Die president van die Europese Kommissie het gesê fiskale unie in die eurosone sal lei tot “verhoogde politieke unie” vir die 27 lidlande.
“Dit is nie alleen oor ekonomiese en monetêre unie nie, maar vir die EU as ‘n geheel,” het Jose Manuel Barroso dié week gesê.
“Die kommissie sal dus sy sienings en eksplisiete idees vir verandering uiteensit om bespreek te word voor die Europese verkiesings.”
“Ons wil al die elemente op die tafel te sit, in ‘n duidelike en konsekwente manier, selfs al klink sommiges soos politieke wetenskapfiksie vandag, sal hulle ‘n werklikheid in ‘n paar jaar se tyd wees.”
Mnr Barroso se aankondiging vir ‘n Europese federasie volgende jaar, voor die verkiesings vir die Europese Parlement in Mei 2014, sal verdelings oor die EU verdiep en ‘n groeiende probleem vir Britse integrasie in die EU skep.
Die ingryping sal ‘n groter wig indryf tussen Konserwatiewe partylede en Lord Lawson, en ander anti-EU Tories soos hy se steun sal aangroei in die VK, meen ontleders.
In die The Times Dinsdag, het Lord Lawson, die voormalige kanselier, die Tory-debat oor Europa weer laat opvlam deur te pleit dat die VK die EU verlaat.
“Die kern van die saak is dat die aard van die EU, en die land se verhouding daarmee fundamenteel verander het na die totstandkoming van die Europese monetêre unie en die skepping van die eurosone, waarvan – tereg – ons nie ‘n deel is nie,” skryf Lawson.
Voorstelle vir ‘n EU “politieke unie”, met die begrotingsbeleid wat deur Brussel besluit word en ‘n verkose president van Europa, sal David Cameron se pogings om ‘n nuwe rol vir Brittanje te onderhandel, ontspoor. Dis feitlik seker dat die VK nie deel sal bly van die EU nie.
In skrille kontras met die premier se oproep om Brittanje se soewereiniteit van Brussel te herwin, het Barroso ‘n beroep gedoen op al die Europese leiers om te aanvaar dat die politieke unie onvermydelik is en om teenkanting teen die EU, soos dié van die Verenigde Koninkryk en elders, openlik te konfronteer.
“Dit is waarom ek glo dat die hoofstroom in die Europese politiek die inisiatief moet neem, hulle gemaksone moet verlaat en hierdie debat heelhartig moet verwelkom, eerder as om die momentum aan skeptici en eurofobe oor te laat,” het hy gesê.
Die VSA en Brittanje is bekommerd oor die totstandkoming van federale eenheid in die EU want dit ondermyn hul pogings om nasionalisme te ondergrawe.
