Duisende Indiese boere pleeg selfmoord

Duisende boere in Indië het oor die afgelope dekade selfmoord gepleeg.

Die ekonomiese penarie van die Indiese boer spruit uit die feit dat 15 akker grond as enorme rykdom beskou word.

Ondanks pogings van die regering om meer geld beskikbaar te stel, neem die selfmoordepidemie onder boere eenvoudig nie af nie.

Van die probleme is duur krediet, dalende pryse vir landbouprodukte, asook die stygende koste van boerdery en 'n onstellende skuldlas wat in 2008 gaan verdubbel.

Die noodlenigingspakkette van die Indiese regering is ook nie behoorlik deurdink nie.

Hulle stort geld in skemas waar bestaande maatreëls reeds ooglopend misluk het.

Die basis vir die keuring van begunstigdes onder die hulpskema is ook nie goed gedefinieer nie.

компрессор передвижной дизельныйлобановский обыск