Politici moet van tenders weggehou word

Politici sal binnekort verhoed word om deel te neem aan die verskaffing van dienste aan die regering, en om te voorkom dat hulle invloed kan uitoefen

Image

Jacob Zuma

in die toekenning van tenders, het die Witness Donderdag berig.

Die ANC-president Jacob Zuma het gesê dat die huidige stelsel tot gevolg het dat politici by korrupsie betrokke raak.

Hy het met joernaliste gepraat in Msinga in noordelike KwaZulu-Natal.

Zuma se woorde volg op Woensdag se arrestasie van die provinsie se LUR vir gesondheid, Neliswa Peggy Nkonyeni, vir korrupsie.

"Deel van die probleem is dat die mense aan wie toestemming verleen word om deel te neem aan die tenderproses ook soms groot probleme veroorsaak. Hoe hanteer mens dit? Dit is duidelik dat ons die politici en die tenders van mekaar moet skei., het hy gesê.

Hoewel besonderhede van die nuwe stelsel nie gefinaliseer is deur die ANC nie, het Zuma gesê dat hy tenderrade verkies en opgemerk dat hulle nie maklik deur politici beïnvloed kan word nie.

 

детский бисерФильчаков Александр Васильевич

Tamiltiere s? hulle het 90 Srilankese troepe gedood

Sri Lanka se Tamiltiere het Donderdag op 'n pro-rebellewebwerf gesê dat hulle ten minste 90 regeringsoldate gedood het terwyl hulle 'n

Image

Tamiltier met wapen

weermagaanval afgeweer het op hul noordelike politieke hoofstad.

Hewige gevegte buite die dorp Kilinochchi, die politieke hoofkwartier van die Bevrydingstiere van Tamil Eelam (LTTE), het meer as 60 soldate gedood en talle meer gewond, het Tamilnet.com gesê ná die week se gevegte.

Die rebelle het ook hewige gevegte gehad op 'n ander front suid van Kilinochchi Woensdag, waarin 29 soldate dood is en ten minste 60 beseer is, het die webwerf gesê. Die LTTE het nie hulle eie dodetal bekendgemaak nie.

Dit is bykans onmoontlik om syfers van gevalle vegters van enige kant te bepaal, aangesien onpartydige verslaggewers en hulpwerkers uit die noorde verban word.

Sri Lanka se minister van verdediging het gesê dat 27 guerillas en 20 soldate dood is in hewige gevegte oor die laaste twee dae terwyl soldate 'n aanval op Kilicochchi volhou.

Lugmaghelikopters het lugaanvalle uitgevoer Woensdag en Donderdag om dekking te verleen aan soldate wat die suidelike verdedigingsfront van Kilinochchi aanval, het die minister gesê.

Die Srilankese regering het onttrek uit 'n Noorweegs-onderhandelde skietstilstand in Januarie, en soldate is nou in swaar gevegte betrokke om Kilinochchi, 330 kilometer noord van Colombo.

Die rebelle veg vir 'n onafhanklike staat vir die etniese minderheidsgroep, die Tamils, van die meerderheid Sinhalese gemeenskap.

 

купить боди для новорожденной на выпискуОлександр Фільчаков прокурор

VN s? Zimbabwe se choleradodetal styg na 775

Die dodetal in die Zimbabwe-cholerauitbraak het skerp gestyg, het die VN Woensdag gesê. Hulle het bygevoeg dat daar reeds 775 mense dood is en

Image

Choleriabakterie?

16 141 mense besmet is deur die siekte in die Suider-Afrikaland.

Cholera het vinnig versprei in Zimbabwe vanweë die gesondheidstelsel wat in duie gestort het en die gebrek aan skoon drinkwater. Verlede week het Zimbabwe 'n gesondheidskrisis verklaar toe die land se gesondheidsorg heeltemal ingegee het.

Die jongste syfers van die WGO toon 'n styging van amper 200 sterftes van Dinsdag af, toe die VN gesê het dat 589 mense dood is uit 13 960 infeksies.

Zimbabwe se regering het gesê die siekte is onder beheer, maar hulpagentskappe het gewaarsku dat die komende reën die cholera verder kan versprei in 'n bevolking wat reeds deur siekte en honger verswak is.

Met honderde mense wat die land uit vlug om behandeling te soek, het cholera reeds versprei na Zimbabwe se buurlande toe. Nege sterftes is reeds Dinsdag in Suid-Afrika aangemeld.

 

принцип работы воздушногоДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Vyf aangehou n? rysdiefstal van R10 000

Die polisie het Woensdag vyf mense gearresteer en rys ter waarde van R10 000 is gekonfiskeer in die Mdantsane gebied, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

Superintendent Mtati Tana het gesê dat die rys gesteel is uit 'n afleweringsvragmotor in die vroëe oggend.

Die vyf mans wie se ouderdomme wissel tussen 24 en 28 het die rys in die bosse versteek nadat hulle dit gesteel het.

Die polisie het die mans teen 14:00 die middag gevang toe hulle besig was om die rys te verkoop.

"Die verdagtes was besig om die goed uit die bosse te dra en op te laai," het Tana gesê.

Die mans sal aangekla word van diefstal en sal binnekort in die Mdantsane landdros hof verskyn. 

