Die sterkte van ‘n ekonomie word bepaal deur die norm wat daarvoor aangewend word. Met die VSA en Sjina wat nou kop aan kop trek wat die grootste ekonomie ter wêreld betref, is daar steeds geen ooreenkoms in die gemiddelde per capita inkomste nie. Die gemiddelde Amerikaner kan ‘n taamlike gemaklike lewe bekostig. Dis net
Landdroshof in brand verwoes
Die dak van die ou Pretoriase landdroshof het inmekaargetuimel terwyl brandweerdienste Woensdag steeds onverpoos gewerk het om die vlamme te blus. Die gebou moes dadelik ontruim word. Volgens Johan Pieterse, woordvoerder vir die Pretoria-nooddienste, het die brand omstreeks 13:45 begin. Teen 17:00 was die boonste vloer van die gebou heeltemal verwoes. Rookwolke het oor die
Wit Zimboer geskiet
Een van die oorblywende wit boere in Zimbabwe, Kobus Joubert, is tydens ‘n rooftog op sy plaas wes van Harare doodgeskiet. Die 67-jarige Joubert was ‘n voormalige president van Zimbabwe se tabakvereniging. Die adjunkpresident van die kommersiële boere-unie – die CFU – Charles Taffs, sê die moord is ‘n aanduiding van die vyandige omgewing waarmee
Boer wreed vermoor, vrou oorleef
‘n Boer is Dinsdagaand vermoor in sy huis op sy plaas naby Warden. Christiaan van Wyngaard (43) van die plaas Goedehoop is na bewering herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp gesteek. Sy vrou Marie (55) het die voorval oorleef maar moes vir skok behandel word. Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die Valke, sê plaaswerkers het die
Vrae oor regering se nuwe ekonomiese plan bly
Die minister van Finansies, mnr. Pravin Gordhan, het tot ‘n groot mate daarin geslaag om ‘n balans te handhaaf tussen die finansiële beperkinge wat die resessie veroorsaak het en die eise wat aan staatsuitgawes gestel word. Die verwagtinge wat gewek is dat daar groter duidelikheid oor die regering se nuwe ekonomiese groeiplan gaan kom, is
Skokkende feite oor nuwe Wiskunde-kurrikulum
‘n Studie deur die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (Academy of Science of South Africa) het skokkende feite aangaande die nuwe kurrikulum vir Wiskunde asook die ander wetenskapvakke soos Skeinat bekend gemaak. Hierdie studie toon duidelik dat studente aan universiteite wat in 2008 gematrikuleer het, se prestasies baie swakker as die van hul voorgangers is.
Boodskap aan die president?
‘n Voormalige premier van Mpumalanga sal om verskeie redes onthou word, maar nie een positief nie. Hy het immers sy provinsie op so ‘n manier bestuur dat ‘n opposisieleier na sy provinsie as Mamparralanga verwys het. ‘n Voormalige adjunk-president tel self onder diegene wat ‘n gekoopte rybewys bekom het. Die sleureffek word steeds gevoel, soos
Solidariteit help swart kleuterskool in Diepsloot
Die vakbond Solidariteit het ‘n uitnodiging aan die media gerig om te kom kyk hoe sy werkneners, asook studente van die Sol-Tech-kollege ‘n kleuterskool in ‘n swart woonbuurt noord van Johannesburg, Diepsloot, kom verf. Die aksie het ‘n heftige debat op Solidariteit se webwerf ontketen waar vele bydraers voel dat die organisasie na blanke Afrikaners
Lees verder: Solidariteit help swart kleuterskool in Diepsloot
Skêraanvaller uit op borg
‘n Stafsersant in die weermag wat twee weke ‘n sersantmajoor met ‘n skêr gesteek het, is uiteindelik uit die weermag geskors, berig die Burger. Sy is na haar geslaagde borgaansoek vrygelaat, maar weer deur die militêre polisie in hegtenis geneem weens ‘n beweerde dreigement teen ‘n ooggetuie in die saak. Sy is egter nie in
Cope geblus?
“Die sowat 1,3 miljoen Suid-Afrikaners wat vir Cope gestem het, het hul stemme gemors.” Aan die woord is nie iemand uit regeringsgeledere nie, maar Cope se adjunk-president. Of moet ‘n mens sê, geskorste adjunk-president? Suid-Afrika se kiesstelsel maak dit moontlik dat selfs partye met bitter min steun verteenwoordiging in die parlement kan kry. Dieselfde geld
