan die basis van sy menslike en akademiese doelwit lê,” het Maimon gesê, en die instelling se boikot as stryd met ‘n oop, demokratiese dialoog beskryf.

Hy het opgemerk dat voormalige wêreldleiers soos Bill Clinton, Mikhail Gorbatsjof en Tony Blair die konferensie sal bywoon.

Die 71-jarige Hawking se besluit is verwelkom deur die Britse Komitee vir Universiteite van Palestina as ondersteuning vir die verbreking van akademici se bande met Israel.

“Dit is sy onafhanklike besluit om die boikot te steun, gegrond op sy kennis van Palestina, en op die eenparige advies van sy eie akademiese kontakte daar,” het die Komitee op sy webwerf verklaar.

Diamantdiewe in Brussel vas na reuseklopjag

Die polisie het klopjagte in Brussel gedoen na ‘n dramatiese rooftog twee maande gelede by die land se hooflughawe waarin talle diamante gebuit is, het die Sudpresse-nuusagentskap berig.

Altesaam 31 mense is in drie lande in hegtenis geneem. Een verdagte is in Frankryk vasgetrek, ses in Switserland en 24 in België, het die aanklaer, Anja Bijnens, volgens AP tydens ‘n nuuskonferensie in Brussel gesê.

Sowat 200 polisiebeamptes het 40 woonstelle, meestal in Brussel, deursoek.

Volgens Bijnens is geld en diamante wat met die diefstal verbind word, ook gevind – die geld in België en die diamante in Switserland. Die bedrae is nie bekendgemaak nie.

Agt mans het op 18 Februarie deur ‘n heining by Brussel se Zaventem-lughawe gebreek en ‘n beraamde 120 pakkies diamante gesteel. Werkers was besig om die diamante van ‘n vragmotor na ‘n vliegtuig wat na Switserland op pad was, oor te laai.

Antwerp World Diamond Centre het die waarde van die diamante op sowat $50 miljoen (R452 miljoen) geraam.

Arbeidsonrus in De Doorns dreig weer

Boere in De Doorns in die Wes-Kaap sal met die Food and Allied Workers Union (Fawu) vergader nadat die vakbond gekla het dat boere probeer om werkers te vervang met personeellede deur van arbeidsmakelaars gebruik te maak.

Fawu het met ‘n volskaalse staking gedreig indien die saak nie opgelos word nie, het Eyewitness News berig

De Doorns was einde verlede jaar en aan die begin van 2013 die brandpunt van oproer oor loondispute.

Plaaswerkers het aangedring op ‘n loonverhoging tot R150 per dag. Werknemers is later aangesê om die daaglikse loon na R105 aan te pas.

Dié verhogings het op 1 Maart in werking getree.

Honderde plaaseienaars het sedertdien aansoek gedoen om vrystelling van die nuwe minimumloon en aangevoer dat hulle dit eenvoudig nie kan bekostig nie.

Siek bejaarde in jongste plaasaanval erg verniel

‘n Bejaarde man wat met sy gesondheid sukkel, is in ‘n plaasaanval naby Makwassie in Noordwes erg aangerand en aan sy ore rondgesleep, berig Beeld.

“Hulle het gekom om my pa te vermoor,” het Martin Coetsee (66) se dogter, Mariska, Dinsdag gesê.

Sy het volgens die dagblad verduidelik dat haar pa vermoedelik intussen ook ‘n beroerte gekry het. Die familie vrees tans vir sy lewe. Hy word in die Tshepong-hospitaal in Klerksdorp behandel.

Coetsee se vrou, Connie, het gesê haar man het ‘n gat in een long, bloeding op die brein, en beserings oor sy hele lyf.

Die volgehoue aanhitsing teen grondeienaars word gedryf deur ‘n organisasie bybname PLAAS in die Weskaap wat deur die Britse regering befonds word.

Lees hier.

Petrolbom in hoender-bus: 10 ernstig beseer

Altesaam 10 werknemers van Rainbow Chicken is ernstig beseer toe ‘n petrolbom in die Zinniaville-nywerheidsgebied in Rustenburg na die bus geslinger is waarin hulle gery het, het die polisie Woensdag gesê.

‘n Groep mense, na bewering stakende werkers van Rainbow Chicken, het ‘n petrolbom na die bus geslinger.

Die bus het glo Dinsdagaand 63 Rainbow-werkers na Kroondal vervoer, het kapt. Philani Mvuna gesê.

“In hierdie stadium glo die polisie die aanval kan verbind word met die voortslepende stakings by Rainbow Chicken.”

‘n Saak van poging tot moord en kwaadwillige saakbeskadiging is geopen. Teen Woensdagmiddag was niemand al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Verlede maand het 1 857 werkers van Rainbow Chicken wat met die Food and Allied Workers’ Union geaffilieer is, by die Rustenburg-aanleg gestaak.

Hulle wou ‘n maandelikse loonverhoging van R700 hê, sowel as beter werkomstandighede, het die vakbond gesê.

