Politici moet van tenders weggehou word

Politici sal binnekort verhoed word om deel te neem aan die verskaffing van dienste aan die regering, en om te voorkom dat hulle invloed kan uitoefen

Image

Jacob Zuma

in die toekenning van tenders, het die Witness Donderdag berig.

Die ANC-president Jacob Zuma het gesê dat die huidige stelsel tot gevolg het dat politici by korrupsie betrokke raak.

Hy het met joernaliste gepraat in Msinga in noordelike KwaZulu-Natal.

Zuma se woorde volg op Woensdag se arrestasie van die provinsie se LUR vir gesondheid, Neliswa Peggy Nkonyeni, vir korrupsie.

"Deel van die probleem is dat die mense aan wie toestemming verleen word om deel te neem aan die tenderproses ook soms groot probleme veroorsaak. Hoe hanteer mens dit? Dit is duidelik dat ons die politici en die tenders van mekaar moet skei., het hy gesê.

Hoewel besonderhede van die nuwe stelsel nie gefinaliseer is deur die ANC nie, het Zuma gesê dat hy tenderrade verkies en opgemerk dat hulle nie maklik deur politici beïnvloed kan word nie.

 

детский бисерФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae