VN s? Zimbabwe se choleradodetal styg na 775

Die dodetal in die Zimbabwe-cholerauitbraak het skerp gestyg, het die VN Woensdag gesê. Hulle het bygevoeg dat daar reeds 775 mense dood is en

Image

Choleriabakterie?

16 141 mense besmet is deur die siekte in die Suider-Afrikaland.

Cholera het vinnig versprei in Zimbabwe vanweë die gesondheidstelsel wat in duie gestort het en die gebrek aan skoon drinkwater. Verlede week het Zimbabwe 'n gesondheidskrisis verklaar toe die land se gesondheidsorg heeltemal ingegee het.

Die jongste syfers van die WGO toon 'n styging van amper 200 sterftes van Dinsdag af, toe die VN gesê het dat 589 mense dood is uit 13 960 infeksies.

Zimbabwe se regering het gesê die siekte is onder beheer, maar hulpagentskappe het gewaarsku dat die komende reën die cholera verder kan versprei in 'n bevolking wat reeds deur siekte en honger verswak is.

Met honderde mense wat die land uit vlug om behandeling te soek, het cholera reeds versprei na Zimbabwe se buurlande toe. Nege sterftes is reeds Dinsdag in Suid-Afrika aangemeld.

 

принцип работы воздушногоДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae