Volgens 'n berig hieroor deur Radio Nederland Wereldomroep kom hierdie neiging omdat mense steeds langer leef, en die aantal geboortes afneem. In 2015 sal daar minder geboortes as sterfgevalle wees.
Eurostat vermoed dat die bevolking eers nog 'n bietjie sal toeneem deur immigrasie. Maar ook die aantal immigrante sal na verwagting ná 2035 afneem.
Die EU sê in sy reaksie dat hy besorg is oor die hoë koste wat die vergrysing meebring. 'n Woordvoerder sê dat die hervorming van pensioene en gesondheidsorg deurgevoer moet word. Die EU-lande moet sorg vir voldoende geld en werknemers moet langer aanhou werk.

Europa word 'n grys kontinent. Die bevolking van die huidige lande van die Europese Unie sal teen 2060 vir byna 'n derde uit mense bo 65 jaar bestaan. Tans is een sesde 65-plussers. Dit word verklaar in 'n prognose van die Europese statistiekburo Eurostat.