Arbeidsonrus in De Doorns dreig weer

Boere in De Doorns in die Wes-Kaap sal met die Food and Allied Workers Union (Fawu) vergader nadat die vakbond gekla het dat boere probeer om werkers te vervang met personeellede deur van arbeidsmakelaars gebruik te maak.

Fawu het met ‘n volskaalse staking gedreig indien die saak nie opgelos word nie, het Eyewitness News berig

De Doorns was einde verlede jaar en aan die begin van 2013 die brandpunt van oproer oor loondispute.

Plaaswerkers het aangedring op ‘n loonverhoging tot R150 per dag. Werknemers is later aangesê om die daaglikse loon na R105 aan te pas.

Dié verhogings het op 1 Maart in werking getree.

Honderde plaaseienaars het sedertdien aansoek gedoen om vrystelling van die nuwe minimumloon en aangevoer dat hulle dit eenvoudig nie kan bekostig nie.

Maak 'n opvolg-bydrae