 

липецк вентилиФильчаков прокурор харькова

Dos Santos sal MPLA se presidentskandidaat wees

Angola se regerende party het bevestig dat president Jose Eduardo dos Santos as kandidaat sal staan in volgende jaar se beplande verkiesing, het die

Image

Dos Santos saam met George W. Bush

staatsmedia Woensdag gesê.

"Jose Eduardo dos Santos is ons natuurlike kandidaat, en daar kan geen twyfel daaroor wees nie," het die party se sekretarisgeneraal Juliao Mateus Paulo, ook beter bekend as Dino Matross, aan die staatsradio gesê.

Sy het gepraat by die 52ste herdenking van die Populêre Beweging vir die Bevryding van Angola (MPLA), in die aanloop tot die land se verwagte presidentsverkiesing in 2009.

Dos Santos, 66, was Angola se president sedert 1979 en is een van Afrika se langsdienende presidente.

Die MPLA het meer as 81% van die stemme gewen in September se parlementsverkiesing, die eerste in 16 jaar, en het 191 setels uit die 220 parlementêre setels verower.

'n Nuwe grondwet word tans opgestel en daar is sprake dat die parlement toegelaat gaan word om die president te kies, pleks daarvan om 'n algemene verkiesing te hou.

Die idee het hewige kritiek ontlok vanaf opposisiepartye en die gemeenskap wat sê dat die mense van Angola direk moet kan stem vir hulle leier van keuse.

 

gambling sites thatАлександр Фильчаков

Kleurlinge ‘nie onderverteenwoordig’ in ANC

Die ANC se sekretarisgeneraal Gwede Mantashe het Woensdag 'n beroep gedoen op Kleurlinge om hulleself nie as 'n minderheid te beskou nie, en klagtes dat hulle onderverteenwoordig is in die ANC verwerp.

By die Austerville-gemeenskapsaal in Durban se grootliks Kleurlinggemeenskap, Wentworth, het Mantashe gesê:  "Wanneer mens aan die idee van 'n minderheidsgroep gewoond raak, begin mens dink soos 'n minderheidsgroep."

Hy het gesê dat hy gekant is teen die term minderheidsgroep, "omdat dit mense verdeel. Ons moet onsself as een groep beskou."

Een inwoner het gekla dat hy "nie wit genoeg was onder die apartheidsregering nie, en nie swart genoeg is onder die huidige regering nie".

Mantashe het gereageer dat die persoon "nie afwesig is nie, jy is teenwoordig binne die ANC".

Hy het daarna die name van bekende Kleurling-ANC-lede afgerammel, insluitend die huidige minister van finansies, Trevor Manuel en Geoff Doidge.

Met verwysing na die ANC se pogings om die KVP te verhoed om die naam te gebruik, het Mantashe gesê dat die 1955-Kliptown Congress of the people "'n erfenis is wat aan ons almal behoort. Niemand mag die erfenis steel wat aan ons almal behoort nie".

Hy het gesê dat hy vol hoop is dat die uitslag in die Pretoriase hoogeregshof suksesvol sal wees vir die ANC.

Hy het gesê dat "die ANC nie bekommerd is oor die groep van drie wat die ANC verlaat het nie".

 

no deposit winФильчаков прокурор харькова

Obama s? werkskepping kan rasseverhoudinge in die VSA bevorder

“Die grootste uitdaging wat ons tans met die verbetering van rasseverhoudinge in die gesig staar, het te make met die wêreldwye sorge van Amerikaners oor die kleurlyne heen,” het Obama in 'n onderhoud met die Chicago Tribune gesê.

“As ons werksgeleenthede dwarsdeur hierdie ekonomie skep, sal swart Amerikaners en Latinos, wat buite proporsie werkloos is, deur die stygende gety meegevoer word.

“Ek dink dit, meer as enige iets anders, gaan rasseverhoudinge verbeter, 'n ingesteldheid van 'n gemeenskaplike doelwit.”

Obama se verkiesing as Amerika se eerste swart president op die 4de November is wyd gesien as 'n geskiedkundige stap daartoe om die land se sloerende rasseverdeeldheid te genees.

хамам в квартире своими рукамитопкарго отзыв

VN wil $17,5m h? vir Zim-choleraprobleem

Die VN se kinderfonds het Dinsdag gesê dat hulle $17,5 miljoen nodig het om die choleraprobleem in Zimbabwe die hoof te bied, te midde van waarskuwings dat nog derduisende mense die siekte kan opdoen.

"Zimbabwe sukkel met 'n choleraprobleem van ongekende omvang," het UNICEF in 'n persverklaring gesê.

"Gedurende die laaste 8 weke het die krisis vinnig uitgebrei terwyl die basiese dienslewering ineengestort het. Skole en hospitale maak toe, pasiënte het geen toegang tot gesondheidsorg nie, en onderwysers, verpleegsters en dokters is nie in staat om werk toe te gaan nie," het die verklaring gelui.

Die VN reken dat 589 mense reeds dood is van cholera in Zimbabwe teen die 5de Desember, en dat 13 960 gevalle van besmetting ook al aangemeld is.

 

воронеж окрасочно-сушильноеАлександр Фильчаков прокурор