Rudd se vyfde oumagrootjie aan vaderskant het 'n klein dogtertjie van haar rok en onderklere beroof nadat sy haar in 'n toilet toegesluit het.
Sy is in 1789 ter dood veroordeel maar die vonnis is versag en sy is agterna na Australië gestuur.
Sy vierde oupagrootjie aan vaderskant, Thomas Rudd, het 'n sewejaarvonnis in Australië uitgedien omdat hy onwettig 'n sak suiker bekom het.
Rudd se beeld sal waarskynlik 'n hupstoot kry aangesien misdadigerafkoms iets is om op trots te wees in die moderne Australië.
Omtrent 160 000 gevangenes is tussen 1788 en 1868 van Brittanje na Australië gedeporteer.
