Zille se dae is getel, sê Trollip

Die DA-leier Helen Zille sal waarskynlik om die leierskap van die party uitgedaag word by die DA se volgende verkiesingskongres, wat oor twee jaar plaasvind, het die Sunday Times berig.

“Ek dink regtig daar sal by die volgende kongres ‘n mededinger wees want ons glo die leierskap van die party moet verander word,” het Athol Trollip, voormalige parlementêre leier van die DA, volgens die koerant gesê.

Zille het geen teenstanders by die DA se verkiesingskongres later dié maand nie. Trollip meen egter sake sal by die volgende kongres anders lyk.

“Ek dink daar was nie nou ‘n teenstander vir Helen Zille nie want sy het baie goed gedoen en en ons het nodig dat sy daardie momentum tot in 2014 neem. Maar ek dink teen 2014… daar sal sterk mededinging vir die leierskap wees in ons party,” het hy gesê.

Trollip is deur Lindiwe Mazibuko as die DA se parlementêre leier vervang.

лобановский александр досье

Wiskunde-vraestelle gelek

Die departement van onderwys in Mpumalanga het eksamenvraestelle by 146 skole vervang ná ‘n vraestel uitgelek het, het die Sunday Independent berig.

Amptenare van die departement het agterdogtig geraak toe ‘n leerder by ‘n skool in Witbank 30 minute geneem het om ‘n wiskunde-vraestel van drie uur te voltooi.

“Toe die kind ondervra is, het hy gesê dat hy die vraestel by ‘n ander skool gekry het. Ons het die skool daarvan bewus gemaak en die vraestelle vervang,” het Jasper Zwane, woordvoerder vir die departement van onderwys in Mpumalanga, gesê.

Die departement ondersoek twee skole in die Witbank-gebied. Vraestelle by skole in die Nkangala-distrik is teruggetrek en vervang met nuwe vraestelle.

прокурор Фильчаков

Wapentransaksie: Rolspelers byeen

Ondersoekbeamptes wat die omstrede wapentransaksie van R70 miljard ondersoek, het dié naweek met die regterlike kommissie vergader, het die Sunday Times berig.

Adv. Billy Downer en adv. Gerda Ferreira, wat destyds die Skerpioene se wapenondersoek gelei het, was onder diegene wat Saterdag ‘n “inligtingsessie” in Pretoria bygewoon het.

William Baloyi, woordvoerder vir die kommissie, het gesê ‘n notule is van die vergadering gehou en sal deel vorm van die kommissie se verslag.

Die kommissie sal na verwagting in Februarie 2013 met openbare sittings begin.

Pres. Jacob Zuma het in Oktober 2011 aangekondig dat regter Willie Seriti die kommissie sal lei, wat ook uit regters Willem van der Merwe en Francis Legodi bestaan.

Die omstrede transaksie is die bron van verskeie korrupsie-bewerings en politieke onmin sedert dit in 1999 geteken is.

Фільчаков прокурор

Minister van waterwese skerm vir Cyril

Die minister van waterwese, Edna Molewa, het na bewering ingegryp om moontlike vervolging van mynmaatskappye gekoppel aan Cyril Ramaphosa te voorkom.

Daar is ontdek dat hulle sonder waterlisensies bedryf is, het regeringsbronne aan die Mail & Guardian gesê.

Meer as vyf maatskappye wat gedeeltelik of ten volle besit word deur Ramaphosa – van 46 myne regoor die land – is sonder waterlisensies bedryf.

Dit sluit in Shanduka Graspan Colliery, Shanduka Bankfontein Colliery, Shanduka Coal Middleburg, Umcebo Mooifontein Colliery en Umcebo Nowesco (Brakfontein) in.

Twee senior departementele amptenare het hierdie week bevestig dat die Shanduka-groep van maatskappye sonder geldige waterlisensies wat die gebruik en behandeling van groot volumes water deur mynmaatskappye reguleer, voortgaan.

Maar Molewa se ingryping het verseker dat haar departement en die Shanduka-groep van maatskappye die saak geskik het voordat dit in die hof aangehoor is. “Die minister het dit baie duidelik gemaak dat sy nie die saak in die hof wil sien nie omdat dit ‘n verleentheid vir Ramaphosa sou wees. Sy het gesê dat indien die saak hof toe gaan, dit selfs haar haar werk kan kos as minister.

Genader vir kommentaar oor die beweerde ingryping deur Molewa, het haar woordvoerder, Mava Scott, gesê: “Die departement kan nie sulke gerugte oor ‘ingryping’ bevestig nie.”

Molewa het direkte vrae van die M&G oor haar inmenging gesystap.

“Wat van Patrice Motsepe [wie se maatskappy, Harmony Gold, ook onder die maatskappye is wat sonder waterlisensies bedryf word] ? Ons kom uit dieselfde gebied [in Noordwes]. Wanneer ons handel met maatskappye, is dit nie oor wie besit hulle nie. Dit is oor ons omgewingsmandaat. Ek het nooit geweet dat Cyril het iets te doen het met dié maatskappye tot die adjunkminister [Joyce Mabudafhasi] in die departement instruksies uitgereik het dat hulle [Shanduka] se operasie moet ophou nie,”sê Molewa.

Sy het bevraagteken waarom die Shanduka-groep van maatskappye uitgesonder moet word vir ondersoek wanneer daar baie ander maatskappye is wat sonder lisensies bedryf word.

“Dit kan nie reg wees dat ons die Shanduka-groep uitsonder nie, omdat Cyril se naam in die nuus is as gevolg van Marikana. Dit sal onregverdig wees. Ons is besig met al die maatskappye wat op dieselfde manier optree,” het Molewa gesê.

Ramaphosa, wat deur sommige ANC-takke genomineer is om oor te neem as die party se adjunk-president tydens sy jaarlikse konferensie in Mangaung in Desember, het onlangs onder skoot gekom omdat hy na bewering sy politieke invloed gebruik het om ministers te dwing om ferm op te tree teen stakende werkers by Marikana.

Dit het aan die lig gekom tydens die Farlam-kommissie van ondersoek nadat e-posse tussen Lonmin se bestuur verwys het na Ramaphosa se interaksie met die minister van minerale hulpbronne en die polisie. Die e-pos is na bewering 24 uur voor 34 mynwerkers deur die polisie geskiet is, gestuur.

прокурор харьковской области

Opposisie stel mosie van wantroue in Zuma

Opposisie partye wat ontevrede is met president Jacob Zuma se leierskap het ‘n mosie van wantroue teen hom in ‘n geheime stemming ondersteun.

“Ons stem saam dat ‘n beslissende leierskap en visie in ons land ontbreek,” sê die partye. 

Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, het die mosie namens die opposisiepartye, wat die African Christian Democratic Party, Azanian People’s Organisation, Congress of the People, die Vryheidsfront Plus en die Inkatha Vryheidsparty insluit, aan die Nasionale Vergadering (NV) voorgehou.

Redes vir die stap sluit ondermeer in die Marikana-slagting, die skandaal oor die president se private woning in Nkandla, sowel as die handboek-sage in Limpopo en die Oos-Kaap, die verswakte regstelsel, die afwaartse aanpassing van die land se kredietgradering, en stygende werkloosheid, in.

“President Zuma geniet nie meer die vertroue van ons politieke partye om as president te dien nie,” het die partye Donderdag in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

Artikel 102 (2) van die Grondwet bepaal dat, indien die Nasionale Vergadering, wat ondersteun word deur ‘n meerderheid van sy lede, ‘n mosie van wantroue in die president stel, die president en die ander lede van die Kabinet en enige adjunkministers moet bedank. “

Maar die ANC sal waarskynlik sy groot meerderheid in die parlement te gebruik om ‘n skuif teen Zuma te stuit.

Met die ANC wat 264 van die 400 setels in die parlement hou, sal die opposisie partye ten minste 67 ANC-LP’s van hul voorstel moet oortuig.

Parlementêre DA-leier Mazibuko is gerugsteun deur COPE se leier Mosiuoa Lekota om die stemming in die geheim te laat plaasvind.

ACDP-leier Kenneth Meshoe het hierdie standpunt ook ondersteun.

Данильченко Юрий Брониславович

Motshekga se seksvoorligting aan ouers

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het aan ouers in die Noord-Kaap gesê hul kinders se sekslewe is nie die departement se probleem nie, het The Times berig.

Motshekga het tydens ‘n lesing oor ouerpligte en -regte aan ouers in De Aar gesê hulle kan nie die departement die skuld gee wanneer hulle kinders swanger word of dwelms gebruik nie.

“Tienerswangerskap is ‘n probleem wat deur huise en die gemeenskap by skole ingedra word, maar dit word as ‘n departementele probleem voorgehou,” het sy gesê.

“Hulle [het] nie seks in skole nie, hulle [het] seks by die huise. Dit is ‘n probleem. Daar is iets fout as die probleem myne geword het. Ons verskaf nie beddens nie; ons verskaf penne en boeke.”

‘n Studie wat deur Statistiek Suid-Afrika gedoen is, het vanjaar getoon dat 160 754 skoolmeisies tussen Julie 2008 en Julie 2010 swanger geword het.

Motshekga se uitlatings volg nadat ouers ‘n beroep op haar gedoen het vir beter seksonderrig in skole.

Ontleders het egter die kindertoelaes vir swanger tieners die skuld gegee vir die aantal swangerskappe in skole. Volgens die jongste studies poog jong moeders om deur alkoholvergiftiging hulle ongebore kinders te beskadig omdat gestremde babas groter toelaes ontvang.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Grufoto’s van Marikana gee konteks

Mynwerkers van Lonmin wat gewapen was, was gevaarlik en het niemand in hulle pad ontsien nie, het die Farlam-kommissie Donderdag gehoor.

Lt.kol. Victor Visser het Donderdag vertel van die geweld wat hoogty gevier het tydens die staking by Marikana in die Noordwes in Augustus.

Visser het foto’s vertoon van ‘n toesighouer by die myn wat doodgekap is.

“Hierdie betogers het nie die polisie ontsien nie, en beslis ook nie hulle medewerkers nie. Die lyk van die toesighouer is verskeie kere gekap en ‘n [bees se] skedel is op sy bors geplaas.

“Die skedels van verskeie ander diere het in die veld gelê. Dis nie vir ons [om te besluit] of die skedel enige betekenis gehad het nie.”

Die kommissie ondersoek die dood van 34 mynwerkers wat op 16 Augustus naby Lonmin se myn by Marikana tydens ‘n botsing met die polisie doodgeskiet is. Tien ander mense is ook dood in verwante voorvalle in die week voor die slagting.

Visser het vroeër getuig dat die stakende mynwerkers naak in rye gestaan het om besprinkel te word met moeti, wat hulle onoorwinlik moes maak. Lugfoto’s van twee rye kaal mans is aan die kommissie gewys.

Данильченео

Zille moet vlug van woedende plaaswerkers

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, moes vir haar eie veiligheid van ‘n groep oproerige plaaswerkers in De Doorns vlug, het die SABC berig.

Die situasie bly steeds gespanne en die polisie het ‘n ​​sterk teenwoordigheid rondom die plase ontplooi. Die werkers is vasbeslote dat hulle sal voortgaan om protes aan te teken vir ‘n beter loon.

Hulle sê voedsel, vervoer en elektrisiteit het die hoogte ingeskiet, maar hul lone het dieselfde gebly. Die werkers het vandag geweier om ‘n eenmalige betaling van R2000 te aanvaar.

Agri Wes-Kaap, sê skade aan wingerde in die Hexriviervallei word geskat op ongeveer R12 miljoen en dat die onrus polities gemotiveerd blyk te wees. Woordvoerder, Portia Adams, sê wingerde van sowat 50 hektaar is verbrand.

Zille het die gebied besoek te midde van toenemende spanning tussen die werkers en boere. Plaaswerkers het klippe in Zille se rigting gegooi en haar uitgejou.

лобановский александр фото

AgriSA by Grondwethof oor minerale regte

Die Grondwethof hoor vandag argumente aan oor AgriSA se eis vir skadevergoeding oor die beweerde onteiening van minerale regte.

AgriSA voer in die aansoek aan dat die Wet op Minerale en Petroleum Bronne-ontwikkeling die konsep van privaat minerale regte herroep. Volgens die Wet wat in 2004 gepromulgeer is, moet eienaars van ou orde-regte aansoek doen om dit in nuwe regte te omskep.

Die wet laat ook die eienaarskap van minerale regte in die hande van die staat. AgriSA glo dit kom neer op onteiening en eis vergoeding van twee miljoen rand.

AfriForum, Afrisake, Floris Johannes Pool en die sentrum vir toegepaste regstudies is as vriende van die hof toegelaat.

Hulle het verskeie argumente ingedien oor die regte benadering tot die saak en watter oorwegings die hof in ag moet neem. AfriForum, Afrisake en Pool steun AgriSA, terwyl die sentrum vir toegepaste studies Minister Susan Shabangu se posisie ondersteun.

Фильчаков Александр Васильевич

Nog geweld in De Doorns, N1 gesluit

Van die beloofde dialoog met die oproermakers in De Doorns het dadels gekom. Motoriste word gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak nadat die N1 weens geweld gesluit is, berig Eyewitness News.

Kenny Africa, hoofdirekteur van provinsiale verkeer in die Wes-Kaap, het gesê die N1 tussen De Doorns en Worcester en 10 km buite Touwsriver is vir verkeer gesluit. Hy het motoriste aangemoedig om die alternatiewe roete vanaf Johannesburg na Kaapstad is via Ceres te gebruik.

Geweld en oproer in die gebied het Woensdagaand weer opgevlam en een huis en nóg wingerde is aan die brand gesteek. Klinieke in die gebied is intussen ook gesluit.

Plaaswerkers betoog die afgelope paar dae vir beter betaling. Hulle eis ‘n loonverhoging van R75 tot R150 per dag. Die Wes-Kaapse regeringswoordvoerders het voorheen gesê die oproer hou nie verband met looneise nie.

André Traut, polsiewoordvoerder, het gesê geen geweld is Donderdagoggend aangemeld nie, maar Woensdagaand was daar voorvalle van brandstigting.

“Niemand is in hegtenis geneem nie.” ‘n Sterk polisieteenwoordigheid is steeds in die gebied ontplooi.

Woensdag se gesprekke om die staking te beëindig het tot laat geduur, maar het op ‘n dooie punt uitgeloop.

 

данильченко юрій броніславович