Wit Zimboer geskiet

Een van die oorblywende wit boere in Zimbabwe, Kobus Joubert, is tydens ‘n rooftog op sy plaas wes van Harare doodgeskiet.
Die 67-jarige Joubert was ‘n voormalige president van Zimbabwe se tabakvereniging.

Die adjunkpresident van die kommersiële boere-unie – die CFU – Charles Taffs, sê die moord is ‘n aanduiding van die vyandige omgewing waarmee boere in die land te kampe het.

Taffs sê rowers het Joubert Maandagnag doodgeskiet en met $10 000, twee pistole en ander waardevolle artikels gevlug.

Die polisie het die voorval bevestig en sê ‘n soektog na die verdagtes is gelas.

Joubert is een van sowat 400 wit boere wat nog in Zimbabwe woon, tien jaar nadat president Robert Mugabe ‘n gewelddadige grondhervormingsplan geloods het.

100 лОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae