Solsjenitsin: kommunistiese praktyke leef voort in Suider-Afrika

ImageGister het ek namens ons skrywersorganisasie, Pretoria-PEN,  hulde gebring aan Alexander Solsjenitsin wat eergister in die ouderdom van 89 jaar oorlede is. Meer as enigiemand het Solsjenitsin die masker van kommunisme deur sy geskrifte afgeruk en aan die wêreld die ware gesig van Sowjetkommunisme getoon met sy strafkampe en psigiatriese hospitale waar dissidente aagehou is.
Veral in sy klassieke roman 'n Dag in die lewe van Iwan Denisowitsj beeld hy die bestaan van die gevangenes in 'n strafkamp uit en hoe hulle in uiterste omstandighede mekaar bystaan om voedsel of warmte te verkry. Solsjenitsin se Christelike humanisme en byna primitiewe siening van vryheid staan in teenstelling met kommunisme wat die mens as 'n behavioristiese dier sien wat tot gelykheid gekondisioneer moet word.
Danksy hierdie boek, asook die latere Goelag-argipel, is intellektuele in Wes-Europa toenemend ontnugter deur kommunisme en Marxisme wat in die sestigerjare steeds 'n gerespekteerde politieke filosofie was. Hierdie fase van intellektuele kentering is moontlik die beste gesimboliseer deur die beroemde Franse filosoofskrywer Jean-Paul Sartre, wat self 'n Marxis was, en Michel Foucault se ete met Sowjetdissidente ten tye van die Leonid Bresjnef se staatsbesoek aan Parys in Junie 1977. Ook die uitbarsting van "nuwe filosofie" in Parys waardeur die "goelag" as 'n begrip ons intellektuele woordeskat binnegekom het, was 'n direkte gevolg van Solsjenitsin se invloed.

Danksy Solsjinitsin en ander Russiese dissidente se dapper stryd, kan ons vandag sê dat kommunisme as 'n ideologie dood is. Kommunistiese praktyke, asook die siening van die mens wat deur kondisionering en breinspoeling gelykheid en eenselwigheid met ander moet aanvaar, is egter nie verby nie.

In Suidelike Afrika het ons gesien hoe Robert Mugabe die ekonomie van ons buurstaat Zimbabwe vernietig deur 'n rampspoedige eksperiment in kollektiewe boerdery soos wat in die Sowjetunie in die twintiger- en dertigerjare van die vorige eeu toegepas is. Suid-Afrika, tesame met Kuba, Noord-Korea en China, is een van die laaste lande op aarde waar 'n kommunistiese party 'n vername rol in regering speel en waar die meeste leiers, sonder 'n sweem van ironie, mekaar as "kameraad" aanspreek.

Terwyl hongersnood in Zimbabwe heers en daar wêreldwye kommer bestaan oor hoë voedselpryse, is Suid-Afrika se ANC-regering besig om dieselfde beleid as Robert Mugabe in te voer deur kollektiewe boerdery in te stel met 'n drakoniese onteieningswet waarmee die grond van individuele boere sonder markverwante vergoeding genasionaliseer kan word. Ook die moordbendes wat op die Suid-Afrikaanse platteland ons boere aanval en onder die gruwelikste omstandighede martel en doodmaak, word grotendeels deur die staat geïgnoreer want die plaasmoordenaars dien dieselfde doel as Zimbabwe se "oorlogsveterane", d.w.s. om die regmatige eienaars van hul grond te verdryf.

Net soos die wêreld vir 'n groot deel van die twintigste eeu sy oë en ore toegedruk het vir Sowjetvergrype en -mislukkings, wil niemand vandag hoor van mislukte grondhervorming en die vervolging van minderheidsgroepe in Suider-Afrika waar ons eiendom, ons taal, kultuur en ons lewens self, elke dag bedreig word nie.

Na die voorbeeld van Solsjenitsin, moet ons as skrywers egter die moed hê om die ongewilde waarheid te praat. Ons sal ons skrywerlike en intellektuele plig versaak indien ons nie die geestelike goelag in ons subkontinent aandurf en uiteindelik oorwin, hoe onwaarskynlik en haas onmoontlik dit tans mag lyk nie.

3d томография зубовДанильченко Харьков

Australiese eerste minister stam van onderkleredief af

'n Voorouer van die Australiese eerste minister Kevin Rudd was 'n onderkleredief, sê navorsers.

 
Rudd se vyfde oumagrootjie aan vaderskant het 'n klein dogtertjie van haar rok en onderklere beroof nadat sy haar in 'n toilet toegesluit het.

Sy is in 1789 ter dood veroordeel maar die vonnis is versag en sy is agterna na Australië gestuur.

Sy vierde oupagrootjie aan vaderskant, Thomas Rudd, het 'n sewejaarvonnis in Australië uitgedien omdat hy onwettig 'n sak suiker bekom het.

Rudd se beeld sal waarskynlik 'n hupstoot kry aangesien misdadigerafkoms iets is om op trots te wees in die moderne Australië.

Omtrent 160 000 gevangenes is tussen 1788 en 1868 van Brittanje na Australië gedeporteer.

мои домик для барбипрокурор харьковской области

Beste regsbreine takel Zuma-saak

Twee van die beste en die duurste regsbreine in Suid-Afrika takel die Zuma-saak.

 
Gister het dit duidelik geword dat die regstryd gevoer sal word oor die vraag of die ANC-president tereg behoort te staan vir korrupsie en bedrog.

Senior advokaat Kemp J Kemp, wat vir Zuma verskyn, en senior advokaat Wim Trengove, wat die Skerpioene verteenwoordig, veg oor die kwessie of die aanklagte teen Zuma wettig is of nie.

Verskeie bronne in die nasionale vervolgingsgesag sê indien die staat sy saak verloor, sal die oplossing vir die NV wees om die ANC-leier weer aan te kla.

En indien Zuma sou wen, sal die enigste uitwerking wees om die strafsaak verder uit te stel.

play ikДанильченко Юрий отзывы

Die AA s? die verkeerspolisie ondermyn padveiligheid

Die Outomobielassosiasie sê dat die SAPD en die Metropolisie padveiligheidsmaatreëls ondermyn deur nie self by die basiese reëls te hou nie.
 
Die AA se hoof van openbare betrekkinge, Rob Handfield-Jones, sê dat padveiligheidstatistieke aantoon dat die handhawers die verkeerde voorbeeld stel.

Hy sê die gebruik van sitplekgordels het oor die afgelope tien jaar afgeneem. Dis veral omdat bestuurders of passasiers in die SAPD- of Metro-voertuie konstant sonder sitplekgordels rondry.

Handfield-Jones sê dat wetstoepassingsagentskappe toegelaat word om verkeerswette in noodgevalle te verontagsaam. Maar gedurende alledaagse patrollies behoort verkeersreëls gehoorsaam te word.

Hy het bygevoeg dat die misbruik van ligte en sirenes bloot vir gerief, asook om oor rooi verkeersligte te ry, nie toelaatbaar is nie.

social mediaалександр лобановский харьков класс

Japannese eerste minister skommel sy kabinet

Image

Jasoeo Foekoeda

Die Japannese eerste minister Jasoeo Foekoeda het 'n nuwe kabinet benoem.

Foekoeda het 13 van sy 17 ministers vervang aangesien die meeste mense in Japan voel dat hulle ekonomies slegter daaraan toe is as 'n jaar gelede.

Stygende globale olie- en voedselpryse word ook in Japan, die wêreld se tweede grootste ekonomie, gevoel.

Die gewildheid van die eerste minister het getuimel sedert hy verlede September oorgeneem het. Die groeiende opposisie glo dat vryemarkhervormings gewone mense seergemaak het.

Foekoeda het oproepe vir 'n vervroegde algemene verkiesing vewerp, en gesê dit kan wag tot September 2009, soos beplan.

Die opposisie het verlede jaar beheer verkry oor een huis van die parlement en dwarsboom heerhaaldelik Foekoeda se program.

сауны винницыалександр лобановский класс

Bosvleishandel bedreig primate

Volgens die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur, word byna die helfte van alle primaatspesies wesenlik bedreig.

Die studie het bevind dat die vooruitsig vir boomape, groot ape en ander primate dramaties versleg het omdat 'n florerende bosvleisbedryf beteken dat die diere letterlik gaan uitsterf omdat hulle opgeëet word.

Op die lys is 303 van die 634 spesies en subspesies reeds in die mees bedreigde kategorie.

In Afrika is 11 van die 13 soorte rooi colobus-boomape reeds op die kritieke of bedreigde lys. Twee soorte het reeds uitgesterf.

online casino rouletteДанильченко Юрий прокурор

Zim-onderhandelinge verloop glad, s? regering

Image

Bob sal liewer president bly…

Onderhandelings tussen Zimbabwe se verskillende politieke partye verloop glad, sê 'n Suid-Afrikaanse amptenaar.

Mukoni Ratshitanga, Mbeki se woordvoerder, sê die samesprekinge duur in Pretoria voort in 'n poging om 'n einde aan Zimbabwe se politieke en ekonomiese krisis te maak.

Mugabe en sy mededinger Tsvangirai het ooreengekom om magsdeling te bespreek.

Hul toekomstige rolle sal egter die hoofstruikelblokke in die onderhandelings wees.

In weerwil van 'n mediaverbod, het amptenare na aan die onderhandelings laat blyk dat daar 'n mate van ongelukkigheid is met die regering se aandrang dat Mugabe as president aanbly.

Gerugte wil hê dat Tsvangirai as een van verskeie visepresidente oorweeg word.

детская парфюмериялобановский александр досье

Zuma gaan grondwetlike krisis veroorsaak

15:15:00 Die Zuma-hofsaak het die potensiaal – nee, die waarskynlikheid – om ʼn grondwetlike krisis in Suid-Afrika te veroorsaak. Die strategie van die Mbeki-kamp, wat deur Brittanje en Amerika ondersteun word, was nog altyd om Zuma so met hofsake vas te draai dat hy uiteindelik sy aanspraak op die presidentskap sal moet prysgee.

Om dié doel te bereik, was daar ʼn hele stryd rondom die regbank wat lank nie meer onafhanklik is nie. Dit wil voorkom asof die Zuma-faksie se aanslag, gelei deur die Weskaapse regterpresident John Hlope, grotendeels misluk het en dat die regbank steeds onder invloed van die Mbeki-faksie – en daarmee saam die Britte – verkeer.

Soos in Zimbabwe, misgis die Britte hulle egter totaal met hul netjiese strategie om van Zuma met ʼn eenvoudige hofsaak ontslae te raak. Sy ondersteuners, van die ANC-jeugliga en Cosatu tot Matthews Posa, het dit al onomwonde gestel dat Zuma gaan president word, al is dit nou vanuit ʼn tronksel.

Maar Zumag gaan nie tronk toe. In weerwil van ʼn reeks skuldigbevindings op veel ernstiger aanklagte, het niemand dit nog gewaag om vir Winnie Mandela ʼn oranje uitrusting aan te trek nie.

Indien Zuma skuldig bevind word, gaan hy vir seker appeleer en uiteindelik sal dit by die Grondwethof eindig. Daardie hof sal dan die keuse hê om Zuma en sy ondersteunders te konfronteer of eenvoudig die knie te buig en hom op een of ander tegniese grondslag onskuldig te verklaar.

Indien die Grondwethof hom wel skuldig bevind, gaan dit ʼn grondwetlike krisis veroorsaak want Zuma, met sy miljoene ondersteuners agter hom, sal heel waarskynlik weier om dit te aanvaar. Nie net gaan dit ʼn grondwetlike krisis veroorsaak nie, maar die kanse is goed dat daar selfs die begin van ʼn revolusie kan uitbreek, veral indien die staat sy veiligheidsmagte sou gebruik om teen Zuma, Cosatu en die ANC-jeugliga op te tree.

Suid-Afrika is net ʼn haarbreedte van ʼn Zimbabwe verwyder. Vele mense wat aan die illusies oor “demokrasie” ly waarmee die Britte en die Amerikaners ons gebreinspoel het, glo egter dat die reg soos in ʼn Westerse land ordelik sy gang sal gaan.

Vir hulle, asook vir Brittanje en Amerika wat die huidige bestel via hul marionet De Klerk in 1994 op ons afgedwing het, wag daar ʼn baie groot verrassing.

Onthou: u het dit eerste hier gelees.

кардиган для девочки 8 летФильчаков Александр Васильевич

Masjiengewere en 4×4-bakkies

 

Darth Vader

Sokrates de Wet

14:53:39 Ek het Jacob Zuma se reaksie so ʼn tyd terug geniet gedurende die xenofobiese aanvalle, en veral toe die man so briesend was toe die geweldenaars sy “temalied” sing terwyl hulle die onwettige immigrante verjaag het.  “Umshini wami”, oftewel, “Bring my my masjiengeweer” is die lied wat ons liewe presidentskandidaat so warm om die kiewe het.

 

Die feit dat hy die betrokke lied so gereeld sing en neurie, en ook as sy temalied beskou, is na my mening dalk ‘n musikale waarskuwing aan die land se blankes dat ons dae getel is as hy eers aan die bewind sou kom. Al sy mooi woorde en beloftes ten spyt. Ek dink dat die land se boere na wie hy so mooitjies uitgereik het dalk eerste in die tou sal staan as die man sy werklike innerlike wens kan laat gebeur.

Nou sit ek net en wonder, waarom ‘n masjiengeweer, hoekom nie net ‘n geweer, pistool of rewolwer nie? Al drie tipes wapens kan ewe goed doodmaak, of is dit die mag en aansien, die gesag wat mens in jou hande het as jy so ʼn item oor jou skouer haak aan ‘n khakigroen band.

Die lied waarin Zuma vra dat iemand sy masjiengeweer moet bring, is niks anders as bedekte haatspraak nie. In watter wetgewing vandag word die gewone burger van die land toegelaat om ‘n masjiengeweer te besit?

Wat sou die man se eerste keuse van moordwapen wees, ‘n AK47-aanvalsgeweer, ‘n Dragunof-sluipskuttersgeweer. Mens kan net daaroor spekuleer. Dit sal seker die tipe wees waarmee die persoon die beste vertroud is. Dalk selfs ‘n R1, of R4, wat deesdae algemeen deur die weermag, polisie en misdadigers ewe effektief aangewend word.

Verder wil dit ook blyk dat die gemiddelde krimineel meer en beter toegang het tot die arsenale in die land se militêre basisse as die mense wat veronderstel is om die plekke te bewaak.

Boonop wil dit voorkom asof die misdadigers meer sukses het as dit kom by raakskiet as wat die weermag het. Of selfs die polisie. Wel, die klomp kry op ʼn daaglikse basis oefening hierin, moet mens toegee.

In die huidige korrupte stelsel van uitreiking van wapenlisensies word selfs die wetsgehoorsame burger nie eers meer toegelaat om soos in die verlede maklik ‘n wapen te bekom nie.

O ja, die metodes is daar, maar teen sulke hoë pryse dat meeste van ons dit nie kan bekostig nie, en gevolglik word  wapens aan die regering ingehandig teen ʼn skrikwekkende spoed, net om daarvan ontslae te raak. Ja mense, die tyd wat die regering ons ontwapen is hier. Verder is die mense wat die lisensies moet uitreik so onbekwaam dat mens jou hande kan saamslaan as jou lisensie sonder enige foute by jou aankom.   

Wat die meeste inwoners van Afrika nie besef nie, is dat saam met mag en gesag kom verantwoordelikheid, en dis hier waar die oorgrote meerderheid van die inwoners van die kontinent tekortskiet.  Dit help niks as jy mense bewapen en hulle nie leer om lewe en reg te respekteer nie. As mens nie vir hulle iets gee om voor te stry nie. En nie sommer die onsinbegrip vryheid nie, want vryheid het ook verantwoordelikheid wat daarmee saamgaan. Dit moet ‘n werklike geldige rede wees.

Soos in die film, “Blood diamonds”, waar kinders van 10 en 11 jaar oud gedwing word om “vryheidsvegters” te word. Vryheid van wat? Ouerlike gesag? Regeringsgesag? Vn wat wil hulle vry wees wat hulle so erg onderdruk?

Sover ek kon sien was die lewe wat die kinders in hulle huise gelei het wel arm, maar hulle het kanse gehad op onderwys, daar was maniere om graan te verbou, hoewel op klein skaal. Van die mans het visgevang.  Dit was oor die algemeen nie ‘n slegte lewe nie,  tot die rebelle die dorpie aan die begin van die film ingeval het en begin maai het onder die inwoners.  

Wat deesdae van die wapens word wat ingehandig word, is net op hoë vlakke bekend, want anders as in die verlede word die vernietiging daarvan nie meer op SAUK gebeeldsaai nie. So, ons kan maar net wonder.

Wat wel bekend is, is die paar gevalle waar korrupte swart polisiebeamptes die wapens wat deur eerlike Jan Publiek teruggegee word aan mede-inwoners van die land verhuur en verkoop, soos wat in die laaste paar maande al in die nuus openbaargemaak is.

En dis net ‘n klein deeltjie van die goed wat hier ter sprake is. Dit beteken dat daar in alle waarskynlikheid baie meer onwettige wapens in omtrek is as wat ons van weet. En baie van hulle was voorheen wettig gelisensieerde wapens in die naam van die voormalige eienaars.  

Vir al wat ons weet, word dit nie meer vernietig nie, maar in arsenale gestoor om later teen die blankes van die land gebruik te word. Want ‘n soldaat moet immers ‘n wapen hê, en daar is al die MK-lede wat nou al begin brom oor grondhervorming wat te stadig na hulle sin gebeur.

Wat is hulle plan, om eers ‘n Zimbabwe-tipe grondoorname van stapel te stuur, waarna hulle soos die res van Afrika sit en hande bak hou omdat hulle magies aan die ruggraat begin vassit as gevolg van honger ? En dit omdat die gehate mabunu nie meer daar is om die plase te kan verbou om aan lui mense kos te voorsien nie.

Dat daar al meer onverdraagsaamheid betoon word, is duidelik. En selfs Zuma se oproep tot verdraagsaamheid teenoor die mense wat die ANC-kaders skuiling en meer verskaf het gaan nie veel vrugte afwerp nie. Die volk is moeg, en ek praat nie eers van die blanke komponent van die volk nie.

Dit is ‘n geval van opgekropte woede teen die mabunu wat stadig begin borrel, eers weens belaglike redes soos buitelanders wat die werk kom steel, en later gaan dit kook, die deksel lig en dan ontplof. Dít wat tans as redes aangevoer word, is maar net ligte bedekkings vir die waarheid, soos ‘n ligte kombers wat mens aan die begin van die herfs oorgooi om die koue af te weer.

Mens kan net wonder oor hoekom Zuma so skielik hard praat met die mense wat dinge so omkrap. Daar kan verskeie redes wees. Maar een wat dalk nie slegte sin maak nie, is dat as dinge te ongeorden raak kan die buiteland wat sy koffers oopgooi vir die regering dalk net die fondse bietjie stadiger laat inkom.

Of selfs vir ‘n wyle staak, en dit kan ons liewe regering nie bekostig nie, nie nou waar hulle op die punt staan om uiteindelik die wit bose oorheersers totaal uit te roei nie. So, daar moet orde wees. ‘n Ordelike vernietiging van die vyand is meer effektief as wat ‘n ongeorganiseerde partytjie is.

En wat die aanvalle op die voormalige hulpverleners betref? Hulle is maar net nog ‘n paar slagoffers en lewe is baie goedkoop in Afrika, soos vele al reeds uitgevind het.

Die feit dat mense beweer dat hulle die oproer makers aan die polisie uitgewys het, beteken niks in dié land nie. In ‘n sisteem waar ‘n redelike deel van die polisie reeds skuldig bevind is aan misdade en vele ander ondersoek word, gaan daar nie veel gebeur nie. Want wanneer wolf as skaapwagter aangestel word, gaan die wolle waai.

En rondom verklikkers wat die waarheid praat, het ons ook al in die verlede die voorbeeld van Joe Mamasela gesien. Hy het openlik in die hof en elders gelieg en dit erken dat swart mense geneig is om te lieg!

Vandag sit Eugene de Kok lewenslank in C-Max-gevangenis as gevolg van leuens van die man. So, ek glo nie dat die verklikkers enigsins betroubaar sou wees nie.

Daar is egter die anderkant van die saak ook. Indien blankes betrokke sou wees, sou die polisie nie vinnig genoeg die rondtes doen en die sondebokke bymekaar maak nie, maar dit druis in teen die gemiddelde swart mens om sy eie volksgenoot so te vervolg

Rondom Zuma se stelling dat die mense wat die geweld propageer terwyl hulle die ANC se lied sing, vervolg moet word wil ek net vir hom vra: in watter droomland sien hy dat dit gaan gebeur?

Toe ek die stuk op die nuus klaargelees het, vang ek myself ‘n wysie neurie: “Gee my ‘n 4 by 4-bakkie, en ‘n baie lang tou…” Elkeen het mos sy liedjie, nie waar nie?

форма 86топкарго

Eskom op besoek aan vernaamste Europese hoofstede

Uitvoerende bestuurslede van Eskom het hul mees gedetailleerde herstelplan tot op hede op 'n besoek aan Europese finansiële hoofstede uiteengesit.

Die toer het verlede week geëindig. Eskom het met banke, kredietgraderingsagentskappe en maatskappy wat in Suid-Afrika belê, gepraat.

Hulle wou ook 'n gedeelte van die R350 miljard wat nodig is om nuwe kragstasies te finansier, bekom.

Dreigemente deur Cosatu en die stygende koste van steenkool en diesel dreig om die nutsmaatskappy in jaarlikse verliese te dompel nog voordat hy met sy kapitaalbestedingsprogram begin.

Suid-Afrika loop tans met 'n gevaarlike klein elektrisiteitsreserwe en na verwagting gaan dit tot 2012 aanhou.

Die duur van die kragkrisis hang gedeeltelik af van hoe vinnig Eskom internasionale finansiering kan bekom.

Die Eskom-bestuurspan sê dat kredietgraderingsagentskappe nou die sentrale belang van Eskom vir die Suid-Afrikaanse ekonomie na hul tog begryp.

справки купитьДанильченко Юрий Брониславович