Japannese eerste minister skommel sy kabinet

Image

Jasoeo Foekoeda

Die Japannese eerste minister Jasoeo Foekoeda het 'n nuwe kabinet benoem.

Foekoeda het 13 van sy 17 ministers vervang aangesien die meeste mense in Japan voel dat hulle ekonomies slegter daaraan toe is as 'n jaar gelede.

Stygende globale olie- en voedselpryse word ook in Japan, die wêreld se tweede grootste ekonomie, gevoel.

Die gewildheid van die eerste minister het getuimel sedert hy verlede September oorgeneem het. Die groeiende opposisie glo dat vryemarkhervormings gewone mense seergemaak het.

Foekoeda het oproepe vir 'n vervroegde algemene verkiesing vewerp, en gesê dit kan wag tot September 2009, soos beplan.

Die opposisie het verlede jaar beheer verkry oor een huis van die parlement en dwarsboom heerhaaldelik Foekoeda se program.

сауны винницыалександр лобановский класс