praag.co.za

Skêraanvaller uit op borg

Written by

in

‘n Stafsersant in die weermag wat twee weke ‘n sersantmajoor met ‘n skêr gesteek het, is uiteindelik uit die weermag geskors, berig die Burger.

Sy is na haar geslaagde borgaansoek vrygelaat, maar weer deur die militêre polisie in hegtenis geneem weens ‘n beweerde dreigement teen ‘n ooggetuie in die saak. Sy is egter nie in aanhouding nie.

Stafsers. Kholiswa Mashalaba van die Algemene Steunbasis Wes-Kaap by Youngsfield in Kaapstad staan tereg op ‘n aanklag van poging tot moord nadat sy Ao1. Moos Baartman in die voorkop, agterkop, nek en rug gesteek het.

Sy het na bewering ‘n skêr tussen haar borste onder haar klere te voorskyn gebring toe Baartman haar gekonfronteer het omdat sy glo dikwels Maandae nie vir werk opdaag nie.

Baartman het ‘n onberispelike rekord van meer as 30 jaar diens in die weermag. Hy is tans met siekverlof tuis waar hy aansterk.

Mashalaba verskyn in November weer in die landdroshof.

game of life online free playтопкарго отзыв

Comments

Leave a Reply