Skokkende feite oor nuwe Wiskunde-kurrikulum

‘n Studie deur die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (Academy of Science of South Africa) het skokkende feite aangaande die nuwe kurrikulum vir Wiskunde asook die ander wetenskapvakke soos Skeinat bekend gemaak. Hierdie studie toon duidelik dat studente aan universiteite wat in 2008 gematrikuleer het, se prestasies baie swakker as die van hul voorgangers is. Dit volg op die afskaffing van hoër- en standaardgraadvraestelle en die instelling van wiskundige geletterdheid.

Bykomend hiertoe het die Nasionale Adviesraad (National Advisory Council on Innovation) verklaar dat die nuwe nasionale sertifikaat die standaard van wiskunde verlaag het en dat ‘n slaagsyfer van 60% en 70% in die nuwe kurrikulum in 2009 gelykstaande is aan ‘n 50% slaagsyfer in 2008 op hoërgraad.

“Die verlaging in standaarde, veral Wiskunde, kan die land duur te staan kom en skep dit veral probleme in beroepe waar daar reeds ‘n tekort aan opgeleide persone oor ‘n breë spektrum in Suid-Afrika bestaan soos aptekers, dokters, geoktrooieerde rekenmeesters, ingenieurs en ander wetenskaplikes”, het dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-woordvoerder oor Onderwys, gesê.

Die Vryheidsfront Plus versoek die minister van Basiese Onderwys om hierdie aangeleentheid met erns te ondersoek en om die nodige stappe te neem om te verseker dat die verbetering van die standaard van onderrig en die eksaminering van Wiskunde in die kurrikulum die nodige aandag sal geniet.

Die Vryheidsfront Plus doen voorts ‘n beroep op die minister van Hoër Onderwys, dr. Blade Nzimande, om die goeie bestuur van sy departement te verseker en om die nodige stappe te neem om te voorkom dat nog meer senior personeel die departement verlaat.

Ondervinding en vaardigheid is nie maklik om te vervang nie en daar behoort eerder gepoog te word om senior personeel te behou. Dit is egter kommerwekkend dat die persepsie bestaan dat die minister self verantwoordelik is vir ‘n heksejag in sy departement en dat enige kritiek as teenstand teen hom beskou word.

“Mediaberigte die afgelope week skets ‘n somber prentjie van die gebeure in die departement. Suid-Afrika kan nie die agteruitgang van hoëronderwys bekostig nie en tans blyk dit dat die akademiese onafhanklikheid van universiteite die enigste wyse is waarop gehalte hoëronderwys wat steeds internasionaal mededingend is, verseker kan word,” het dr. Elizabeth Snyman-Van Deventer, VF Plus-woordvoerder oor Onderwys, gesê.

портал для камина из гипсокартона фотоФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae