Anti-Afrikaanse front betoog by Grondwethof

‘n Anti-Afrikaanse front gaan na verwagting vandag ‘n plakaatbetoging hou by die Grondwethof in Johannesburg, waar ‘n belangrike saak oor skooltoelating aangehoor gaan word. Dit is nie bekend wie die hoofaanstigter befonds nie.

Die regsgroep “Section 27”, ouers van Fochville in Noordwes en Cosatu sal aan die betoging deelneem.

Die hof sal die saak aanhoor tussen die Gautengse departement van Onderwys en die Rivonia laerskool in Sandton. In 2011 het die skool geweier om ‘n graad een leerling toe te laat en gesê hulle het nie genoeg plek vir die kind nie.

Die departement het toe die skool se beheerliggaam aangesê om die leerling toe te laat. Die saak sal bepaal of ‘n onderwysbeampte óf ‘n skool se beheerliggaam die finale sê oor toelating het.

Skole in Fochville en Heidelberg wat geweier het om Engelssprekende leerlinge te aanvaar, hou die saak met gespanne aandag dop. Gerugte doen die rondte dat die geld vir “Section 27” uit die buiteland kom.

Maak 'n opvolg-bydrae