Vandag, op 11 Desember, herdenk ons die Slag van Magersfontein tydens die Anglo-Boereoorlog. Tesame met die konflikte tussen Boer en Brit by Stormberg en Colenso, was hierdie een van die drie groot Britse terugslae tydens die sogenaamde “Swart Week” van die oorlog.
Enkele maande voor die oorlog uitgebreek het, het generaal Piet Joubert 30 000 Mausers en ’n aantal moderne veldkanonne en outomatiese wapens van Krupp en Creusot aangekoop. Die Boere was entoesiasties, en reg om die Britte te verdryf. “Vertrou in God en die Mauser!” het hulle slagspreuk geword. Die Britte weer was vol vertroue dat hulle die Boere gou sou oorwin. Hulle militêre taktiek was egter nie aangepas vir die situasie in Suid-Afrika nie, waar hulle uit loopgrawe met moderne wapens aangeval is. Die Boere was verder goeie ruiters, uiters beweeglik en het die terrein goed geken.

Die pas afgelope EU-Afrikaspitsberaad het Sondag in ʼn voorspelbare sirkus ontaard toe Robert Mugabe die spul ruggraatlose Europese leiers in hul peetjie gestuur het. Veral die Duitse kanselier, Angela Merkel, moes dit ontgeld toe die Zimbabwiese diktator dit onomwonde gestel het dat sy land “wat menseregte en goeie regering betref, sy eie beleid, uit eie vrye wil” bepaal.