Liewe mede-nie-liberale Afrikaner. Min van ons mense besef die uiterste gevaar waarin ons ons tans bevind. Selfs ons kinders se veiligheid is nou radikaal in gedrang. Die ANC-regime het inderdaad ons eie kinders van ons vervreem; hulle het ons geskiedenis uit hul boeke gehaal en verdwaal sonder riglyne gelaat. Die volgende generasie gaan nie eens weet wie hulle is of was nie en dit word erger.
Elke soort openbare diens is reeds in duie of is spoedig afgrond toe. Die kommerwekkendste is natuurlik ons land se veiligheidsdiens. Om korrupsie toe te smeer, is vir die kommunistiese regime baie belangriker as nasionale veiligheid. Daar bestaan reuseleemtes in ons nasionale veiligheidstelsel. Die nuutste wat kop uitsteek, is die ontvoering en uitvoer van jong wit dogters; my dogter is jou dogter as dit by hulle veiligheid kom. Ons as verantwoordelike mens behoort hulle ten alle koste te beskerm.
Daar is skielik ‘n hewige styging in dié gruwelike misdaad, ons kinders wat as prostitute uitgevoer word. Dit is so verskriklik, dit maak my naar. Dink tog daaraan: dit kan jou dogtertjie wees wat volgende is. Om staat te maak op die polisie vandag is ‘n hopelose saak en onverantwoordelik. Tog sit ons terug en wag op beter dae. Elke dag wat verbygaan, is soos ‘n dier wat brandsiek is; hy sal nie vanself beter word nie.
Het Retief nie met sy bloed aan ons gewys dat jy nie met hulle kan onderhandel nie; waarom probeer al die Afrikanerorganisasies nog? Die tyd van praat is inderdaad verby. Daar is maar een oplossing: Ons moet ons veiligheid in ons eie hande neem. Dit is nie ons reg nie maar ons plig! Paraatheid en selfbeskerming was nog altyd ‘n tradisie onder ons mense, wat die afgelope tyd verwaarloos is.
Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou Suid-Afrika. Dit het ons herhaaldelik gesing en tog net daar laat staan. Kom ons staan tog vir eenmaal op en beskerm ons vrouens en kinders. Kom ons hou op praat en wys die vyand en die wêreld dat ons nog ‘n volk is. Kom ons maak ons voorvaders trots op die feit dat hulle geveg nie tevergeefs was nie. Dit is tyd dat ons wapens opneem en onsself beskerm teen ons vyand, ons geskiedenis terug eien en ons deur ons eie mense gelei word.
Soos Prediker 3:1-8 lui:
1 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:
2 daar is ‘n tyd om gebore te word, ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant, ‘n tyd om plante uit te trek,
3 ‘n tyd om ‘n lewe te neem, ‘n tyd om ‘n lewe te red, ‘n tyd om af te breek, ‘n tyd om te bou,
4 ‘n tyd om te huil, ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, ‘n tyd om van blydskap te dans,
5 ‘n tyd om klippe weg te gooi, ‘n tyd om hulle bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels, ‘n tyd om weg te bly van omhelsing af,
6 ‘n tyd om aan te skaf, ‘n tyd om te laat wegraak, ‘n tyd om te spaar, ‘n tyd om weg te gooi,
7 ‘n tyd om te skeur, ‘n tyd om toe te werk, ‘n tyd om stil te bly, ‘n tyd om te praat,
8 ‘n tyd om lief te hê, ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog, ‘n tyd vir vrede.
Die Afrikanerhaters sal my nooit onderkry nie; ek sal veg tot ek my laaste asem uitblaas.

Die Vryheidsfront Plus veroordeel die premier van Gauteng, me. Nomvula Mokonyane, se vyandige uitsprake teenoor wit belastingbetalers in die Tshwane-munisipaliteit. Die VF Plus se leier in Gauteng en LPW, mnr. Jaco Mulder, gaan ‘n dringende gesprek met die Gautengse premier aanvra in verband met haar uitsprake.
As daar ‘n president is wat sy termyn as staatshoof aardskuddend begin het, is dit dié van die nuwe Chileense president, Sebastian Pinera.
Ons het so pas een van daardie klein botteltjies raak geloop. Renault se Clio Renault Sport of die RS, soos hy bekend staan, het ’n draai by ons gemaak. Anders as die vorige Clio Renault Sport-modelle word hierdie Clio nie deur ’n V6- middelgemonteerde monster aangedryf nie. Nee, hierdie is ’n baie fyn besnaarde vier silinder wat seer byt. En die wonderlike van die eenheid is dat daar geen turbo is nie; dit is net pure enjintegnologie wat tot op die uiterste toe gespan is. Die Clio RS laat my nogal dink aan ’n kruisboog ; jy weet hy is gevaarlik, maar aan die ander kant is hy mos nie regtig ‘n vuurwapen nie. Maar boeta, skuif bietjie agter daardie stuurwiel in.
Vir die gewone ou op straat sal dit ‘n rukkie neem om gewoond te raak aan die harde onderstel, dit is nou nie ’n Gti of OPC dié nie. Dit voel kompleet of jy agter die stuur van ’n renstel (go-cart) sit. Jy sit laag en die rensitplekke vou letterlik hier om jou middel om jou stewig in posisie te hou. Die instrumentepaneel is pure Renault en verskil nie veel van die nuwe Clio s’n nie, so ’n mens voel darem nie heeltemal ontuis agter die stuur nie. Daar is oral subtiele vlekvryestaal-insetsels met Renault Sport-kentekens op wat jou herinner dat jy nie in ‘n gewone Clio is nie. Die kort ratkierie en dikraamleerstuurwiel is ‘n baie subtiele, meer verfynde, amper sagter herinnering daaraan dat hierdie nie die brutale gedierte is wat die vorige Clio V6 RSe was nie. Hierdie motor is meer gerig op die gewone ou, wat soos ‘n renjaer wil voel.
Van buite is die Clio RS heelwat anders as sy gewone Clio-stalmaat. Dit is veral die kleur van die motor wat ‘n regte Renault Sport-blou is. Jy sal nie sommer ‘n gewone Clio in dié kleur kry nie. Die RS het dan ook net drie deure wat wyd oop maak en ons was nogal verbaas oor die hoeveelheid bagasieruimte wat die motortjie bied. Die in- en uitklim is maklik al sit jy so effens laer as in ‘n gewone motor; selfs die agterste passasiers kan maklik met die sitplekke wat vorentoe skuif as die ruglening op gelig word, agter in glip. Daar is natuurlik nie baie sitspasie binne die Clio nie, na regte is dié net ’n viersitplekmotor. Kry jou sit en draai die aansitter, ja draai die aansitter, anders as waaraan ons gewoond geraak het met Renaults het die Clio RS wel ‘n sleutel wat jy moet insit en draai soos in die ou dae. Wanneer die tweeliter- viersilinderenjin aan die luier gaan, het nie net een persoon vir my gevra of dié ‘n V6 is nie, maar ’n hele paar. Die enjin klink by luierspoed net soos ’n V6-motor. Miskien is dit omdat die mense geweet het die vorige RS was ’n V6, maar ons vermoed dat dit eerder die twee aggressiewe uitlaatpype is. Die pype sit net soos die Gordini’s van ouds se pype amper in die middel van die agterste buffer, net aan die binnekant van die twee agterligte, baie imponerend en ‘n duidelike teken van die motor se sportiwiteit.
Die Clio RS het ons werklik beïndruk deur sy werkverrigting en veral hantering. Wanneer jy die stuurwiel draai en vet gee, is daar geen weifeling nie, die kar gaan vinnig waar jy wil hê hy moet gaan. Hy is voorwielaangedrewe, so daar is ‘n baie klein bietjie onderstuur, maar dit is werklik so min dat dit amper nie genoem hoef te word nie. Met ons verrigtingstoets het die Clio RS my telkens verras met hoë vinnig en sekuur hy doen wat jy wil hê. Ons het die topspoed van 225km/u maklik gehaal en 100km/u kom sonder enige aarseling binne 6,9 sekondes aan. Die 2,0 liter petrolenjin lewer 147,5 Kw. se krag en 215 Nm. se wringkrag. Dit is indrukwekkend, veral as ‘n mens dit vergelyk met die 155 Kw. wat die GTi met ’n turbo lewer. Die Clio RS is breër as die gewone Clio, sy asafstand is met 10 mm verleng om meer stabiliteit te gee en die vet tekkies van 17 duim pas mooi vol in die wielboë op elke hoek van die motor. Die remme in die Clio RS is 312 mm Brembo geventileerde skywe, so jy sal stop as dit moet. Daar is ses ratte met ratverhoudings wat korter en meer skuur is as vantevore. Ons het met al hierdie werkverrigting steeds ‘n brandstofverbruiksyfer van 8,5 ℓ/100km aangeteken. Goed vir ’n verrigtingsblitsbuks!
Anders as die Clio RS, is die 1.6 Dynamic ’n groot kar, nou nie regtig nie, maar daar is heelwat meer binneruimte en hierdie Renault bied regtig baie vir die geld wat jy uithaal om hom in jou motorhuis te parkeer.
Die Clio 1.6 Dynamic is ook toegerus met splinter nuwe 16 duim allooi vellings as standaard en kyk jy na die res van die motor dan kan daar duidelik lyne van die nuwe Megane gesien word, veral in die voorste ligte. Die Clio se wiel afstand is nou 41 mm langer as die vorige generasie om sodoende ‘n werklike indrukwekkende 1343mm skouer hoogte en agterste kop ruimte van 886 mm te bied.
Kom ons by die prys van die Clio 1.6 Dynamic het ons aanvanklik gedink die motor is duur, maar kyk na sy mededingers ( Ford Fiësta 1.6 Titanium R195 650, Mazda 3 1.6 Dynamic Sport R225 520 en Peugeot 207 VTi Dynamic R200 000 ), wat almal minder toerusting en veiligheidstoerusting as die Clio het, dan klink die R194 900 na ’n goeie koop. Ingesluit by die prys is ‘n 3-jaar 45 000 km-diensplan en Renault se 100 000 km/ 3 jaar-waarborg.