Anti-Afrikaanse front betoog by Grondwethof

‘n Anti-Afrikaanse front gaan na verwagting vandag ‘n plakaatbetoging hou by die Grondwethof in Johannesburg, waar ‘n belangrike saak oor skooltoelating aangehoor gaan word. Dit is nie bekend wie die hoofaanstigter befonds nie.

Die regsgroep “Section 27”, ouers van Fochville in Noordwes en Cosatu sal aan die betoging deelneem.

Die hof sal die saak aanhoor tussen die Gautengse departement van Onderwys en die Rivonia laerskool in Sandton. In 2011 het die skool geweier om ‘n graad een leerling toe te laat en gesê hulle het nie genoeg plek vir die kind nie.

Die departement het toe die skool se beheerliggaam aangesê om die leerling toe te laat. Die saak sal bepaal of ‘n onderwysbeampte óf ‘n skool se beheerliggaam die finale sê oor toelating het.

Skole in Fochville en Heidelberg wat geweier het om Engelssprekende leerlinge te aanvaar, hou die saak met gespanne aandag dop. Gerugte doen die rondte dat die geld vir “Section 27” uit die buiteland kom.

Politieke inmenging vernietig Afrikaans

“Die Vryheidsfront Plus maak ernstige beswaar teen die politieke inmenging van die ANC-regering by universiteite aangesien dit standaarde verlaag,” sê mnr. Pieter Groenewald, parlementêre leier van die Vryheidsfront Plus.

Mnr. Groenewald het vandag tydens die parlementêre begrotingsdebat oor hoër onderwys en opleiding ook ‘n skerp aanval gedoen op die minister van hoër onderwys, mnr. Blade Nzimande, en daarop gewys hoe Afrikaans uit die hoër onderwysstelsel gerangeer word.

“Die VF Plus wil hê die standaarde by ons universiteite moet van so aard wees dat dit internasionaal erken word. Hoe is dit moontlik as ‘n instelling soos die universiteit van Kaapstad verskillende toelatingsvereistes vir mediese studente het?

“Vir wittes is die vereiste persentasie 90%. Vir Indiërs is dit 85%, en vir swart studente slegs 72%. Dit is ernstige politieke inmenging. Die enigste standaard wat gebruik moet word, is dié van die internasionale wetenskap.

“Die inmenging verlaag standaarde en is in werklikheid ‘n belediging vir swart graduandi,” het mnr. Groenewald gesê.

Oor die verdwyning van Afrikaans by universiteite het mnr. Groenewald die minister met Lord Milner vergelyk en gesê hy wil ook hê Engels moet die enigste taal wees.

Hy het gevra of die minister ‘n ‘probleem’ het met Afrikaans en het daarop gewys dat daar in 1994 22 universiteite in Suid-Afrika was waarvan sewe Afrikaans was.

“Tans is daar vyf dubbelmedium-universiteite en nog net twee wat oorwegend Afrikaans is. Nie eens ten volle Afrikaans nie. U wil ook hê dit moet Engels, Engels, alles Engels wees,” het mnr. Groenewald aan min. Nzimande gesê.

Nog ‘n Midvaal in Swellendam?

Die ANC verwelkom die uitspraak deur die Wes-Kaapse hooggeregshof wat bevind het dat die inmenging in die Swellendam-munisipaliteit ongeldig was en het ‘n beroep op die DA gedoen om die groter belang van die mense van hierdie gebied te dien en die DA-raadslede se dwarsboming van samewerking in die dorp dadelik stop te sit.

Die hoofsweep van die ANC in die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer en woordvoerder oor plaaslike regering Pierre Uys sê: “Weereens het die DA swaarverdiende belastingbetalers se geld gaan uitmors om die party se politieke agenda ten koste van dienslewering te beskerm en te bevorder. Dit is die tweede keer dat die voormalige burgemeester Julian Matthysen suksesvol is in sy aansoek om herstel te word.”

Matthysen is die enigste verteenwoordiger van die ACDP en hou die balans van mag, met die ANC en die DA wat elk ‘n gelyke getal setels het. Matthysen is ook geskors vroeg in 2012 nadat hy die DA se verdoeseling van korrupte bedrywighede en twyfelagtige transaksies ontbloot het. Hy is herstel nadat ‘n interdik toegestaan ​​is deur die Wes-Kaapse hooggeregshof. In die jongste geval moet die ACDP en munisipaliteit betaal om die kostes van honderde duisende rande te dek. Hierdie geld kon beter bestee gewees het op dienste vir die mense.

“Die stabiliteit en waardigheid van die raad moet so gou as moontlik herstel word. Die DA moet sy verbintenis om saam te werk om dinge te laat werk vir al die mense en diverse gemeenskappe van Swellendam, wys. Trouens, die DA verloor sy greep in verskeie munisipaliteite as gevolg van sy hardkoppige kleinlike politiek,” het Uys bygevoeg.

EU-president trek die streep vir Angelsaksers

Die president van die Europese Kommissie het gesê fiskale unie in die eurosone sal lei tot “verhoogde politieke unie” vir die 27 lidlande.

“Dit is nie alleen oor ekonomiese en monetêre unie nie, maar vir die EU as ‘n geheel,” het Jose Manuel Barroso dié week gesê.

“Die kommissie sal dus sy sienings en eksplisiete idees vir verandering uiteensit om bespreek te word voor die Europese verkiesings.”

“Ons wil al die elemente op die tafel te sit, in ‘n duidelike en konsekwente manier, selfs al klink sommiges soos politieke wetenskapfiksie vandag, sal hulle ‘n werklikheid in ‘n paar jaar se tyd wees.”

Mnr Barroso se aankondiging vir ‘n Europese federasie volgende jaar, voor die verkiesings vir die Europese Parlement in Mei 2014, sal verdelings oor die EU verdiep en ‘n groeiende probleem vir Britse integrasie in die EU skep.

Die ingryping sal ‘n groter wig indryf tussen Konserwatiewe partylede en Lord Lawson, en ander anti-EU Tories soos hy se steun sal aangroei in die VK, meen ontleders.

In die The Times Dinsdag, het Lord Lawson, die voormalige kanselier, die Tory-debat oor Europa weer laat opvlam deur te pleit dat die VK die EU verlaat.

“Die kern van die saak is dat die aard van die EU, en die land se verhouding daarmee fundamenteel verander het na die totstandkoming van die Europese monetêre unie en die skepping van die eurosone, waarvan – tereg – ons nie ‘n deel is nie,” skryf Lawson.

Voorstelle vir ‘n EU “politieke unie”, met die begrotingsbeleid wat deur Brussel besluit word en ‘n verkose president van Europa, sal David Cameron se pogings om ‘n nuwe rol vir Brittanje te onderhandel, ontspoor. Dis feitlik seker dat die VK nie deel sal bly van die EU  nie.

In skrille kontras met die premier se oproep om Brittanje se soewereiniteit van Brussel te herwin, het Barroso ‘n beroep gedoen op al die Europese leiers om te aanvaar dat die politieke unie onvermydelik is en om teenkanting teen die EU, soos dié van die Verenigde Koninkryk en elders, openlik te konfronteer.

“Dit is waarom ek glo dat die hoofstroom in die Europese politiek die inisiatief moet neem, hulle gemaksone moet verlaat en hierdie debat heelhartig moet verwelkom, eerder as om die momentum aan skeptici en eurofobe oor te laat,” het hy gesê.

Die VSA en Brittanje is bekommerd oor die totstandkoming van federale eenheid in die EU want dit ondermyn hul pogings om nasionalisme te ondergrawe.

Britte kraai oor SKA-triomf

Die SKA-teleskoop se hoofkwartier is nie in Suid-Afrika nie, maar by die Universiteit van Manchester se Jodrell Bank in die Verenigde Koninkryk.

Dié internasionale projek is aan Suid-Afrikaners voorgehou as ‘n Suid-Afrikaanse triomf.

Verlede jaar is aangekondig dat Suid-Afrika en Australië die gashere van die €2 miljard teleskoop sal wees, wat sal bestaan ​​uit duisende antennas en sal die grootste wetenskaplike eksperiment op aarde wees. Dit sal so sensitief wees dat dit sal in staat sal wees om seine op te spoor van die begin van die heelal.

“Die opening van die SKA-hoofkwartier by Jodrell Bank beteken dat die wêreld se grootste radioteleskoop het nou sy tuiste in die Verenigde Koninkryk het – ‘n belangrike mylpaal vir hierdie werklik inspirerend internasionale wetenskap-projek om die oorsprong en evolusie van die heelal te verken,” sê John Womersley, uitvoerende hoof van die Wetenskap en Tegnologie Fasiliteite Raad (STFC) en voorsitter van die SKA-organisasie.

Die £3,34 miljoen gebou, is by die Universiteit van Manchester, met meer as 60 personeellede, waaronder besoekende wetenskaplikes en ingenieurs.

“Die Square Kilometre Array is een van die wêreld se mees opwindende internasionale wetenskap-projekte, en gee ons ‘n nuwe en ongekende insig in die heelal”, sê die Britse minister van Onderwys en Wetenskap David Willetts LP, wat die fasiliteit geopen het.

Die SKA, wat na verwagting eers ten volle operasioneel wees in 2024, sal befonds word deur ‘n internasionale konsortium. Die SKA-organisasie, op die oomblik, het 10 lede – Australië, Kanada, China, Duitsland, Italië, Nederland, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Swede en die Verenigde Koninkryk – maar SKA organiseerders sê hulle verwag dat meer lande by die projek sal aansluit.

Terwyl befondsing verkry is vir die pre-konstruksie fase, wat sal voortgaan tot 2016, sal lidlande onderhandel oor hoe die teleskoop betaal sal word.