Brittanje s? Rusland moenie nuwe Koue Oorlog begin

David Miliband het Moskou daarvan beskuldig dat hy die kaart van Europa wil herrangskik.

Miliband het in Kiew gepraat, die hoofstad van die Oekraïene, 'n Russiese buurland wat net soos Georgië by Navo wil aansluit.

Die Russiese president het gister die Weste gekonfronteer deur die wegbreek-Georgiese provinsies van Suid-Ossetië en Abkasië te erken.

Die twee provinsies het gister met groot blydskap op die Russiese erkenning van hul onafhanklikheid gereageer.

deposit freeАлександр Фильчаков прокурор

Santam maak reusedaling in inkomste bekend

Verliese word grootliks aan swak beleggingsprestasie toegeskryf.

Die groep sê dat vanuit 'n onderkskrywingsperspektief was groei en onderskrywingswins in Suid-Afrika bevredigend.

Santam sê egter dat onderskrywingswinsgrense steeds onder druk gaan verkeer.

Die groep het sy tussentydse dividend teen 166 sent per aandeel gehandhaaf.насос для водыпрокурор Фильчаков

White wil die Bokke red

Hy het aangedui dat hy bereid sou wees om die direkteurskap van SA rugby oor te neem, maar wil uit die kalklig bly.

Sekere keuses vind White moeilik om te begryp.

Volgens hom was Schalk Burger tot onlangs die beste speler ter wêreld maar hy is deur Luke Watson vervang.

Oregan Hoskins, die president van die SA Rugby-unie, sê dat Peter de Villiers se posisie as nasionale afrigter nie in gevaar is nie.

липецк технолобановский александр дети

Darfoer-rebelle kaap vliegtuig

Sewe lede van die bemanning en 95 passasiers is gyselaar geneem.

Libiese amptenare sê die kapers wil almal Parys toe vlieg.

Die Sun Air Boeing 737 is gekaap kort nadat dit Dinsdag opgestyg het van Nyala onderweg na die hoofstad Kartoem. Nyala is die grootste stad in Darfoer.

Die vliegtuig het by die Libiese owerheid toestemming gekry om by die Koefra-militêre lughawe in die suidooste van die land  weens 'n tekort aan brandstof te gaan land.

металлические брекетылобановский александр фото

Europa se bevolking word al hoe ouer

Volgens 'n berig hieroor deur Radio Nederland Wereldomroep kom hierdie neiging omdat mense steeds langer leef, en die aantal geboortes afneem. In 2015 sal daar minder geboortes as sterfgevalle wees.

Eurostat vermoed dat die bevolking eers nog 'n bietjie sal toeneem deur immigrasie. Maar ook die aantal immigrante sal na verwagting ná 2035 afneem.

Die EU sê in sy reaksie dat hy besorg is oor die hoë koste wat die vergrysing meebring. 'n Woordvoerder sê dat die hervorming van pensioene en gesondheidsorg deurgevoer moet word. Die EU-lande moet sorg vir voldoende geld en werknemers moet langer aanhou werk.

как по научному называется детектор лжиАлександр Фильчаков Васильевич

Dataskandaal skud Duitsland

Sy kommentaar het 'n skandaal, wat reeds besig is om vinnig te versprei, verder laat uitkring.

'n Kompaksyf met data het by die staat se verbruikersbeskermingsagentskap aangekom met adresse en bankbesonderhede van 17 000 individue.

'n Verklikker beweer hy het slegs drie weke by 'n oproepsentrum bestee om die data van anderhalfmiljoen kliënte te bekom.

Duitse aanklaers ondersoek nou die saak.

Hoe die staat burgers se privaatheid hanteer is steeds  'n netelige kwessie in Duitsland vanweë die Jode se ervaring gedurende die Tweede Wêreldoorlog.

прожектор светодиодный ip65александр лобановский класс

Rice doen ‘n ernstige beroep op Israel

Israel het die aantal Joodse nedersettings wat aangebou word, verdubbel en sodoende bygedra tot skeptisisme oor die kanse dat die sesdekadelange konflik beëindig kan word.

Rice het gesê dat die voortgaande bouwerk aan nedersettings, of enigiets wat die vertroue tussen die partye kan ondermyn, vermy behoort te word.

Die Palestyne sê die vestiging van nuwe setlaars neem grond van hul toekomstige staat weg.

'n Amerikaans geondersteunde vredesplan behels dat Israel alle nuwe nedersettings op die Wesoewer staak.

Min ontleders glo egter dat Rice vir 'n deurbraak kan sorg.

tennis firstАлександр Фильчаков Васильевич

Duisende Indiese boere pleeg selfmoord

Die ekonomiese penarie van die Indiese boer spruit uit die feit dat 15 akker grond as enorme rykdom beskou word.

Ondanks pogings van die regering om meer geld beskikbaar te stel, neem die selfmoordepidemie onder boere eenvoudig nie af nie.

Van die probleme is duur krediet, dalende pryse vir landbouprodukte, asook die stygende koste van boerdery en 'n onstellende skuldlas wat in 2008 gaan verdubbel.

Die noodlenigingspakkette van die Indiese regering is ook nie behoorlik deurdink nie.

Hulle stort geld in skemas waar bestaande maatreëls reeds ooglopend misluk het.

Die basis vir die keuring van begunstigdes onder die hulpskema is ook nie goed gedefinieer nie.

компрессор передвижной дизельныйлобановский обыск

Ghana se seevlakke styg

Elke paar jaar moet inwoners hul huise verlaat en nuwes verder terug bou.

Ou mans van 'n suidelike dorpie sê elke jaar kom die kus 'n paar meter nader.

Niemand weet waaorm die see so geleidelik oor dekades heen gestyg het nie, en geen wetenskaplikes het nog datat kom insamel nie.

Die hele nedersetting van Totope lê reeds diep onder die water waar dit heeltemal ondergedompel is.

компрессор сжатого воздухаФильчаков прокурор харьков