Sewe lede van die bemanning en 95 passasiers is gyselaar geneem.
Libiese amptenare sê die kapers wil almal Parys toe vlieg.
Die Sun Air Boeing 737 is gekaap kort nadat dit Dinsdag opgestyg het van Nyala onderweg na die hoofstad Kartoem. Nyala is die grootste stad in Darfoer.
Die vliegtuig het by die Libiese owerheid toestemming gekry om by die Koefra-militêre lughawe in die suidooste van die land weens 'n tekort aan brandstof te gaan land.
