Solidariteit help swart kleuterskool in Diepsloot

Die vakbond Solidariteit het ‘n uitnodiging aan die media gerig om te kom kyk hoe sy werkneners, asook studente van die Sol-Tech-kollege ‘n kleuterskool in ‘n swart woonbuurt noord van Johannesburg, Diepsloot, kom verf.

Die aksie het ‘n heftige debat op Solidariteit se webwerf ontketen waar vele bydraers voel dat die organisasie na blanke Afrikaners behoort om te sien omdat swart Suid-Afrikaners reeds genoeg voordeel uit die huidige stelsel trek. Hieronder volg Solidariteit se mediaverklaring, met daaronder van die kommentaar op die organisasie se webwerf.

Media-uitnodiging
Solidariteit
26 Oktober 2010

Diepsloot-kleuterskool kry nuwe baadjie
Solidariteit deel beste praktyke en modelle van wit-armoede-projekte

ʼn Kleuterskool in Diepsloot, Johannesburg, kry môre, danksy die Solidariteit Beweging (Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en die tegniese kollege, Sol-Tech) ʼn splinternuwe baadjie.

Studente van Solidariteit se tegniese kollege, Sol-Tech, en werknemers van die Solidariteit Beweging gaan die verantwoordelikheid neem om die Golden Seed Nursery School op te knap.

“Dit is tyd dat gemeenskappe begin om na mekaar uit te reik,” verduidelik Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. “Die Solidariteit Beweging het talle opheffingsprojekte, wat hoofsaaklik op arm wit en Afrikaanse gemeenskappe fokus, wat reeds vrugte afwerp. Deur ons beste praktyke en modelle met ander gemeenskappe te deel, kan ons Suid-Afrika se armoede- en misdaadprobleem daadwerklik begin aanpak en ʼn beter toekoms vir onsself verseker. Ons wil gemeenskappe aanmoedig om beste praktyke met mekaar te deel en om meer begrip vir mekaar se probleme te ontwikkel. Ons nooi gemeenskapsorganisasies in tradisioneel swart arm gemeenskappe uit om ook hulle beste praktyke met ons te kom deel,” voeg hy by.

Volgens Hermann is die hoofdoelwit van dié projek om die skoolgebou en -terrein te beveilig. “Benewens die ligte wat kort-kort blaas as gevolg van die hitte en probleme met die bedrading, steek elektriese drade plek-plek by die mure uit, wat ʼn groot gevaar vir die kleuters se veiligheid inhou. Daar is ook ʼn mangat wat stukkend gery is, waaruit rou riool nou stroom. Daarbenewens is die badkamers ook in ʼn slegte toestand en dit hou natuurlik gesondheidsgevare vir die kinders in,” verduidelik Hermann.

Benewens ʼn vars laag verf en nuwe elektriese bedrading gaan die kleuterskool ná die opknappingswerk ook met ʼn afdak en ʼn nuwe plafon spog. Die studente beplan ook om die nodige loodgieterwerk te verrig.

Talle borge het intussen ook by die projek betrokke geraak. “Terwyl die studente en vrywilligers opknappingswerk verrig, gaan Solidariteit Helpende Hand ʼn partytjie vir die kleuters hou. Opvoedkundige speelgoed, kryte en inkleurboeke gaan ook ʼn nuwe tuiste by die kleuterskool kry,” verduidelik Hermann.

Dit is vir die Beweging belangrik dat die projek ʼn volhoubare verskil in die gemeenskap moet maak. Daarom beplan die Beweging ʼn opvolgaksie vir volgende week waartydens die onderwysers van die skool opleiding gaan ontvang.

Kommentaar vanaf Solidariteit se webwerf:

# Estelle Kleinhans
25 Oktober 2010 om 16:19

Ek het nog nooit gehoor dat cosatu n blanke speelskool gaan verf en vir hulle n partytjie gee nie!
# 2 Thys Louwrens
25 Oktober 2010 om 16:23

n Baie goeie gebaar, kom ons hoop en vertrou dat dit deur hierdie spesifieke gemeenskap wardeer sal word, en dat ons nie in die toekoms sal sien hoe dit weer verniel, gebreek en verwaarloos word nie.
# 3 Riaan Vorster
25 Oktober 2010 om 16:42

Die skoolgebou, die kinders en die netjiese boeksakkies lyk vir my nie te sleg nie, is daar nie dalk meer behoeftige skole/sentrums nie?
# 4 Yvonne
25 Oktober 2010 om 17:16

Swartmense kan by die ANC by Blade Nzimande by ANCYL en Malema en sy groot bek gaan geld kry By die Grants, by Behuisingstaan hulle voor in die ry – Hulle kry kleintjies by dosyne en dan nog grants. – dit is vir ons om as lede aan te sluit moeilike besluit want ons SUBSIDEER al klaar hulle krag, huise,water HULLE ANC REGERING se Soustrein ens. nou MOET SOLIDARITEIT
voel hulle moet SWARTSKOLE gaan verf ens. Waarvoor! Hulle het nie werk nie – hulle kan mos self verf en die verf ens kry by die ANC want hulle STEM ANC. Kyk bietjie of ons arm BLANKES erens kom met die ANC!! Kry hulle hophuise, grants, elekstrisiteit, water ens. NEE!! Ek gaan nie n sent verder gee wat op Swartmense uitgegee word nie! Glad nie!Dit is nie Nasiebou nie! Hulle kry nou net meer en dit nogal van julle lede!Wie en vir WIE staan julle dan nou eientlik. die arme Kleurling gemeenskap word net so gedwarsboom- vir hulle sal ek gee! – maar NIE vir XHosa/ Zulu of enigeiemand wat swart is en dan hier in die Kaap net kom PLAK en demand nie! Die kleurling mense moet voorreg kry- geboortereg!!! voor die klomp wat hier aankom en dan praat ons nie eeers van die Onwettiges nie. Ek wil weet en honderde ander wat wil aansluit sodat julle so sterk kan word soos Cosatu- vir WIE en WAT gaan julle Ledegeld gebruik! as dit vir Swartmense is Jammer ! Ons betaal alreeds belasting en meer as genoeg en daar is te min wat vir die Blankes en Kleurling mense opstaan en vir die Indiers ens. Het julle al ooit n sjinees gesien in hierdie land wat geld vra? NEE
want hulle werk – Lyk my die Personeel wat hierdie wil gaan doen het nie genoeg werk onder die werklike VERDRUKTES NIE! mISKIEN MOET HULLE HULLE PRIORITEITE REG KRY AS JULLE WIL GROEI EN LEDEGELD DAARVOOR GEBRUIK. aS HULLE NIE WEET WAAR DAAR GROTER nodd IS OM HULLE JOBS TE DOEN NIE – KONTAK ONS ! dAAR IS
HONDERDE_ OF WIL HULLE NOU OOK lIMELIGHT KRY BY DIE anc.!eK IS NIE N rASSIS NIE, IN TEEN DEEL EK PRAAT 3 aFRIKA TALE VLOT EN LEES EN SKRYf EN HET MATRIEK ZULU GESLAAG AL IN 1963 VOORDAT
EK NOGkollege toe is en oorsee. Terloops KWA SISA BANTU Sending Stasie in Kwa Zulu was soos ons tweede huis want my Ma was n Sendeling – Julle kan ons NIKS vertel van Stamme in Suid Afrika nie- as ek moet kies, kies ek die Christen Zulu saam met Buthelezi en die Swazis – maar selfs Buthelezi word ondermyn. Daar is alreeds n komplot teen hom VOORDAT die ANC
in bevinding gekom het toe die eerste mense met die @necklaces verbrand is: Weet nie of u PERSONEEL hom persoonlik ken wat nou die skool wil gaan verf nie- of hulle Suid Afrika Swart tale kan praat en werklik die mense se tradisie en kultuur verstaan nie en of hulle OOIT weet hoe bekommerd swart ouers is oor die Invloed van Malema ens en die Blink Karre en Kill the Boer liedjies ens. nie. – Wie neem hierdie besluite om geld te vat en wat is hulle agtergrond en redes? Dan kan ek vir julle
lag lag ( ek vergroot nie per e pos n paar honderd lede in n week werf en met motiveering miskien n paar duisend) _ MAAR WAAR EN WIE GAAN BAAT !? Ons ver wag n antwoord op hierdie lang relaas, baie wat wil aansluit gaan kyk daarvoor. Groete van een van die onderdrukstes wat se kinders daaronder lei.
# 5 Reint Dykema
25 Oktober 2010 om 17:31

Die hele dryfveer agter die projek is om na ander gemeenskappe uit te reik. Solidariteit is nie ‘n eiland in Suid-Afrika nie.

Kyk gerus op die skakel toe Solidariteit in 2005 vir die Stilfonteinmyners gesorg het: http://www.solidariteit-blog.co.za/simmers-moet-sy-wortels-herontdek/
# 6 David
25 Oktober 2010 om 17:32

Baie dankie Yvonne,ek stem 100% met jou saam.Ek is seker daar is baie arm blankes wat graag n nice kleuterskool sal waardeur vir hulle kinders sodat hulle ook ordentlike opvoeding kan kry.Ek is seker daar is genoeg van hulle eie mense om vir hulle self te sorg.Jammer maar ek voel as n blanke suid afrikaner dat ons eerste na ons eie mense moet kyk en dan kan ons met graagte uithelp.
# 7 Riaan Vorster
25 Oktober 2010 om 18:35

@Reint. Ek misgun niemand niks, jy kan kyk na my vorige kommentaar op hierdie blog. Maar waaragtig jou antwoord op Yvonne se geldige kommentaar is ondeurdag ek dink dit verdien meer as ‘n kortaf ” Solidariteit is nie ‘n eiland nie”. Stilfontein 2005 is baie lank terug, is dit die beste wat jy kan bied???
# 8 Reint Dykema
25 Oktober 2010 om 19:42

In Stilfontein het die vakbond vir 6 maande vir meer as 3000 gesinne gesorg. Woensdag gaan verf ons net ‘n kleuterskool.
Daar word uitgereik na ander gemeenskappe. Tik Helpende Hand in die blog se soekfunksie en kyk wat het Solidariteit vir arm-witmense gedoen en nog in die toekoms gaan doen.
As Yvonne die Beweging wil dreig om nie ‘n lid te word nie is dit haar volste reg. Wie dink jy het in 2005 vir die Stilfonteinmyners gesorg? Solidariteit, sy lede en die publiek.
# 9 Riaan Vorster
25 Oktober 2010 om 20:08

@Reint, reg so, maar wie is die publiek? Dis dieselfde mense wat Soli/AFRI ondersteun, wie se geld deur die organisasie aangewend word, wat die amptenare se salarisse betaal. As ‘n lid vd publiek m.i. geldige kommentaar lewer verdien hy/sy meer as ‘n kortaf sarkastiese antwoord. ‘n Mens hoef nie ‘n sielkundige/kommunikasiekundige(ek is nie een vd 2 nie) te wees om te sien dat sy uiters ontsteld was toe sy haar kommentaar gelewer het nie , sou sy dit NOU doen sal haar artikulasie beslis beter wees, maar die hele agtergrond wat sy geskets het getuig v iemand wat:

(1)Nie ‘n rassis is nie, (2)die swart kultuur veel beter verstaan as ek en waarskynlik ook jy, (3) moeg is vir die feit dat die wittes altyd moet gee en gee maar nie mag vra nie.

“The Customer/potential custumer is not ALWAYS right and sometimes deserves a sharp response answer” maar ek dink werklik Yvonne het beter verdien,”you catch more flies… ”

En indien jy dalk wonder, ek het GEEN idee wie Yvonne is nie, ek skerm dus nie vir ‘n maatjie nie.
# 10 Reint Dykema
25 Oktober 2010 om 20:20

Net soos wat Yvonne onsteld is, is daar ander persone wat die verf skenk. Kom ons kyk Woensdag hoe lyk die kleuterskool as hy klaar is.
# 11 Riaan Vorster
25 Oktober 2010 om 20:38

Sal seker pragtig wees. Vir hoe lank weet ek nie. My persoonlike ondervinding is dat mense(van alle kleure/rasse) nie waarde heg aan dit wat hulle verniet kry nie. Vergelyk gerus die toestand van “ou” Model C skole waar ouers duur skoolfonds betaal, met nuwer skole waar ouers nie skoolfonds betaal nie. Mbt tot skenkings gee my besigheid gereeld donasies vir swart en wit skole, kerke, ens want die ouers/gemeentelede van beide rasse is ook my kliente. Gee egter ook vir die SAPD vir die se partytjies, sportdae, ens. dit is egter ‘n vorm v afpersing.
# 12 Dalene
25 Oktober 2010 om 23:03

Ek voel ek moet my stuiwer in die arm beurs gooi. Afrikaners het te veel met die bybel onder die arm rond gespring en liefdadigheids werk gedoen. Glo my ek was self een van hulle wat skole gebou het en ens. Tog is daar nie gevra of ek n goeie mens is voordat wandade teen my gepleeg is nie. Die haat van die swart mense deur die wereld en die gevoel dat elke Europeer hulle n bestaan skuld is n bose sirkel wat gebreek moet word. Charity begings at home, Solidariteit julle moet maar self besluit of julle , julle eie beeld en ” Brand” in die media wil skaad. Ek maak donasies aan julle organisasie vir n spesifieke bevolkings groep.Die besluit is julle sin en die storie gaan julle beslis nie n guns doen nie en om harde kwas te wees daar ook nie werk nie. Dink mooi vir wat julle beinvloed julle eie geld stroom ne!
# 13 Louiza
26 Oktober 2010 om 05:25

Ek stem defenitief saam met Dalene! ‘n Mens kan net wonder, het Volkskas bank nie ook met blanke Afrikaner geld en ondersteuning ontstaan nie? ‘n Bank vir die Afrikaner volk? Sal Solidariteit maar nie ten einde laaste dieselfde paadtjie begin volg nie? Alhoewel die organisasie nie ‘n bank is nie, en ‘n mens dit sekerlik nie kan vergelyk nie het ek gedink dit tog die een organisasie wat veronderstel is om die spreekbuis vir die verdrukte Afrikaner se regte te wees. Solidariteit mag miskien nie ‘n eiland wees nie, maar ek dink baie van die mense wat plaasaanvalle belewe het dink meer en meer dat die blanke Afrikaners op ‘n eiland lewe. Blanke Afrikaners word vermoor, verkrag en beroof en as ons geld skenk aan ‘n organisasie wat veronderstel is om iets positiefs te doen vir die blankes sal ons bly wees as julle die geld daarvoor kan aanwend.
# 14 Riaan Vorster
26 Oktober 2010 om 07:55

@Dalene en Louiza. Dankie vir julle stuiwers ek het al gedink ek en Yvonne is in die minderheid. Soos vroeer gese is ek nie teen ALLE hulp nie, die spesifieke skool lyk egter nie vir my te sleg nie, kinders in die creche impliseer ma en pa werk, kan hulle nie soos ek en ander wit ouers skoolfooie betaal nie? Wat vd “uitgebreide” familie , kan hulle nie na die kinders kyk nie? Mense (van alle rasse) moet maar leer ‘n ouerpaar met dieselfde inkomste as ‘n ander, maar een het 8 kinders en die ander 2, sal noodwendig die gevolg he dat die lg gesin ‘n beter lewenstandaard kan handhaaf as die eg. Dis nie ander se plig om die konyntelers te subsidieer nie. Ongelukkig is dit nie die boodskap wat die regering oordra nie. Gee hulle verf ens en laat die gemeenskap self die werk doen, help mense om hulself te help.

 

play casino slotsФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae