Die leier van die Britse Arbeidersparty het daarop aangedring dat die party nie die publiek mislei oor immigrasie nie, maar toegegee dat partybeleid ‘n “uitwerking op mense regoor die land” het en dat nie genoeg gedoen is om die Britse werkers te beskerm nie. Mnr Miliband het die erkenning in ‘n onderhoud op die eerste
Swart skool wil wit word
72 leerlingen zullen na de renovatie van openbare basisschool De Zuidpoort in Ede niet terugkeren naar hun eigen gebouw. Dat kregen de ouders vorige week te horen tijdens een ouderavond. De leerlingen zullen worden ondergebracht in een ander schoolgebouw in de buurt waar ze hun school zullen afmaken. De reden voor dit besluit: ze zijn
Hereroskedels in Duitsland terug na Namibië
Duitsland se boetedoening aan die Jodedom kan die riglyn wees wanneer die Ovahererovolk met die Duitse regering oor reparasie aan die slagoffers van die 1904-volksmoord onderhandel. Hoeveel die Ovahererovolk as vergoeding gaan eis en wanneer die gesprek gaan begin, wou hoofman Kuaima Riruaku nie Vrydag op ‘n mediakonferensie in Katutura bekendmaak nie. Die opperhoof van
Twee wat liggaamsdele verkoop, vas
Twee mans is in Secunda in hegtenis geneem nadat hulle menslike liggaamsdele verkoop het, het die polisie in Mpumalanga Dinsdag gesê. Die polisie het ‘n wenk ontvang en hulle as kopers voorgedoen. Hulle het die twee mans Maandag omstreeks 17:00 op ‘n pad in Secunda ontmoet, het lt. kol. Leonard Hlathi gesê. Die mans het
VSA kritiseer Israel
Die Amerikaanse regering het Israel se besluit om meer as duisend huise op grond in die Wesoewer te bou, skerp gekritiseer en sê dit is teenproduktief vir hernieude vredesamesprekings met die Palestyne. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton, sê dit lyk of die besluit dit selfs nog meer onwaarskynlik maak dat die twee
De Doorns weer in opstand
Minstens sewe mense moet vandag in die hof verskyn, na ‘n gewelddadige betoging op die N-een snelweg naby De Doorns in die Boland. ‘n Groep betogers van die GG-informele nedersetting het motoriste met klippe bestook. Die snelweg was gister vir etlike ure gesluit. Inwoners eis elektrisiteit en huise. Die toestand is volgens berigte weer kalm
Wouter Basson weer voor
Ten spyte daarvan dat Wouter Basson nege jaar gelede in die Pretoriase hooggeregshof vrygespreek is, het die Gesondheidsberoeperaad weer in 2007 aanklagte van onetiese gedrag teen die hartspesialis wat die ou weermag se chemiese oorlogvoeringprogram – Project Coast – gelei het, gebring. Basson het in 2008, die Pretoriase hooggeregshof genader om die verhoor teen hom
Afriforum is ‘n ‘rassistiese lobbygroep’
Adriaan Basson, assistentredakteur van City Press, het ‘n aanval geloods op Afriforum omdat die organisasie volgens hom geld invorder deur ” slagofferskap” te veins. Hy stel vrae aan Kallie Kriel oor hoekom Afriforum Afrikaners “mislei” in ‘n ope brief aan Kriel. Citipress is deel van Media24. Basson meen Afrikaners se regte word nie bedreig nie.
Swarte maak kennis met Kiwi-rassisme
Vata Ngobeni, ‘n swart Suid-Afrikaanse rugby-joernalis, is in die vroeë oggendure aangehou nadat die polisie in Taupo, Nieu-Seeland, hom in ‘n kroeg aangekeer het. Die polisie het vermoed dat Ngobeni, ‘n werknemer by Pretoria News, ‘n dwelmhandelaar is. Hy is ook ‘n rugby-ontleder vir die SABC. Ngobeni is Maandagoggend na ‘n polisiestasie geneem en deursoek.
Motlanthe in Sjina
Adjunkpresident Kgalema Motlanthe kom Dinsdag in Sjina aan op ‘n besoek wat daarop gemik is om politieke en ekonomiese bande tussen die lande te versterk. Te midde van ‘n trae internasionale ekonomie wend talle moondhede hulle tot die wêreld se naasgrootste ekonomie vir beleggings en handelsgeleenthede. Suid-Afrika en Sjina het reeds sterk bilaterale betrekkinge sowel
