Kleurlinge ‘nie onderverteenwoordig’ in ANC

Die ANC se sekretarisgeneraal Gwede Mantashe het Woensdag 'n beroep gedoen op Kleurlinge om hulleself nie as 'n minderheid te beskou nie, en klagtes dat hulle onderverteenwoordig is in die ANC verwerp.

By die Austerville-gemeenskapsaal in Durban se grootliks Kleurlinggemeenskap, Wentworth, het Mantashe gesê:  "Wanneer mens aan die idee van 'n minderheidsgroep gewoond raak, begin mens dink soos 'n minderheidsgroep."

Hy het gesê dat hy gekant is teen die term minderheidsgroep, "omdat dit mense verdeel. Ons moet onsself as een groep beskou."

Een inwoner het gekla dat hy "nie wit genoeg was onder die apartheidsregering nie, en nie swart genoeg is onder die huidige regering nie".

Mantashe het gereageer dat die persoon "nie afwesig is nie, jy is teenwoordig binne die ANC".

Hy het daarna die name van bekende Kleurling-ANC-lede afgerammel, insluitend die huidige minister van finansies, Trevor Manuel en Geoff Doidge.

Met verwysing na die ANC se pogings om die KVP te verhoed om die naam te gebruik, het Mantashe gesê dat die 1955-Kliptown Congress of the people "'n erfenis is wat aan ons almal behoort. Niemand mag die erfenis steel wat aan ons almal behoort nie".

Hy het gesê dat hy vol hoop is dat die uitslag in die Pretoriase hoogeregshof suksesvol sal wees vir die ANC.

Hy het gesê dat "die ANC nie bekommerd is oor die groep van drie wat die ANC verlaat het nie".

 

no deposit winФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae